Stuart Cloete (1897–1976) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer van romans, essays, biografieë en kortverhale.
Sy eerste roman, Turning Wheels (1937), was ’n topverkoper, maar is in Suid-Afrika verbied weens die omstrede kommentaar op die Groot Trek daarin. Die meeste van sy 14 romans, asook sy kortverhale, het historiese temas. Hy is veral bekend vir sy vertelling oor die Anglo-Boereoorlog, Rags of Glory.
Stuart Cloete | |
Geboortenaam | Edward Fairly Stuart Graham Cloete |
---|---|
Geboorte | Parys, Frankryk | 23 Julie 1897
Sterfte | 19 Maart 1976 (op 78) Kaapstad, Unie van Suid-Afrika |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Genre | Romans, essays, biografieë, kortverhale |
Bekende werke | Rags of Glory |
Huweliksmaat | Tiny Cloete |
Edward Fairly Stuart Graham Cloete op 23 Julie 1897 te Parys in Frankryk gebore. Hy het die meeste van sy volwasse lewe op die dorp Hermanus in Kaapland deurgebring.
Cloete was een van die pioniers van die nou omvangryke literêre subgenre oor die nadraai van kernoorlog. Sy 1947-novelle The Blast is geskryf as 'n dagboek van 'n oorlewende wat in die ruïnes van New York woon (gepubliseer in 6 Great Short Novels of Science Fiction, ed. Groff Conklin, 1954).
Hy is op 19 Maart 1976 in Kaapstad oorlede. Cloete was met Tiny Cloete getroud. Sy oorleef hom en sterf in Augustus 1993. Hulle het nie enige kinders gehad nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Stuart Cloete, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.