Streepkopkanarie: Voëlspesie

Die Streepkopkanarie (Crithagra gularis) is 'n saadvretertjie wat algemeen van die suidkus tot die subtrope van suidelike Afrika voorkom.

Hulle is standvoëls in boomveld, ruigtes en struikgewas, veral teen rante of in heuwelagtige gebiede, waar hulle dikwels op aalwyne gesien word. Die voël is 15 cm groot en weeg 12 - 25 gram. In Engels staan dit as die Streaky-headed seedeater bekend.

Streepkopkanarie
Streepkopkanarie: Taksonomie, Beskrywing, Verspreiding, habitat en broeiplek
C. g. humilis te Witsand, Wes-Kaap, en 'n roep van C. g. gularis in Gauteng
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Crithagra
Spesie:
C. gularis
Binomiale naam
Crithagra gularis
(Smith, 1836)
Sinonieme

Serinus gularis

Taksonomie

Streepkopkanarie: Taksonomie, Beskrywing, Verspreiding, habitat en broeiplek 
C. g. humilis vreet aan die vye van 'n besemtrosvy, Wes-Kaap
Streepkopkanarie: Taksonomie, Beskrywing, Verspreiding, habitat en broeiplek 
C. g. endemion vreet die saadjies van die uitheemse rooigomboom in Pietermaritzburg

The streepkopkanarie is voorheen in the genus Serinus geplaas, maar filogenetiese ontleding van die mitochondriale en selkern-genoomsekwensies het aangedui dat voorgenoemde genus polifileties was. Die genus is gevolglik onderverdeel en 'n aantal spesies, waaronder die streepkopkanarie, is in die herrese genus Crithagra geplaas.

Vyf subspesies word aanvaar, wat hoofsaaklik van mekaar verskil in die kleurskakering van die rug- en borskant. C. g. humilis van die suidwestelike Kaap het 'n donkerder veredos en onduidelik gestreepte rugkant.

  • C. g. benguellensis (Reichenow, 1904) — n Namibië, s Angola
  • C. g. endemion (Clancey, 1952) — Lesotho, Eswatini, o Suid-Afrika, s Mozambiek
  • C. g. gularis (Smith, A, 1836) — n Suid-Afrika, sw Botswana, s Zimbabwe
  • C. g. humilis (Bonaparte, 1850) — s Suid-Afrika
  • C. g. mendosa (Clancey, 1966) — nw Botswana, Zimbabwe, sentraal-Mosambiek, s Zambië

Sekere outoriteite beskou die Wes-Afrikaanse saadvretertjie (Crithagra canicapilla) as 'n verdere subspesie. C. (g.) elgonensis, 'n geïsoleerde takson wat ylverspreid in die droë oos-Ugandese boomveld en weer te Elgonberg in Kenia voorkom, kan op sy beurt weer by die Wes-Afrikaanse saadvretertjie of Streepborssaadvretertjie (Crithagra striatipectus) gereken word.

Beskrywing

Hierdie saadvretertjie is 13–14 cm lank. Die volwassene het 'n bruin rugkant met 'n paar dowwe strepe en 'n eenvormige bruin kruis. Die kroon is fyn met wit gestreep, die gesig donker met 'n wit supersilium (d.w.s. streep bo-oor oog) en ken. Die borskant is warm dofgeel. Die geslagte is soortgelyk, maar sommige wyfies toon effense borsstrepies. Die jongeling het minder kopstrepe, 'n dowwe supersilium, swaarder strepe oor die rugkant en swaar strepe op die liggrys borskant.

Verspreiding, habitat en broeiplek

Die habitat is oop boom- of struikveld, insluitend savanne, boorde en tuine. Dit bou 'n kompakte koppie-vormige nes in struikgewas.

Gedrag

Alhoewel dit dikwels in pare opgemerk word, kan dit ook meer gemeensaam wees en aansienlike swerms van hul eie of saam met ander kanarie-spesies vorm. Hulle vreet sagte vruggies, kruidsade en blomknoppe, en vang soms ook insekte. Groot swerms kan skade aanrig aan sonneblom, manna en ander graangewasse.

Dis 'n onopvallende vink wat dikwels binne in bosse sit. Die roep is 'n sagte tsiii, en die sang 'n whit-tjie-tjie-tjie-tja tja tja tja tjip, afgewissel met nabootsing van ander spesies. Alternatiewelik word 'n twieu twieu tirrierrit-tienk in 'n vertoonvlug geuiter.

Sien ook

Bron

Verwysings

Eksterne skakel

Tags:

Streepkopkanarie TaksonomieStreepkopkanarie BeskrywingStreepkopkanarie Verspreiding, habitat en broeiplekStreepkopkanarie GedragStreepkopkanarie Sien ookStreepkopkanarie BronStreepkopkanarie VerwysingsStreepkopkanarie Eksterne skakelStreepkopkanarie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Green PornoRenosterVitamienSuid-Afrikaanse randGrieksWolkUnited Democratic FrontSamestellingOnderwys in Suid-AfrikaMiddelmisbruikVingerseksJo BlackHoofpynMonoloogLangste woordLys van Afrikaanse televisiereekseOnderwysWatersuiweringKoos KombuisJohannesburgKapitalismeVoorsetselCorioliskragHematurieKunsKatHulpwerkwoordGeslagsorgaanMosesMetafoorJaco JacobsMahatma GandhiLugbesoedelingBeroerteSeksismeBoer Soek 'n VrouSan FranciscoTweede VryheidsoorlogKoos du PlessisPriemgetalIndiëAfrican National CongressVioolDomineeVeelrassige pornografieGoogle MapsKunsmatige intelligensieMenseregteMielieLys van Suid-Afrikaanse musikanteVaste stofLys van Griekse mitologiese figureBosluisbytkoorsAluminiumSuid-Afrikaanse PolisiediensPenisRenaissanceKlimaatveranderingKlankverskynselsDysselsdorpKinderregteRudi ClaaseSonnestelselNiemetaalKlimaatsverandering in AfrikaVlermuisAanval op Pearl HarborSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024MasjienVarkBybelAntjie KrogRosa ParksAnale kankerEngelsAnale seksNelson Mandela🡆 More