Suurbergbroodboom: Plantspesie

Die Suurbergbroodboom (Encephalartos longifolius) is 'n spesie van die genus Encephalartos.

Suurbergbroodboom
Suurbergbroodboom: Verspreidingsgebied, Identifikasie, Sien ook
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Divisie: Cycadophyta
Klas: Cycadopsida
Orde: Cycadales
Familie: Zamiaceae
Genus: Encephalartos
Spesie:
E. longifolius
Binomiale naam
Encephalartos longifolius
(Jacq.) Lehm., (1834)
Suurbergbroodboom: Verspreidingsgebied, Identifikasie, Sien ook
     natuurlike verspreiding
Sinonieme
  • Encephalartos lanuginosus (Jacq.) Lehm.
  • Encephalartos longifolius var. angustifolius Miq.
  • Encephalartos longifolius var. latifolius Regel
  • Encephalartos longifolius var. revolutus Regel
  • Zamia lanuginosa Jacq.
  • Zamia longifolia Jacq.

Verspreidingsgebied

Die spesie is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom oor 'n wye gebied voor, dit begin wes van Joubertina in die Kougaberge tot by die Suuranysberge. Dit kom ook in die oostelike deel van die Baviaanskloofberge, die Elandsberg asook gedeeltes van die Groot-Winterhoekberge voor. Daar is ook populasies in die Klein-Winterhoekberge, die Suurberge en verder oos tot in die Grahamstad-distrik.

Die boom word vanaf 200 tot 1 500 m bo seevlak aangetref. Die jaarlikse reënval in die gebied waar dit voorkom wissel van 300 tot 1 250 mm.

Identifikasie

Suurbergbroodboom: Verspreidingsgebied, Identifikasie, Sien ook 
Vroulike eksemplaar in die Suurberge

Hierdie boom en Encephalartos caffer is reeds in 1772 geïdentifiseer deur Carl Peter Thunberg.

Die plant word tot 4,5 m hoog. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. Die plant is gewild onder tuiniers en word bedreig deur onwettige verwydering (diefstal) uit hulle natuurlike omgewing.

Die boom se FSA-nommer is 9. In Engels staan die broodboom as die Suurberg cycad bekend.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Tags:

Suurbergbroodboom VerspreidingsgebiedSuurbergbroodboom IdentifikasieSuurbergbroodboom Sien ookSuurbergbroodboom VerwysingsSuurbergbroodboom BronneSuurbergbroodboom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuisvoëlSuid-Afrikaanse PolisiediensGalileo GalileiVerbruikerMaterieAardbewingDistrik SesArendWayde van NiekerkSokkerPad na jou hartMIVKoppeltekenHipotesePretoriaOnderhandelinge om apartheid te beëindigRassismeSeksuele stimulasieNamibiëLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Trappe van vergelykingSekelvin-ghieliemientjieDooie SeeDinteranthusBeurtkragJohannes KerkorrelKindermishandelingBiodiversiteitMaselsKolitisLionel MessiGriepVerassingHentaiVideoKunsmatige algemene intelligensieSelfstandige naamwoordKarooWortelWolfVolstruisDeelwoordGeskiedenis van erotiese afbeeldingsLys van kleureWewervoëlsMatriek in Suid-AfrikaNelson MandelaSteenkool in Suid-AfrikaMad BuddiesGrondwet van Suid-AfrikaAkademiaEnkelvoudige sinLuiperdVulkaanSoweto-opstandMantisEreksieCarles PuigdemontBaälSpelerposisies in rugbyWaarheid-en-versoeningskommissieVraag en aanbodOntwerpMahatma GandhiUnie van Suid-AfrikaKonjunktivitisPrimêre sektor van die ekonomieAbstraksie (rekenaarwetenskap)Orale seksBesoedelingAfvalbestuurTrekarbeid🡆 More