Suid-Georgië En Die Suidelike Sandwicheilande

Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande (Engels: South Georgia and the South Sandwich Islands, Spaans: Islas Georgias del Sur y Sandwich del Sur) is 'n argipel in die suidelike Atlantiese Oseaan.

Dit is 'n afgeleë en onherbergsame versameling van eilande, bestaande uit Suid-Georgië en 'n ketting van kleiner eilande bekend as die Suid-Sandwich-eilande. Die eilande het 'n bevolking van twee mense in die hoofstad Grytviken, maar soms word die nabygeleë King Edward Point as hoofstad beskou, omdat dit 'n permanente bevolking het.

South Georgia and the South Sandwich Islands
Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
Vlag van Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande Wapen van Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
Vlag Wapen
Nasionale leuse:
Leo Terram Propriam Protegat
(Latyns vir: "Laat [of mag] die Leeu sy eie land beskerm")
Volkslied: God Save the Queen
Ligging van Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
Hoofstad Grytviken/King Edward Point

54°17′S 36°30′W / 54.283°S 36.500°W / -54.283; -36.500

Grootste stad Grytviken/King Edward Point
Amptelike tale Engels (de facto)
Regering

Monarg
• Goewerneur
• Verantwoordelike
Britse minister
Parlementêre demokrasie binne
’n grondwetlike monargie
Elizabeth II
Nigel Phillips

Tariq Ahmad
Onafhanklikheid
Britse oorsese gebied
• Huidige grondwet


3 Oktober 1985
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
3 903 km2  
1 507 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2006-skatting
 - Digtheid
 
30 (-)
0,005 / km2
0,013 / myl2
Geldeenheid Pond sterling (GBP)
Tydsone
 - Somertyd
GST (UTC-2)
nie toegepas nie (UTC-2)
Internet-TLD .gs
Skakelkode +500

Suid-Georgië is 165 kilometer lank en 35 kilometer breed en is verreweg die grootste eiland in die gebied. Die Suid-Sandwich-eilande lê ongeveer 700 kilometer suidoos van Suid-Georgië. Die gebied se totale landoppervlakte is 3 903 vierkante km.

Suid-Georgië En Die Suidelike Sandwicheilande
Kaart van Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande
Suid-Georgië En Die Suidelike Sandwicheilande
Lande, wat Argentinië se eis steun van soewereiniteit oor die Falkland-eilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande.
Suid-Georgië En Die Suidelike Sandwicheilande
Lande, wat die Verenigde Koninkryk se eis steun van soewereiniteit oor die Falkland-eilande, Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande.

Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande lê suidoos van Suid-Amerika en word sedert 1925 deur Argentinië geëis. Argentinië het die eilande in 1982 beset, maar is deur die Verenigde Koninkryk in die Falklandoorlog verslaan. Die Falklandeilande is ongeveer 1 300 kilometer wes geleë van die gebied se naaste punt daaraan.

Die eilande is 'n oorsese gebied van die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie met' n grondwet wat in 1985 aangeneem en in 2009 gewysig is om die reg van selfbeskikking van die bevolking te herhaal.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen
  • (en) "South Georgia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 1 Junie 2020.
  • (en) "South Sandwich Islands". Encyclopædia Britannica. Besoek op 1 Junie 2020.
  • (en) "South Georgia and the South Sandwich Islands". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Augustus 2015. Besoek op 1 Junie 2020.

Eksterne skakels

Suid-Georgië En Die Suidelike Sandwicheilande  Verenigde Koninkryk Suid-Georgië En Die Suidelike Sandwicheilande 
LandeEngelandSkotlandWallisNoord-Ierland
Oorsese gebiedeAnguillaBermudaBrits-Antarktiese GebiedBritse Indiese OseaangebiedBritse Maagde-eilandeFalkland-eilandeGibraltarKaaimanseilandeMontserratPitcairneilandeSint Helena, Ascension en Tristan da CunhaSuid-Georgië en die Suidelike SandwicheilandeTurks- en Caicoseilande
KroongebiedeEiland ManGuernseyJersey
Sowereine militêre basisseAkrotiri en Dhekelië

Tags:

ArgipelAtlantiese OseaanEngelsGrytvikenKing Edward PointSpaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rina HugoAardbewingBrongitisAboriginesAfrikaanse woordelys en spelreëlsSlag van BloedrivierAfrikaansAngolese BurgeroorlogLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameMiddelmisbruikVerkleinwoordWayde van NiekerkRocco SiffrediDeelstate van die Verenigde State van AmerikaBosvarkRassismeThabo MbekiWiskundige terminologieAardeSuikersiekteSewe wonders van die wêreldVerdampingGoogle MapsBevolkingKwaZulu-NatalNederlandGewasboerdery in Suid-AfrikaAlliterasieVoorsetselEngelsDepressie (gemoedstoestand)SuikerbekkiesVratAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeBaälPeach van PletzenWikipediaLionel MessiStaalMonopolieHoëveldBelasting20ste eeuEngelandRefentse MorakeJeugdagMandaryn-ChineesLeierTsongaWet op NaturellengrondGeldAkroniemLeonardo da VinciDawidSelfieVarkCleopatra VIIAfkortingNederduitse Gereformeerde KerkChemiese verbindingVoëlYslandAustraliëMediaWikiNiersteenRoemeensIntensiewe vormGeweldGoogleVermenigvuldigingLetterkundeBeroertePopulier🡆 More