Supersimmetrie

In deeltjiefisika is supersimmetrie (Engelse afkorting: SUSY) ’n voorgestelde uitbreiding van die Standaardmodel wat verband hou met twee basiese groepe elementêre deeltjies: bosone, waarvan die spin ’n heeltalwaarde het, en fermione, wat ’n spin met ’n halftalwaarde het.

Beskrywing

Elke deeltjie van een van bogenoemde twee groepe word verbind met ’n deeltjie van die ander groep; dit word ’n deeltjie se S-deeltjie, of superpartner, genoem. Die spin se waarde sal dus met ’n halftal verskil.

In ’n teorie met ’n perfek ongebroke supersimmetrie, sal elke paar S-deeltjies dieselfde massa en interne kwantumgetalle hê buiten hul spin – ’n "selektron" (die S-deeltjie van ’n elektron) sal ’n boson-weergawe van die elektron (’n soort fermion) wees en sal dieselfde massa-energie hê – dit moet dus net so maklik in ’n laboratorium gevind kan word. Omdat nog geen S-deeltjies ontdek is nie, moet supersimmetrie ’n spontaan gebroke simmetrie wees as dit bestaan. As supersimmetrie ’n ware natuursimmetrie is, sal dit baie onverklaarbare probleme in deeltjiefisika oplos, soos donker materie.

Probleme

Die omvermoë van die Groot Hadronversneller (GHV) om bewyse vir supersimmetrie te vind het daartoe gelei dat sommige wetenskaplikes dink die teorie moet laat vaar word as ’n oplossing vir sulke probleme, aangesien enige S-deeltjies wat bestaan se massa nou te groot sal wees om die bestaande paradokse op te los.

Eksperimente met die GHV het ook uiters skaars gevalle van deeltjieverval tot gevolg gehad wat baie weergawes van supersimmetrie in twyfel trek.

Supersimmetrie verskil aansienlik van ander bekende simmetrieë omdat dit ’n simmetrie tussen klassieke fisika en kwantummeganika daarstel – iets wat nog nie op enige ander terrein waargeneem is nie. Terwyl enige getal bosone dieselfde kwantumtoestand kan beset, kom net een fermion in ’n gegewe toestand voor vanweë die Uitsluitingsbeginsel van Pauli. Wanneer die besettingsgetalle egter groot word, betree kwantummeganika die klassieke perk: dit beteken bosone kom ook in klassieke fisika voor, maar fermione nie. Dit maak dit moeilik om te verwag dat bosone dieselfde kwantumgetalle as fermione het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Supersimmetrie BeskrywingSupersimmetrie ProblemeSupersimmetrie VerwysingsSupersimmetrie Eksterne skakelsSupersimmetrieBosonDeeltjiefisikaElementêre deeltjieEngelsFermionSpin (fisika)Standaardmodel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerstedelikingHoutNkosi Sikelel' iAfrikaFranklin D. RooseveltSkaapGoogleSwart nasionalismeKrapWiskundige terminologiePinksterDroogteHoofstadGalileo GalileiInligtingstegnologieSwaweldioksiedSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieYstertydperkWiki CommonsAnglo-BoereoorlogGeslagAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidGlobaliseringAardedagSwartbewussynsbewegingJavaScriptVlagterminologieInfeksieMarkenKarlien van JaarsveldPad na jou hartInstagramPoesStresSamestellingChemiese verbindingWindJeuksiekteFrankrykSteentydperkSpringbokkeNederduitse Gereformeerde KerkKoolstofPaddaSkerpioenWielewaalRudi ClaaseLeon KrugerJohannesburgDiepaartromboseJames AlexanderSiya KolisiRenteMelaatsheidFinale OplossingJan van RiebeeckDigvormGrondwet van Suid-AfrikaGeelsugMaroela MediaBreinDiskriminasieGeografie van Suid-AfrikaAnette EngelbrechtVigsProvinsies van Suid-AfrikaHerfsNelson MandelaPlae van EgipteBalletSwawelAngssteuringHenry Murray🡆 More