Stromboliese Uitbarsting

'n Stromboliese uitbarsting is 'n relatief gematigde soort vulkaanuitbarsting, met 'n VEI van sowat 1 tot 2.

Stromboliese Uitbarsting
'n Stramboliese uitbarsting: 1. aspluim, 2. lapilli 3. neerstorting van vulkaanas, 4. lawafontein 5. vulkaanbom, 6. lawavloei, 7. lae lawa en as, 8. stratum, 9. intrusiegang, 10. magmabuis, 11. magmakamer, 12. intrusieplaat

Beskrywing

Stromboliese Uitbarsting 
'n Stromboliese uitbarsting.

Stromboliese uitbarstings bestaan uit die uitwerping van gloeiende rotse (sintels, lapilli en lawabomme) tot hoogtes van tientalle tot 'n paar honderd meter. Die uitbarstings is klein tot mediumgroot, met sporadiese geweld. Dit is genoem na die Italiaanse vulkaan Stromboli.

Die Italiaanse vulkanoloog Giuseppe Mercalli het uitbarstings van Stromboli en Vulcano in 1888-'90 bestudeer en waargeneem die twee voorvalle se kenmerkende eienskappe verskil. Om tussen hulle te onderskei het Mercalli Stromboliese uitbarstings gedefinieer as "gematig ontploffend met diskrete maar redelik gereelde tussenposes van sekondes tot minute".

Die tefra gloei gewoonlik rooi as dit by die vulkaanopening uitkom, maar die oppervlak kan aansienlik afkoel en stol, en die materiaal word dan donker tot swart. Die tefra versamel in die ongewing van die opening en vorm 'n sintelkeël. Sintel is die algemeenste produk; die vulkaanas is gewoonlik redelik min.

Die lawastrome is minder vloeibaar as by die ooreenstemmende Hawaise uitbarstings en is dus korter en dikker; soms word dit deur piroklastiese gesteente vergesel en soms nie. Dikwels word gasborrels in die magma geskep wat naby die aardoppervlak ontsnap omdat die druk daar minder is. Magma word dan die lug in gewerp.

Stromboliese uitbarstings kan lank duur omdat die magmabuis nie erg beskadig word nie weens die gebrek aan geweld. Die berg Erebus in Antarktika produseer al dekades lank Stromboliese uitbarstings en by Stromboli self het dié soort uitbarstings langer as 2 000 jaar geduur. Die Romeine het Stromboli "die vuurtoring van die Middellandse See" genoem.

Verwysings

Skakels

  • Stromboliese Uitbarsting  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

VEIVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ViëtnamoorlogMarie PentzPeach van PletzenWaardeGianna MichaelsGeskiedenis van AfrikaKinderarbeidMantisKlereVredenburgBoelieryHolocaustSonkragOnse VaderLimpopoMasturbasieLys van Griekse mitologiese figureNoot vir NootAbstraksie (rekenaarwetenskap)Malmesbury, Wes-KaapVincent van GoghAssonansieLionel MessiDermpoliepJakkalsAnorexia nervosaSeeWildehondRooibosGqeberhaPuberteitAnale seksFamilie (verwantskap)PrieskaKoraalrifSpysverteringstelselRasionale getalNarsistiese persoonlikheidsteuringMierEnkelvoudige sinGerrie PretoriusHomofobieEreksieGrondsoorteBreinvliesontstekingLily CarterEkonomieNuwe TestamentKroonblaarSkoenlapperSally EsterhuizenRivierAntieke Griekse kunsGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBysteekWetenskaplike klassifikasieVlermuisRehoboth-bastersModerniseringDemokrasieMuscat Internasionale LughaweHoutDeelteken en umlautBaarmoederReptielGeskiedenis van die BoererepubliekeJavaScriptTromFebruarieAmfibieëVitamienGodsdiens in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse pondMiddeloorontstekingErfenisdag (Suid-Afrika)Elandré🡆 More