Wiki Afrikaans 2022: Carles Puigdemont
AFVietnameseEnglish

Surveyor-program

Surveyor-program: NASA robotiese ruimteprogram

Die Surveyor program was 'n NASA program wat vanaf Junie 1966 tot Januarie 1968 gestrek het. Daar is sewe onbemande, robot tipe ruimtetuie na die maan gestuur. Die primêre doelwit was om te bewys dat sagte landings op die maan moontlik was. Die Surveyor-ruimtetuie is die eerste Amerikaanse ruimtetuie wat 'n sagte landing (teenoor impak landings) op 'n ander hemelliggaam suksesvol gedoen het. Die sendings het behels dat die ruimtetuie direk na die maan vlieg op 'n impak baan. Die tog het ongeveer 63 tot 65 ure geduur en het geëindig met 'n negatiewe versnelling vir die tuie sodat hulle 'n sagte landing op die maan kon maak.[1]

Die program is geïmplementeer deur NASA se Jet Propulsion Laboratory en het as voorbereiding gedien vir die Apollo-program. Die program het in 1960 begin. JPL het Hughes Aircraft in 1961 aangestel om die ontwikkeling van die ruimtetuig te doen.[1] Die totale koste van die Surveyor-program was amptelik $469 miljoen.

Vyf van die Surveyor ruimtetuie het suksesvol 'n sagte landing op die maan uitgevoer, insluitend die eerste een. Twee sendings was mislukkings: Surveyor 2 het met 'n hoë snelheid teen die maan gebots na 'n middebaan korreksie misluk het en daar is kontak met Surveyor 4 verloor 2.5 minute voordat dit moes land.

Al sewe ruimtetuie is nog steeds op die maan, nie een van die sendings het 'n terugkeer na die aarde vereis nie. Sekere gedeeltes van Surveyor 3 is teruggebring na die Aarde deur die bemanning van Apollo 12, wat naby dit geland het in 1969. Die kamera van Surveyor 3 word vertoon by die National Air and Space Museum in Washington, D.C.[2]

Doelwitte

 
Ruimteman Pete Conrad naby Surveyor 3 tydens die Apollo 12 maanlanding, 1969 met die maanmodule in die agtergrond.

Die program het ook verskeie ander dienste, behalwe die primêre doel van sagte landings, getoets. Die vermoë van die ruimtetuie om middebaan veranderinge te maak was getoets en gedemonstreer. Die ruimtetuie het ook instrumente gedra om die geskiktheid van die landingsplekke vir bemande Apollo landings te evalueer. Verskeie van die Surveyor ruimtetuie het ook meganiese grawe aanboord gehad om die maan se grond te evalueer. Voor die Sowjetunie se Loena 9 sending (wat vier maande voor Surveyor 1 geland het) en die Surveyor-program, het niemand geweet hoe diep die stof op die maan was nie. As dit te diep was kon die ruimtetuig nie land nie. Die Surveyor-program het bewys dat landings moontlik was. Sommige van die Surveyor ruimtetuie het Rutherford verstrooiing instrumente en magnete aan boord gehad wat gehelp het om die chemiese samestelling van die grond te toets.

Die eenvoudige en betroubare sending argitektuur was 'n pragmatiese benadering om die mees kritieke ruimte-ingenieursuitdagings van die tyd op te los naamlik geslote lus terminale daal leiding en beheer stelsel, veranderbare snelheid enjins en 'n radarstelsels benodig om die landingvoertuig se hoogte en snelheid te bepaal. Die Surveyor sendings was die eerste keer dat NASA sulke stelsels kon toets in die uitdagende termiese en radiasie omgewing van die maan.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 Kloman (1972). "NASA Unmanned Space Project Management - Surveyor and Lunar Orbiter" (PDF). NASA SP-4901.
  2. https://nssdc.gsfc.nasa.gov/nmc/spacecraft/display.action?id=1967-035A – 24 January 2020