Die Streepstert-ghieliemientjie (Barbus poechii) is 'n varswater vis wat voorkom in die Kunenerivier, Okavangorivier en die boonste gedeelte van die Zambezirivier.
In Engels staan die vis bekend as die Dashtail barb.
Streepstert-ghieliemientjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | B. poechii |
Binomiale naam | |
Barbus poechii Steindachner, 1911 |
Die vis is silwerig van kleur, bruin aan die bokant met 'n kenmerkende swart kol op die basis van die stertvin. Die vis word tot 110 mm lank.
Die vis leef in die kleiner riviere en vloedvlaktes. Hulle vreet insekte en klein organismes. Hulle leef ook gereeld saam met die Streep-rower (Brycinus lateralis). Hierdie twee spesies lyk baie dieselfde en maak mekaar na.
Party van die spesies het skadukolle, baie soos dié van die driekol-ghieliemientjie (Barbus trimaculatus) en dit kom gereeld voor wat die klassifikasie van hierdie spesie bevraagteken.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Streepstert-ghieliemientjie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.