Surveyor 3

Surveyor 3 was die derde ruimtetuig van die Amerikaanse onbemande Surveyor-program wat in 1967 gestuur is om die oppervlak van die maan te verken.

Dit was die eerste sending om 'n oppervlak-grondmonsterskoppie te dra.

Surveyor 3
Surveyor 3 op die maan, soos afgeneem deur Apollo 12 se Alan Bean, twee jaar nadat dit geland het.

Surveyor 3 is in November 1969 deur Apollo 12-ruimtevaarders Pete Conrad en Alan Bean besoek, en bly die enigste ruimtetuig wat deur mense op 'n ander wêreld besoek is. Die Apollo 12-ruimtevaarders het verskeie komponente van Surveyor 3, insluitend die televisiekamera, verwyder en na die aarde teruggebring vir 'n ondersoek.

Surveyor 3, wat op 17 April 1967 gelanseer is, het op 20 April 1967 by die Mare Cognitum- gedeelte van die Oceanus Procellarum (S3° 01' 41.43" W 23° 27' 29.55") geland in 'n klein krater wat daarna Surveyor genoem is. Dit het 6 315 TV-beelde na die Aarde gestuur, die eerstes vanaf die Maan se oppervlak.

Terwyl Surveyor 3 besig was om in die krater te land het hoogsreflektiewe rotse die ruimtetuig se maanlandingsradar verwar. Die enjins kon nie op 4,27 meter in hoogte afgeskakel word soos vereis in die sendingplanne nie en hierdie vertraging het veroorsaak dat die ruimtetuig twee keer op die maanoppervlak bons. Sy eerste bons het die hoogte van ongeveer 10,6 meter bereik. Die tweede bons het 'n hoogte van ongeveer 3,4 m bereik. By die derde impak met die oppervlak - vanaf die aanvanklike hoogte van 3 meter, en snelheid van nul, wat onder die beplande hoogte van 4,27 meter was, en 'n baie stadige daling - het Surveyor 3 gaan sit na 'n sagte landing soos beplan.

Verwysings

Tags:

MaanSurveyor-programVerenigde State van Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ImmunologieSeevlakstygingGordelroosMeningsverskil oor aardverwarmingSuid-Afrikaanse randGlobaliseringAnilingusPampoentjies7de LaanStokely CarmichaelDokterMona LisaBloeddrukPresident van Suid-AfrikaStadDemi Lee MooreRenteBek-en-klouseerEreksieNeerslagSkrywerHartseerDubbelpuntNiersteenKlimaatsverandering in AfrikaGeweldRasionale getalVaginaKrygkorHokkieKorrupsieAarde se atmosfeerJudaïsmeEskomLys van nedersettings in Suid-AfrikaAgtervoegselMuishondKlankTeologiese Kweekskool (Stellenbosch)BoontjieGriepMiljardHortologieWaterbesparing in Suid-AfrikaWet op NaturellengrondBeeldspraakLetterlike en figuurlike taalgebruikWoordeboekDiepaartromboseNetbalPriemgetalSimboolKolitisSeekatSlag van BloedrivierNamakwalandWoordeskatMiltWet op BevolkingsregistrasieJak de PriesterPlastiekSonSwartToekoms van die AardeBateNasionale VrouedagNapoleon BonapartePornografieEkotoerismeVaste stofSelfoonGedigBestuiwingJo BlackDansArmoede🡆 More