Suzaan Heyns: Suid-Afrikaanse modeontwerper

Suzaan Heyns (* 7 Julie 1981 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse modeontwerper wat in 2008 die gelyknamige luukse mode-etiket in Johannesburg gevestig het.

Haar ontwerpe is sedertdien met 'n verskeidenheid pryse bekroon, waaronder die Anglo Gold-prys vir die "mees kreatiewe reeks" ter geleentheid van die Africa Fashion Week. Sy is deur Glamour in 2011 aangewys as Style Star vir dié tydskrif se Woman of the Year.

Suzaan Heyns: Suid-Afrikaanse modeontwerper
Suzaan Heyns in 2012 in haar Johannesburgse ateljee, met ontwerpe vir haar PPC-sementmodereeks
Suzaan Heyns: Suid-Afrikaanse modeontwerper
Suzaan Heyns se modewinkel in die Johannesburgse winkelsentrum Melrose Arch het sy deure in Augustus 2012 geopen

Suzaan Heyns het haar tersiêre opleiding tussen 2001 en 2003 by die London International School of Fashion in Johannesburg ontvang waar sy 'n diploma in modeontwerp behaal het. Op 28 November 2015 het Suzaan Heyns, wat ook met haar trourok-ontwerpe sukses behaal, self een gedra en getrou met Willem Kitshoff, 'n grafiese ontwerper van Johannesburg en uitvoerende kreatiewe direkteur by 'n advertensieagentskap.

Verwysings

Eksterne skakels

    Amptelike webtuiste
    Beton- en sementmode
    Onderhoude

Tags:

19817 JulieJohannesburgModeSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Eier (biologie)Seksuele penetrasieNaeltjiesRugbywêreldbeker 2023AardverwarmingFacebookNoord-AmerikaStuitjieMenslike seksuele gedragLys van Afrikaanse rolprenteMarsLys van Suider-Afrikaanse soogdiereNelson MandelaArmand AucampDrie SusterskerkeMosambiekAppel (sanger)DroomVleesbaaiTierboskatRina HugoWayde van NiekerkEjakulasiePersoonlikheidAfrikaanse naguilVoornaamwoordNatuurlike satelliete van kleinplaneteNarsismeKopieregAppendiksOoiJo BlackJagluiperdAfrikaanse Hoër SeunskoolBoomSesnasies-toernooiCarles PuigdemontKolitisAkkedisMakazole MapimpiErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2Lys van chemiese elemente volgens atoomgetalOssewaNamakwalandTweede VryheidsoorlogTropiese sikloonJesus van NasaretMarie PentzKlein vyf diereVerenigde KoninkrykNazi-saluutPornografieMasturbasieHondeklipbaaiMondSuid-KoreaPersentasieSuid-Afrikaanse WeermagDermpoliepE-regeringWiskundige terminologieBloedsomloopstelselSuid-AfrikaMeksikoNarsistiese persoonlikheidsteuringPersRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Maroela MediaOpgestopte speelgoedKriekSteenkoolOlimpiese godeGenesis🡆 More