Suvarnabhumi Internasionale Lughawe

Suvarnabhumi Internasionale Lughawe (Thai: ท่าอากาศยาน สุวรรณภูมิ; RTGS: Suwannaphum; uit Sanskrit, सुवर्णभूमि, Golden Land), (IATA-kode: BKK, ICAO: VTBS), ook bekend as die Nuwe Bangkok Internasionale Lughawe, is een van twee internasionale lughawens wat Bangkok, Thailand bedien.

Die ander een is Don Mueang Internasionale Lughawe.

Suvarnabhumi Lughawe
ท่าอากาศยานสุวรรณภูมิ
Suvarnabhumi Internasionale Lughawe
IATA: BKKICAO: VTBS
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Operateur Airports of Thailand
Bedien Bangkok
Ligging 999 moo 1 Tambon Racha Thewa, Amphoe Bang Phli, Samut Prakan, Thailand
Spil vir Asia Atlantic Airlines
Bangkok Airways
Business Air
Jet Asia Airways
Orient Thai Airlines
Thai Airways International
Thai Smile
Fokuspunt vir Cathay Pacific
China Airlines
Emirates Airline
Hoogte bo seevlak 5 vt / 1.67 m
Webtuiste SuvarnabhumiAirport.com
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
01R/19L 4 000 13 123 Teer
01L/19R 3 700 12 139 Teer
Statistieke (2019)
Internasionale passasiers Suvarnabhumi Internasionale Lughawe 53 458 385
Binnelandse passasiers Suvarnabhumi Internasionale Lughawe 11 966 179
Totale passasiers Suvarnabhumi Internasionale Lughawe 65 424 564
Lugbewegings Suvarnabhumi Internasionale Lughawe 380 052
Vrag (ton) Suvarnabhumi Internasionale Lughawe 1 324 272
Bron: Airports of Thailand

Die lughawe het die lughawekode BKK by Don Mueang geërf na die ouer lughawe die hantering van internasionale vlugte gestaak het. 'n Moderne snelweg No.7 verbind die lughawe, Bangkok, en die swaarnywerhede op die Ooskus van Thailand, waar die meeste vervaardiging vir uitvoer plaasvind.

Opening

Suvarnabhumi is op 15 September 2006 amptelik geopen vir beperkte binnelandse dienste; en vir die meerderheid plaaslike en alle internasionale kommersiële vlugte op 28 September 2006.

Die lughawe is tans die belangrikste sentrum vir Thai Airways International, Bangkok Airways en Orient Thai Airlines. Dit dien ook as plaaslike poort en aansluitingspunt vir verskeie buitelandse rederye.

Ligging

Die lughawe is geleë in Racha Thewa in Bang Phli, Samut Prakan, sowat 25 kilometer (16 myl) oos van die middestad van Bangkok. Die naam Suvarnabhumi is deur Koning Bhumibol Adulyadej gekies en verwys na die hipotetiese goue koninkryk wat iewers in Suidoos-Asië geleë sou wees.

Die gebou is ontwerp deur Helmut Jahn van Murphy/Jahn Argitekte. Dit is hoofsaaklik gebou deur ITO JV. Die lughawe het die wêreld se hoogste vrystaande beheertoring (132 meter of 434 voet), en is die wêreld se vierde grootste enkelgeboulughawe (563 000 vierkante meter of 6 060 000 vierkante voet).

Suvarnabhumi is die sestiende besigste lughawe in die wêreld, die sesde besigste lughawe in Asië, en die besigste in die land, toe 53 miljoen passasiers in 2012 hanteer is. Dit is ook 'n groot lugvragsentrum, met 'n totaal van 96 rederye bedrywig.

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

BangkokDon Mueang Internasionale LughaweIATA-kodeICAOLughaweSanskritThaiThailand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrthopteraAborsie in Suid-AfrikaMolekuulValentynsdagAlice MunroLettergreepErfenisdag (Suid-Afrika)IronieLys van Afrikaanse rolprentePlantAfrikaansKletsrymPoësieStres in hoërskool7de LaanPlastiekInstagramKaliumLourensrivierGeografie van Suid-AfrikaHernubare energieGasWet op Bantoe-onderwysJan de WetWindkragPastoorNuwe TestamentKoolhidraatEl (lengtemaat)VratGqeberhaGemeenskapsorganisasieFilosofieSuid-Afrikaanse randTobie CronjéNatuurlike hulpbronMoedersdagHorlosieZack du PlessisMiskruierGeelsugBosluisbytkoorsGawes van die Heilige GeesCorioliskragBesoedelingPolisieVerkleurmannetjieBiodiversiteitGianna MichaelsBysteekArmoedeDawidVlag van Suid-AfrikaWayback MachineRudi ClaaseEmfiseemTrevor NasserNeologismeHoërskool OuteniquaGeestesgesondheidRobert SobukweSteenkoolPeach van PletzenMieliestronkInligtingstegnologieWikipediaLyfstraf in skoleHeelgetalJeugdagLionel MessiSamestellingLys van oseane, seë en mereWaterbesparing in Suid-AfrikaByvoeglike naamwoordSpelerposisies in rugby🡆 More