Algemeen
Naam | Sulfied |
Chemiese formule | S2− |
Ioonradius | 1,84 Å |
Termochemiese radius | 1,89(19) Å |
Kristalradius | 1,7 Å |
109,8 [Scm2/mol] | |
Lys van anione |
'n Sulfied is 'n sout wat die swawelioon S2− bevat of 'n verbinding tussen 'n metaal en swawel. Die swawelioon S2− is die suurres van waterstofsulfied (H2S). Die naam sulfied word soms ook gebruik vir 'n tioëter, 'n organiese verbinding met 'n -S- funksionele groep.
Die oksidasietoestand van die swawelatoom S2− is 2- en die ioon het reduserende eienskappe. Dit kan byvoorbeeld oksideer tot die disulfiedioon (S2−2). Verbindings soos FeS2 wat die disulfiedioon bevat, word soms ook sulfiede genoem.
Oksidasie na die neutrale element of die +4 of +6 toestand is ook moontlik.
Die sulfiede van die alkalimetale is oplosbaar in water. Ander sulfiede is onoplosbaar, of in die geval van kopersulfiede baie sterk onoplosbaar. Sulfiede soos Na2S of K2S is higroskopies en gee sterk basiese oplossings omrede die tweede suurkonstante van H2S 'n baie hoë waarde het: pKa2=19. Die sulfiedioon sal hidroliseer volgens die reaksie:
Met sure sal dit verder hidroliseer en die giftige waterstofsulfiedgas vrystel.
Sulfiedoplossings is in staat om swawel op te los, waarby disulfied, of hoër polisulfiede gevorm word. 'n Verbinding soos KCuS4 is 'n goeie voorbeeld van 'n polisulfied. Dit bevat die tetrasulfiedioon S2−4 met 'n ketting van vier swawelatome.
'n Sulfied soos kalsiumsulfied CaS is nie in water oplosbaar nie, maar het die kenmerkende stank reuk van waterstofsulfied vanweë hidrolisasie en sal in water ontbind.
Party sulfiede van oorgangsmetale is egter baie stabiel ten opsigte van hidrolisasie. Hulle kan halfgeleidende of geleidende eieskappe besit en nie-stoigiometriese verbindings oplewer. Sulfidiese minerale kom natuurlik voor en sommige van hulle is belangrike ertse.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sulfied, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.