Die Suidwes-Afrikaner

Die Suidwes-Afrikaner (1927–'76) was die mondstuk van die Verenigde Nasionale Suidwes-party (VNSWP), ’n politieke party in Suidwes-Afrika met noue bande met die Verenigde Party (VP) in Suid-Afrika.

Die VNSWP is dan ook omstreeks 1971 by die VP ingelyf.

Die Suidwes-Afrikaner
Ernst Schlengemann, die eerste redakteur, in Die Suidwes-Afrikaner se kantoor.
Die Suidwes-Afrikaner
'n Uitgawe van Die Suidwes-Afrikaner, mondstuk van die Verenigde Nasionale Suidwes-party en eindelik, van omstreeks 1971 tot '76, die Verenigde Party in Suidwes-Afrika.
Die Suidwes-Afrikaner
In Suidwes het Die Suidwes-Afrikaner veel langer 'n Afrikaanse mondstuk vir die VP gebly as sy eweknieë in Suid-Afrika, waarvan die laaste die Sondagkoerant Sondagstem was wat in 1967 gestaak is. Hier is die koerant se personeel voor die Unie-Volkspers se kantoor in Windhoek in 1949.

Die Windhoekse uitgewer John Meinert het in 1927 besluit om naas die Engelstalige Windhoek Advertiser en die Duitstalige Allgemeine Zeitung ook ’n Afrikaanse koerant uit te gee. Ernst Schlengemann het die redakteurskap daarvan aanvaar. Die eerste uitgawe van Die Suidwes-Afrikaner het op 8 April 1927 verskyn as blykbaar die tweede Afrikaanse koerant in die gebied ná die kortstondige bestaan van Suidwes Nuus van 1922 tot '23. Die Suidwes-Afrikaner was aanvanklik bedoel om as spreekbuis vir alle Afrikaners in Suidwes op te tree waar Hollands en Engels in 1920 ampstatus gekry het (onder die vorige koloniale bewind was die amptelik taal Duits). Die redakteur het die koerant uitgebou tot 'n toonaangewende politieke blad en hy is spoedig aangewys as kandidaat van die Verenigde Nasionale Suidwes-party vir die wetgewende vergadering. In die verkiesing van 1929 stel hy hom verkiesbaar in die kiesafdeling Windhoek-Sentraal, maar verloor met ʼn klein minderheid teen die NP-kandidaat. In 1929 woon hy as verteenwoordiger van Suidwes-Afrika die stigting van die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) in Bloemfontein by. Hy is op 8 Mei 1930 in die Windhoek Hospitaal oorlede weens longontsteking. Sover bekend het hy in 1929 die heel eerste Afrikaanse gedig in Suidwes geskryf, Die Namib-woestyn.

Die Suidwes-Afrikaner het heelwat langer as mondstuk van die opposisie in Suidwes-Afrika staande gebly as enige Afrikaanse VP-gesinde koerant in Suid-Afrika. Eindelik het die Die Suidwester (’n NP-mondstuk; die Nat-koerant) se groei hierdie Sap-koerant se lewensvatbaarheid sodanig bemoeilik dat dit in 1976 gestaak moes word. Einde 1977 het Die Republikein met Jan Spies as redakteur as verligte teenvoeter verskyn vir Die Suidwester, wat op 21 Desember 1990 ook die stryd gewonne moes gee nadat dit van dagblad tot tweeweekse blad en eindelik weekblad verander is.

Bronne

Tags:

Suid-AfrikaSuidwes-AfrikaVerenigde Nasionale Suidwes-partyVerenigde Party

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfghanistanGriepDuitse maselsDassievoëlKolonoskopieSamestellingAppel (sanger)Trappe van vergelykingRepubliek ArtsachLiewe HeksieTuisbladKunsSiberiëAnale kankerElandréPoësieBorsklierSlag van BloedrivierOoiGalblaasSpookvoëlRugbywêreldbeker 2023WerwelkolomBrandmondsindroomHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalNatuurbewaringAfrikaPeach van PletzenNazi-saluutSarah Rose KarrSally EsterhuizenPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaCarles PuigdemontPaddaMuggieOrthopteraRob HersovAfrikaanse woordelys en spelreëlsKasterolieGoogleKlem-in-die-kaakBatePinksterMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaAuschwitz-konsentrasiekampDigvormMuskeljaatkatEngelsBreinIndustriële RevolusieHernubare energiePersentasieBloedsomloopstelselOraniaEikelIngrid JonkerLimfvatstelselGriekelandGewone drolpeerSuiwelprodukLily CarterErfenisdag (Suid-Afrika)EmfiseemGeskiedenis van AfrikaansLuiperd🡆 More