Suid-Afrikaanse Klas 14E

Die Suid-Afrikaanse Klas 14E van 1991 is 'n Suid-Afrikaanse elektriese lokomotief van die Spoornet-era.

Suid-Afrikaanse Klas 14E
Suid-Afrikaanse Klas 14E
No. 14-002 te Stikland, Kaapstad, 15 Augustus 2006
Tipe en oorsprong
Kragtipe Elektries
Ontwerper 50 c/s Group
Vervaardiger Swiss Locomotive and Machine Works
Serienommer 50 c/s 16657-1-1/1988 tot 16657-1-3/1988
SLM 5415-5417
Model 50 c/s Group 14E
Klas Klas 14E
Vervaardig 1988
Aantal gebou 3
Bouspesifikasies
UIC wielklassifikasie Bo-Bo
Spoorbreedte Kaapspoor
Bogies 3.1 m wielbasis
18 t massa
Min. draaisirkel 85 m radius
Wielbasis 12.4 m
Lengte 18.5 m
Breedte 2.973 m
Hoogte 4.12 m pantograwe neer
Asbelasting 23 125 kg
Lokomotiefmassa Bakwerk 18 t
Totaal 92 500 kg
Kragverkryging Pantograaf
Traksiemotors Vier Siemens ITB2 820-OGA03
Transmissie 20/103 ratverhouding
Werkverrigting
Maksimumspoed 140 km/h
Kraglewering Per motor:
1020 kW deurlopend
Totaal:
4080 kW deurlopend
Trekkrag 300 kN wegtrek
198 kN 1 uur
194 kN deurlopend teen 72 km/h
Lokomotiefremme Reostaties
Lug
Diensgeskiedenis
Gebruiker Spoornet
Transnet Freight Rail
Kragklas Beide 3 kV DC & 25 kV AC
Aantal in klas 3
Vlootnommer(s) 14-001 tot 14-003
Afleweringsdatum 1990
Eerste tog 1991

In 1990 het Spoornet ontvangs geneem van drie prototipe Klas 14E dubbelspanning elektriese hooflynlokomotiewe met 'n Bo-Bo-wieluitleg. Dit was die eerste dubbelspanning 3 kV DC en 25 kV AC lokomotiewe op Suid-Afrikaanse spoorlyne toe dit in 1991 in diens geplaas is. Hulle is in 1994 gevolg deur tien plaaslikvervaardigde Klas 14E1-lokomotiewe.

Vervaardiger

In Januarie 1984 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAR) tenders ingewag vir ses prototipe Klas 14E lokomotiewe. Hierdie was bedoel om dubbelspanning 3 kV DC en 25 kV AC lokomotiewe te wees met selfstuur onderstelle en ten volle gesuspendeerde AC traksiemotors, met 'n 3800 kW kraglewering plus 400 kW om beskikbaar te wees vir die treindienste soos verwarming. Die maksimum snelheid moes ten minste 160 km/h wees met 'n maksimum asbelading van 22 ton.

Suid-Afrikaanse Klas 14E 
Vervaardigersplaatjie op no. 14-001

Slegs drie prototipe lokomotiewe is uiteindelik gebou en afgelewer in 1990. Die 3 kV DC/25 kV AC dubbelspanning Klas 14E-elektriese lokomotief is ontwerp deur die 50 c/s Groep wat bestaan uit SA Ateliers de Constructions electriques de Charleroi (ACEC) van België, AEG-Telefunken en Siemens van Duitsland, Alstom-Atlantique van Frankryk, en Brown Boveri van Switserland. Hulle is deur Swiss Locomotive and Machine Works (SLM) in Winterthur (30 km van Zürich) gebou.

Kleure geïllustreer

Die Klas 14E-lokomotiewe was in oranje, grys en rooi kleure geverf, uniek aan die klas. Die Spoornetembleem op die kante met "SPOORNET" onder die embleem gestileer, soos vertoon op die hooffoto, was net van toepassing op no. 14-002, waarskynlik tydens herstelwerk of 'n diens dieselfde tyd toe die rooi laer kante oranje geverf is met donkergrys vensterrame. Slegs no. 14-001 oorleef lank genoeg om die gesogte Bloutreinkleure in 2012 te ontvang.

Verwysings



Tags:

LokomotiefSuid-Afrikaanse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ISO 3166-2BloedsomloopstelselDigtheidPersoonlikheidOranjerivierOnderwerp (taalkunde)PampoentjiesVlinderSelfvertroueKlimaatveranderingVraag en aanbodEmosieInflasieJan-Willem BreureEkonomiese sektorBuffelSiya KolisiKolitisPoesSeksismeKrieketGeografie van Suid-AfrikaMaroela MediaEjakulasieAtoomBurgerregteVaalrivierAardverwarmingLPesachSywurmGoogleMarkenNasionalismeAardbewingSinoniemTweede VryheidsoorlogAfrikaanse woordelys en spelreëlsAalwynAntjie KrogSwitserlandTsoenamiBloemfonteinDeelstate van die Verenigde State van AmerikaNamibiëRob HersovHerpes simplexNatuurrampRooibokDeon MeyerSkerpioenNiersteenKlereDemi Lee MooreElizabeth II van die Verenigde KoninkrykLuiperdNederduitsch Hervormde KerkSuid-Afrikaanse WeermagWieg van die MensdomGrondbesoedelingDoopShakaVaginaPaarl GimnasiumOseaanGeboorteOu Apostoliese KerkKoggelmanderFopnuusPad na jou hartLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsGeestesgesondheidNommertekenKoppeltekenLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Mond🡆 More