Superrugbyspan Sunwolves

Die Sunwolves ((jp) サンウルブズ) – weens borgskapredes bekend as die HITO-Communications Sunwolves – was ’n Japanse rugbyspan wat sedert 2016 aan die Superrugbykompetisie deelgeneem het.

Die span is in 2015 gestig om ingesluit te word by die vergrote Superrugbykompetisie. Die span se basis was Tokio maar het ook ’n aantal tuiswedstryde in Singapoer gespeel. Die span het sy debuut in die 2016 Superrugbyseisoen gemaak, maar is op 1 Junie 2020 ontbind te midde van Covid-19, maar hoofsaaklik weens die span se weglating uit die Superrugbytoernooi vanaf 2021.

Sunwolves
Stigting 2015
Ontbind 1 Junie 2020
Ligging Tokio, Japan
Stadion Chichibunomiya Rugbystadion, Tokio
Nasionale Stadion, Singapoer
Afrigter(s) Vlag van Nieu-Seeland Mark Hammett
Liga(s) Superrugby
2019 15de
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Tuiskleure


Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Superrugbyspan Sunwolves
Weg kleure

Statistiek
Eerste wedstryd
Sunwolves 13 – 26 Lions
(27 Februarie 2016)
Grootste oorwinning
Sunwolves 36 – 28 Jaguares
(23 April 2016)
Grootste nederlaag
Cheetahs 92 – 17 Sunwolves
(15 April 2016)
Amptelike webwerf
super-japanrugby.com/en/
Unie webwerf
www.jrfu.org

Geskiedenis

Sedert die aanvang van SANZAR-beheerde Superrugbykompetisie in 1996 (voorheen bekend as Super 12 en Super 14) is die kompetisie beperk tot spanne van Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. In 2011 is bekendgemaak dat SANZAR sy internasionale Drienasieskompetisie sou uitbrei om Argentinië in te sluit, wat gelei het tot die nuwe naam van Die Rugbykampioenskap. Dit het gelei tot gerugte dat Argentinië ook ’n span in die Superrugbykompetisie sou wou hê. en SANZAR het bevestig dat hulle in die toekoms uitbreiding na ander streke sou ondersoek. SANZAR het egter die bestaande Superrugbypakket aan uitsaaiers verkoop vir die periode van 2011 tot 2015, wat beteken dat geen veranderinge aan die formaat toegestaan sou word tot die 2016-seisoen nie.

In 2013 het Greg Peters, uitvoerende hoof van SANZAR aangekondig dat Superrugby met aanvang van die 2016-seisoen uitgebrei sou word met die insluiting van die Suid-Afrikaanse Southern Kings as een van die spanne. Vroeg in 2014 het SANZAR bevestig dat Superrugby van 15 na 18 spanne uitgebrei sou word, met Argentinië wat een van die addisionele plekke sou inneem. Dit is bevestig dat Argentinië en die 18de span in die Suid-Afrikaanse Groep sou meeding.

Asië het na vore gekom as die voorkeurbestemming vir die laaste lisensie en Japan en Singapoer was die grootste mededingers om die konsessie te verkry. Met ’n aantal faktore wat in Japan se guns tel – soos hul plaaslike professionele liga (die Topliga) wat toenemend groot name uit die buiteland lok, die toekenning van die Rugbywêreldbeker 2019 aan Japan en die Japanse span wat tot die toptien van die Wêreldrugbyranglys deurgebreek het vir die eerste keer in hul geskiedenis in 2014 – is lisensie vir die 18de konsessie gevolglik in Oktober 2014 aan hulle toegestaan. – met ’n ooreenkoms dat Singapoer drie van die tuiswedstryde in die Singapoer Sportkern sou aanbied. Die nuwe uitgebreide formaat en drie nuwe spanne is in November 2014 amptelik deur SANZAR se Uitvoerende Komitee goedgekeur.

In April 2015 het die JRVU ’n maatskappy genaamd Japan Superrugbyvereniging gestig wat die bedrywighede van die span sou bestuur. ’n aantal sleutelaanstellings is gemaak; Yoshitaka Tashiro is as voorsitter aangestel, Yuichi Ueno as uitvoerende hoof en Eddie Jones as Direkteur van Rugby.

Daar was egter weer vraagtekens oor Japan se vermoë om betyds ’n span bymekaar te kry. In Augustus 2015 het Eddie Jones aangekondig dat hy nie die pos van Direkteur van Rugby sou opneem nie na gerugte dat hy hom moontlik by die Stormers sou aansluit. Daaropvolgende mediaberigte het aangedui dat SANZAR ander planne vir die 2016 Superrugbyseisoen het, met uitsluiting van die Japanse span, maar die JRVU het kort daarna gesê dat hulle wel aan SANZAR se vereistes voldoen het deur spelers en ander personeel voor einde Augustus aan te stel. Die geldigheid van die ingediende spelerslys is bevraagteken met talle spelers wat nie “noodwendig met die nasionale span geassosieer word nie”. Daar was ook voorstelle dat Topligaspanne versoek het dat hul spelers se wedstrydtyd beperk word gedurende Superrugby en dat Topligawedstryde voorkeur sou geniet.

Hulle is egter ingesluit in die Superrugbywedstrydlys wat op 28 September 2015 uitgereik is en op 5 Oktober 2015 is bekendgestel dat die span as die Sunwolves bekend sou staan.

Seisoenbepalings

Superrugby

Die volgende tabel som die Sunwolves se Superrugby-uitslae vir die uitgebreide toernooi van agtien spanne op:

    Seisoen Pos Alg Pos Groep Gespeel Gewen Gelyk Verloor Punte vir Punte teen +/− BP1 Pte Notas
    2016 18de 8ste 15 1 1 13 293 627 –334 3 9
    2017 17de 8de 15 2 0 13 315 671 –365 4 12

Span

Huidige span

Sunwolves 2017 Superrugbyspan:

Stutte

  • Takuma Asahara
  • Kohei Asahori
  • Keita Inagaki
  • Heiichiro Ito
  • Superrugbyspan Sunwolves  Koo Ji-won
  • Masataka Mikami
  • Yasuo Yamaji
  • Koki Yamamoto

Hakers

  • Takeshi Hino
  • Shota Horie
  • Takeshi Kizu
  • Yusuke Niwai

Slotte

  • Kyosuke Kajikawa
  • Naohiro Kotaki
  • Shinya Makabe
  • Superrugbyspan Sunwolves  Liaki Moli
  • Hitoshi Ono
  • Kazuhiko Usami
  • Superrugbyspan Sunwolves  Sam Wykes
 

Losvoorspelers

  • Superrugbyspan Sunwolves  Willie Britz
  • Uwe Helu
  • Malgene Ilaua
  • Shokei Kin
  • Shuhei Matsuhashi
  • Yuhimaru Mimura
  • Superrugbyspan Sunwolves  Ed Quirk Superrugbyspan Sunwolves 
  • Yoshitaka Tokunaga
  • Superrugbyspan Sunwolves  Rahboni Warren-Vosayaco

Skrumskakels

  • Takahiro Ogawa
  • Kaito Shigeno
  • Fumiaki Tanaka
  • Keisuke Uchida
  • Yuki Yatomi

Losskakels

  • Superrugbyspan Sunwolves  Hayden Cripps
  • Jumpei Ogura
  • Hikaru Tamura
  • Yu Tamura
  • Harumichi Tatekawa Superrugbyspan Sunwolves 
 

Senters

  • Superrugbyspan Sunwolves  Michael Bond
  • Superrugbyspan Sunwolves  Derek Carpenter
  • Timothy Lafaele
  • Superrugbyspan Sunwolves  Will Tupou

Vleuels

  • Shota Emi
  • Kenki Fukuoka
  • Teruya Goto
  • Ataata Moeakiola
  • Takaaki Nakazuru

Heelagters

Verwysings

Tags:

Superrugbyspan Sunwolves GeskiedenisSuperrugbyspan Sunwolves SeisoenbepalingsSuperrugbyspan Sunwolves SpanSuperrugbyspan Sunwolves VerwysingsSuperrugbyspan Sunwolves2016 SuperrugbyseisoenCovid-19JapanRugbySuperrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KlimaatAngolese BurgeroorlogOlimpiese SpeleKolorektale kankerLys van hoofstedeSimboolMaselsGalileo GalileiResensieMilitêre diensplig in Suid-AfrikaDemi Lee MooreSoweto-opstandHomofoonSimmetrieHeuningbyLeierBestaansboerdery20ste eeuWikiDistrik SesRookgewoonteOopbroninhoudKlankMoedersdagLPreseminale vloeistofTurkyeSpringbokkeVulkanismeAfrikanernasionalismeBladwisselendKlopjagDuitse maselsDesmond TutuHoenderDie Stem van Suid-AfrikaSinkJo BlackHadedaRacheltjie de BeerVarkgriepVerlede tydAngolaHector PietersonTweede WêreldoorlogPersentasieXenofobie in Suid-AfrikaSwawelCristiano RonaldoVaginale kankerNag van die lang messeBeëdigde verklaringAfrikaanse WikipediaKerngeneeskundeLys van nedersettings in Suid-AfrikaBybelOrale seksLongontstekingInsekBrittany Ashton HolmesSiekteChroniese siekteLetterlike en figuurlike taalgebruikGeskiedenis van Suid-AfrikaViëtnamSaartjie BaartmanAfkortingToerismeVulvaDie GelofteFotosinteseMartin Luther King jr.Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994WikiquoteErosietipesLionel Peterson🡆 More