Groot-Rooioogtortelduif: Voëlspesie

Die groot-rooioogtortelduif of grootringduif (Streptopelia semitorquata) is 'n duifspesie wat wydverspreid in Afrika suid van die Saharawoestyn voorkom.

Dit is 'n algemene, indien nie 'n oorvloedige, spesie in die meeste habitatte buiten die woestyn. Die vlug is vinnig, met gereelde slae, en 'n skerp flik van die vlerke by geleentheid wat kenmerkend is van duiwe in die algemeen.

Groot-rooioogtortelduif
Groot-Rooioogtortelduif: Voorkoms, Verspreiding, Nes en kuikens
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
S. semitorquata
Binomiale naam
Streptopelia semitorquata
(Rüppell, 1837)

Voorkoms

Hierdie spesie lyk baie na die gewone tortelduif maar is groter en swaarder gebou, het 'n donkerder lyfkleur en 'n ligte grys strook wat oor die bovlak van die punt van die stert loop. Die kenmerkende rooi oog is egter slegs opmerklik van naby gesien.

Wanneer dit vlieg, toon dit swarterige vlug vere. Die kop en onderkant is donker wynagtig-pienk skakering tot liggrys op die gesig. Daar is swart agter-nek gedeelte met 'n wit rand. Die bene en 'n ring om die oog van kaal vel is rooi. Die roep is 'n harde "doo-doo-du-du.

Geslagte lyk eenders, maar jeugdiges is dowwer as volwassenes, en skulppatroon op die liggaam vere.

Verspreiding

Hierdie duif is minder stadsgebonde as baie ander duiwe en verkies die digter plantegroei van tuinomgewings.

Nes en kuikens

Hierdie spesie bou 'n stoknes in 'n boom en lê twee wit eiers. Die nes kom meestal in bome voor en word dikwels so losweg gebou dat die eiers partykeer van onder af gesien kan word. Die kuikens word vir die eerste paar maande met 'duifmelk' gevoed. Dit is 'n hoogs voedsame melkagtige vloeistof wat deur die selle in die kroppe van albei ouers vervaardig word. Dit het 'n eenderse samestelling as soogdiermelk. Om die 'opgebringde' melk in te neem, druk die kuikens hul koppe in die ouer se keel. Melkvoeding onder voëls is beperk tot die duiffamilie.

Voeding

Grootringduiwe vreet grassade, graan en ander plantegroei. Hulle voed dikwels op die grond. Soos verskeie ander spesies in die genus, is hulle meestal nie in groepe nie en voed dikwels alleen of in pare.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Tags:

Groot-Rooioogtortelduif VoorkomsGroot-Rooioogtortelduif VerspreidingGroot-Rooioogtortelduif Nes en kuikensGroot-Rooioogtortelduif VoedingGroot-Rooioogtortelduif Sien ookGroot-Rooioogtortelduif VerwysingsGroot-Rooioogtortelduif BronneGroot-Rooioogtortelduif

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EkotoerismeInkomsteHartHerpes simplexKongo-krisisWaarheid-en-versoeningskommissieGoudkus (streek)Lys van Griekse mitologiese figureGeelhoutSamestellingPseudowetenskapWisselkoersItaliëJeanette FerreiraSeksposisieJohannesburgPriemgetalEk is 'n Afrikaan (toespraak)Covid-19-pandemie in Suid-AfrikaWinnie Madikizela-MandelaGasBesoedelingBloeddrukSirkelAardbewingKunsmatige intelligensieNiemetaalStaalLoftus MaraisLandbouTaalReënSuiwelprodukBeleggingAfleiding (taalkunde)Refentse MorakeSmaakKoppeltekenVulvaNamibiëMartin Luther King jr.Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994VrouWesterse filosofieHeupvervangingLodewyk XVI van FrankrykAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSteve BikoVerlede tydGewone breukeLiewe HeksieKoolstofdioksiedTropiese sikloonGeslagsgelykheidVarkAborsie in Suid-AfrikaSonnestelselMangelPubiese hareVoegwoordKatoenMalariaBoomslangAfrikaAfrikaanse woordelys en spelreëlsHomoniemKameelperdSuid-Afrikaanse GrensoorlogCarles PuigdemontTuisbladBynierEreksie🡆 More