Struisbaai is 'n vakansiedorpie aan die Indiese Oseaan in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Dis net noordoos van L'Agulhas geleë. Die dorpie se naam is 'n afkorting van Vogelstruisbaai. Die strand by Struisbaai is 14 km lank en gewild onder die swemmers, hengelaars, branderplankryers en seilplankryers.
Struisbaai | |
---|---|
Vissershuis Hotagterklip in Struisbaai | |
Koördinate: 34°48′0″S 20°03′0″O / 34.80000°S 20.05000°O 20°03′0″O / 34.80000°S 20.05000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Kaap Agulhas |
Oppervlak | |
• Totaal | 14,34 km2 (5,54 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 3 877 |
• Digtheid | 270/km2 (700/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 35.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 50.3% |
• Swart mense | 12.6% |
• Ander | 1.2% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 85.2% |
• Engels | 9.0% |
• Xhosa | 2.6% |
• Ander | 3.2% |
Poskode (strate) | 7285 |
Poskode (posbusse) | 7285 |
Skakelkode | 028 |
Webwerf | http://www.struisbaai.com/ |
Struisbaai se plaaslike raad het in 1992 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: Slangsnitsgewys gedeel, in die skildhoof na links en in die skildvoet na regs, silwer en blou, regs 'n regopgeplaaste swart volstruisveer met 'n rooi skag. Die helmteken was 'n seilskip op 'n blou muurkroon, en die wapenspreuk "In concilio concilium".
Op 23 Augustus 1673 het die Zoetendaal by Struisbaai gestrand. Die Nederlandse Oos-Indiëvaarder Schoonenberg het op pad van Batavia na Nederland in die vroeë oggendure van 20 November 1722 hier op die rotse geloop.
Andries Dreyer skryf in sy boek Eeufees-Gedenkboek van Bredasdorp in 1938:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Struisbaai, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.