Die Suidelike Shetlandeilande (Engels: South Shetland Islands, Spaans: Islas Shetland del Sur) is 'n eilandgroep naby die Antarktiese Skiereiland tussen die Suidelike Atlantiese Oseaan in die noorde en die Suidelike Oseaan in die suidooste.
Die Suidelike Shetlandeilande is in die suidooste van Suid-Amerika tussen die Drakedeurgang in die noordweste, die Scotiasee in die noordooste en die Weddellsee in die suidooste geleë. In die noordweste is Vuurland met Kaap Hoorn, in die noorde die Falkland-eilande en in die noordooste Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande geleë.
Suidelike Shetlandeilande | |
---|---|
Kaart van die Suidelike Shetlandeilande | |
Geografie
| |
Ligging | Antarktika, Suidelike Oseaan Suidelike Atlantiese Oseaan |
Koördinate | 62°00′S 58°00′W / 62.000°S 58.000°W 58°00′W / 62.000°S 58.000°W
|
Hoofeilande | King George Island |
Oppervlakte | 4 700 vk km (1 800 vk myl) |
Hoogste punt | Berg Foster 2 105 m (6 906 voet) |
Administrasie | |
Verenigde Koninkryk | |
Oorsese gebied | Brits-Antarktiese Gebied
|
Argentinië | |
Provinsie | Argentyns-Antarktika
|
Chili | |
Provinsie | Antártica Chilena
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Geadministreer onder die Antarktiese Verdrag |
Die Suidelike Shetlandeilande word deur Argentinië (Argentyns-Antarktika), Chili (Antártica Chilena) en die Verenigde Koninkryk (Brits-Antarktiese Gebied) opgeëis en tot hul Antarktis-gebied gereken, maar omdat dit volgens internasionale reg nie erken word nie, val die eilande soos die res van Antarktika onder die saak van die Antarktis-verdrag. Die Suidelike Shetlandeilande is na Shetland, 'n eilandgroep voor die kus van Skotland, genoem.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Suidelike Shetlandeilande, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.