Soematra

Soematra (Indonesies: Sumatera; Atjehs: Ruja), die wêreld se sesde grootste eiland, na Groenland, Nieu-Guinee, Borneo, Madagaskar en Baffin-eiland, beslaan 'n oppervlakte van 473 481 km² en word begrens deur die oop Indiese Oseaan in die suidweste, die Andamanse See in die noordweste, die Suid-Chinese See in die noordooste en die Javasee in die suidooste.

Soematra is die tweede grootste en mees westelike van die vier Groot-Soenda-eilande asook die derde grootste eiland van die eilandnasie Indonesië. Dit is in die suidooste van die Andaman- en Nicobar-eilande, in die suidweste van die Maleise Skiereiland, in die weste van Borneo en in die noordweste van Java langs die ewenaar geleë. Die Indiese Oseaan word in die noorde deur die Straat van Malakka met die Suid-Chinese See en in die suide deur die Javastraat met die Javasee verbind. Langs Soematra se ooskus lê die eiland Bangka.

Soematra
Inheemse naam: Sumatera / Ruja
Topografiese kaart van Soematra
Topografiese kaart van Soematra
Geografie
Soematra
Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 00°00′S 102°00′O / -0.000°N 102.000°O / -0.000; 102.000 102°00′O / -0.000°N 102.000°O / -0.000; 102.000
Argipel Groot Soenda-eilande

Oppervlakte 473 481 vk km
Hoogste punt Berg Kerinci 3 805 m
Administrasie
Vlag van Indonesië Indonesië
Provinsies Aceh, Bengkulu, Jambi, Lampung, Riau, Wes-Soematra, Suid-Soematra, Noord-Soematra

Hoofstad Medan
Grootste stad Medan (2 109 330)

Demografie
Bevolking 50 miljoen

Bevolkingsgroepe Acehnese, Batak, Minangkabau, Maleiers, Han-Chinese
Die wêreld se sesde grootste eiland
Soematra
Nasa-satellietbeeld van Soematra
Soematra
Kaart van Soematra

Soematra se naam is afgelei van die Sanskrit-woord Samudra (समुद्र) wat "versameling van waters, see of oseaan" beteken. 'n Ou naam vir Soematra is "Swarna Dwipa" (Sanskrit vir: "eiland van goud"), waarskynlik deur die baie vroeë uitvoer van goud uit die myne in die Soematraanse hoogland.

Soematra het 'n bevolking van sowat 50 miljoen, waarvan die meeste Maleiers is, in die noordweste bly veral Acehnese of Atjehs. Hulle besig hul eie moedertale, onderskeidelik Maleis en Atjehs, maar ook die ampstaal van Indonesië, Indonesies. Al dié tale behoort tot die Maleis-Polinesiese tale. Chinees is die moedertaal van die Han-Chinese wat hulle veral in onlangse dekades op Soematra kom vestig het. Die geloofsmeerderheid in Soematra is Moslems (87,1%), gevolg deur 10,7% Christene, en minder as 2% is Boeddhiste en Hindoes.

Borneo en Soematra is veral bekend vir hul reënwoude wat die enigste habitat van die orangoetang vorm. As gevolg van sterk ontbossing word hierdie groot ape ernstig bedreig.

Soematra se geologie word gekenmerk deur baie aktiewe vulkane wat dié eiland van noordwes na suidoos gevorm het. Net suidoos van Soematra is Krakatoa geleë, veral bekend vir die enorme uitbarsting in 1883. Soematra se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.

Geografie

Provinsies

Naam Oppervlakte
(km²)
Bevolking
(2000-sensus)
Bevolking
(2010-sensus)
Bevolking
(2014-skatting)
Hoofstad
Aceh 57 956,00 4 073 006 4 486 570 4 731 705 Banda Atjeh
Noord-Soematra
(Sumatera Utara)
72 981,23 11 642 488 12 326 678 13 527 937 Medan
Wes-Soematra
(Sumatera Barat)
42 012,89 4 248 515 4 845 998 5 098 790 Padang
Riau 87 023,66 3 907 763 5 543 031 6 359 790 Pekanbaru
Jambi 50 058,16 2 407 166 3 088 618 3 412 459 Jambi
Suid-Soematra
(Sumatera Selatan)
91 592,43 6 210 800 7 446 401 7 996 535 Palembang
Bengkulu 19 919,33 1 455 500 1 713 393 1 828 291 Bengkoeloe
Lampung 34 623,80 6 730 751 7 596 115 7 972 246 Bandar Lampung
Bangka-Belitung
(Kepulauan Bangka Belitung)
16 424,14 899 968 1 223 048 1 380 762 Pangkal Pinang
Riau-eilande
(Kepulauan Riau)
8 256,10 1 040 207 1 685 698 2 031 895 Tanjung Pinang
Totaal 480 847,74 42 616 164 50 613 947 54 339 256

Stede

Rang Stad Provinsie Bevolking
(2010-sensus)
Oppervlakte
(km²)
1 Medan Noord-Soematra 2 109 339 265,10
2 Palembang Suid-Soematra 1 452 840 374,03
3 Batam Riau-eilande 1 153 860 715,0
4 Pekanbaroe Riau 903 902 633,01
5 Bandar Lampung Lampung 879 851 169,21
6 Padang Wes-Soematra 833 584 694,96
7 Jambi Jambi 529 118 205,00
8 Bengkoeloe Bengkoeloe 300 359 144,52
9 Dumai Riau 254 332 2 039,35
10 Binjai Noord-Soematra 246 010 90,24
11 Pematang Siantar Noord-Soematra 234 885 60,52
12 Banda Atjeh Aceh 224 209 61,36
13 Lubuklinggau Suid-Soematra 201 217 419,80

Berge

  • Dempo (3 159 m)
  • Kerinci (3 805 m)
  • Sibayak (2 212 m)
  • Pesagi (2 262 m)
  • Singgalang (2 877 m)
  • Marapi (2 891,3 m)
  • Talamau (2 912 m)
  • Tandikat (2 438 m)
  • Leuser (3 172 m)
  • Perkison (2 300 m)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Soematra GeografieSoematra VerwysingsSoematra Eksterne skakelsSoematraAndaman- en Nicobar-eilandeAndamanse SeeAtjehsBaffin-eilandBangkaBorneoEilandnasieEwenaarGroenlandGroot-Soenda-eilandeIndiese OseaanIndonesiesIndonesiëJava (eiland)JavaseeMadagaskarMaleise SkiereilandNieu-GuineeSuid-Chinese See

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DemokrasieErektiele disfunksieNieu-SeelandSenuweestelselEmfiseemAustraliëKalenderLys van politieke partye in Suid-AfrikaChristeneEier (biologie)Samsung GroepSelfmoordAnneli van RooyenBosluisbytkoorsAbstraksie (rekenaarwetenskap)BoomAfrikaanse woordelys en spelreëlsSpysverteringstelselDramaPerdKleinkolmuskeljaatkatSuid-Afrikaanse randMaroela MediaEstlandBorsbeenWaterhertOntsteking (geneeskunde)Menslike seksuele gedragDissipel vir wie Jesus baie lief wasAkira ToriyamaVingerseksFridtjof NansenMuskeljaatkatISBN (identifier)SkilpadLugbesoedelingAkuutGoogle MapsTonnels van Củ ChiWortelFritz HaberWitbloedselInternetEkonomieFritz WepperGoeie VrydagGordelroosWaterpokkiesVoornaamwoordInfeksieSeksuele stimulasieModernismeDundermLetterkundeKoöperasiestoriesDikdermBeesTarentaleSemenPalmsondagSixtynse kapelAngssteuringAkkedisElandréRykie van ReenenOrkney Snork NieSeksuele opwekkingVolhoubaarheidHorlosie🡆 More