Suid-Afrikaanse Koronavirus-Variant

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Die Suid-Afrikaanse Koronavirus-variant, ook bekend as 501Y.V2-variant, 20H/501Y.V2 (voorheen 20C/501Y.V2), en die B.1.351-afstamming is 'n variant van EARS-KoV-2 , die virus wat Koronavirussiekte-2019 veroorsaak. Dit is een van verskeie EARS-KoV-2-variante wat van besondere belang is, en is die eerste keer in die Nelson Mandelabaai-metrogebied in die Oos-Kaapprovinsie opgespoor en op 18 Desember 2020 deur die Departement van Gesondheid gerapporteer.

Suid-Afrikaanse Koronavirus-Variant
Lande met bevestigde gevalle van 501.V2 sedert 29 Januarie 2021
██ 100 - 999 bevestigde gevalle ██ 50 - 99 bevestigde gevalle ██ 10 – 49 bevestigde gevalle ██ 5 - 9 bevestigde gevalle ██ 2 - 4 bevestigde gevalle ██ 1 bevestigde geval ██ Gevalle bevestig, geen presiese syfers nie ██ Verdagte gevalle ██ Geen gevalle, of geen data

Mutasies

Navorsers en amptenare het gerapporteer dat die voorkoms van die variant hoër was onder jongmense met geen onderliggende gesondheidstoestande nie, en dat dit in sulke gevalle meer dikwels ernstige siektes veroorsaak as ander variante. Die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid het ook aangedui dat die variant die tweede golf van die COVID-19-pandemie in die land kan aandryf, aangesien die variant vinniger versprei as ander vroeëre variante van die virus.

Wetenskaplikes het opgemerk dat die variant in staat is om makliker aan menslike selle te heg as gevolg van drie mutasies in die reseptor-bindende domein in die piek glikoproteïen van die virus. Twee van hierdie mutasies is binne die reseptor-bindende motief van die reseptor-bindende domein.

Een van hierdie mutasies, die N501Y-mutasie ('n verandering van asparagien (N) na tirosien (Y) in aminosuurposisie 501), is ook in die Verenigde Koninkryk-variant opgespoor. Die ander twee mutasies wat in die Suid-Afrikaanse variant voorkom, word nie in die Britse variant aangetref nie. Die Suid-Afrikaanse variant het ook nie dieselfde ander mutasie as die Britse variant nie.

Verspreiding

Vyf dae nadat dit die eerste keer in Suid-Afrika gerapporteer is, is die Suid-Afrikaanse variant vir die eerste keer buite Suid-Afrika in die Verenigde Koninkryk aangemeld. In die volgorde waarin gevalle aangemeld is, is die Suid-Afrikaanse variant in Desember 2020 in die Verenigde Koninkryk, Switserland, Finland, Japan, Zambië, Australië, en Frankryk gerapporteer. In Januarie 2021 is gevalle aangemeld in Suid-Korea, Noorweë, Oostenryk, Botswana, China, Ierland, Brasilië, Nederland, Kanada, Israel, Nieu-Seeland, Duitsland, België, Taiwan, Ghana, en die Verenigde State van Amerika.

Ontwyking van entstowwe

Suid-Afrikaanse Koronavirus-Variant 
Zweli Mkhize, Suid-Afrika se voormalige Minister van Gesondheid

Op 4 Januarie 2021 het die Britse koerant The Telegraph berig dat Sir John Bell, 'n immunoloog van Oxford Universiteit, van mening is dat daar 'n groot vraagteken hang oor die potensiële weerstand van die nuwe Suid-Afrikaanse variant teen COVID-19-entstowwe. Hy glo ​​dat entstowwe nie so effektief teen die variant sal werk nie. Dieselfde dag het Shabir Madhi, professor in inenting, aan CBS News gesê dat "dit nie 'n gegewe is nie" dat die nuwe 501.V2-variant die entstowwe sou kon ontduik, maar dat daar in ag geneem moet word dat hulle "miskien nie die volle doeltreffendheid het nie". Die bykomende mutasies in variant 501.V2 is deur Simon Clarke, 'n medeprofessor in sellulêre mikrobiologie aan die Universiteit van Reading, as 'n belangrike faktor geopper deurdat dit die virus "minder vatbaar kan maak vir die immuunreaksie wat veroorsaak word deur die entstowwe". Lawrence Young, 'n viroloog aan die Warwick Universiteit, het ook opgemerk dat die variant se veelvuldige mutasies "kan lei tot 'n ontwyking van immuunbeskerming".

Op 7 Januarie 2021 word berig dat navorsers van Pfizer gevind het dat die Pfizer–BioNTech COVID-19-entstof slegs effens minder beskerming teen een van die 501.V2-variasie-mutasies bied. Verdere ondersoeke sou gedoen word om vas te stel wat die beskermingsvlak is.

Moderna is van plan om 'n alternatiewe mRNS-1273-entstofweergawe te toets wat spesiaal ontwerp is om teen die Suid-Afrikaanse variant te beskerm. Kliniese studies het getoon dat die Novavax-entstof (NVX-CoV2373) 60% effektief in Suid-Afrika is, maar 90% effektief in Brittanje, terwyl die Johnson & Johnson-entstof (Ad26.COV2.S) 57% effektief in Suid-Afrika is en 72% effektief in die VSA.

Op 6 Februarie 2021 berig The Financial Times dat voorlopige proefdata uit 'n studie wat deur die Universiteit van die Witwatersrand in samewerking met die Universiteit van Oxford gedoen is, 'n verminderde doeltreffendheid toon van die Oxford-AstraZeneca COVID-19-entstof teen die 501.V2-variant. Die studie het bevind dat die AZD1222-entstof in 'n steekproefgrootte van 2 000 slegs "minimale beskerming" gebied het teen COVID-19, behalwe in die ernstigste gevalle. Op 7 Februarie 2021 het die Minister van Gesondheid van Suid-Afrika die beplande ontplooiing van ongeveer 1 miljoen dosisse van die entstof opgeskort terwyl hulle die gegewens ondersoek het en gewag het op advies oor hoe om voort te gaan.

Op 16 Februarie is berig dat Suid-Afrika die Indiese Serum-instituut gevra het om die een miljoen AstraZeneca-entstowwe wat vroeër die maand (op 1 Februarie) aangekom het, terug te neem. Daar is ook berig dat die een miljoen Oxford/AstraZeneca-entstowwe aan ander Afrikastate aangebied sou word.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Suid-Afrikaanse Koronavirus-Variant MutasiesSuid-Afrikaanse Koronavirus-Variant VerspreidingSuid-Afrikaanse Koronavirus-Variant Ontwyking van entstowweSuid-Afrikaanse Koronavirus-Variant VerwysingsSuid-Afrikaanse Koronavirus-Variant Eksterne skakelsSuid-Afrikaanse Koronavirus-Variant

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mikro-ekonomieEtniese groepSeksuele opwekkingPrimêre sektor van die ekonomieOmgewingsbeheerPornografieSelfstandige naamwoordKolitisKunstenaarOos-KaapVliegtuigBTWSonnestelselHartaanvalTradisionele Afrika-medisyneVoorvoegselSuurstofLyfstraf in skoleBrandmondsindroomWaterpokkiesVersoeningsdagGroot TrekDonderstormMateriaalArmoedeAnilingusGevolge van aardverwarming op oseaneNic de JagerAnrich HerbstLys van Kaapstad se voorstedeMIVKweekhuiseffekHernubare energieMierKunsmisLeestekenSiya KolisiTelefoonSlawernySpierWaarheid-en-versoeningskommissieVerenigde State van AmerikaSuikersiekteErektiele disfunksieOorstromingAnneli van RooyenAngina pectorisAardverwarmingOopbroninhoudMIV/vigs in Suid-AfrikaGordelroosRuslandDeelwoordIronieGroot Muur van ChinaStilleweKasteel die Goeie HoopMangelontstekingDokterStrykysterLongontstekingBesoedelingSpreeuAntjie SomersErfenisVloeistofGroot vyfAardbewingAfrikaansLiefdeGoogleBrittany Ashton HolmesYouTubeInligtingRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Chemiese verbindingToekoms van die AardeSatelliet🡆 More