'n Stoomval is 'n toestel wat gebruik word om kondensaat en/of nie kondenseerbare gasse uit 'n stoompyp te verwyder sonder dat stoom ontsnap.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Byna alle stoomvalle is in wese basies outomatiese kleppe. Die oudste soort stoomval was voorheen bloot 'n klein gaatjie in 'n meetplaat of pyp op die laagste punt van die pyplyn waaruit die kondensaat kon uitloop. Hierdie tegniek kon egter nie verhoed dat stoom ontsnap as daar geen kondensaat in die pyp was nie wat tipies kon gebeur het as die vloei of druk in die pyplyn verander het. Nie kondenseerbare gasse kon ook nie doeltreffend verwyder word sonder om onnodig stoom uit die pyp te verloor nie. Hierdie nadele het gelei tot 'n groot verskeidenheid stoomvalontwerpe om aan 'n hele spektrum behoeftes te voorsien. Geen enkele stoomvalontwerp is geskik vir elke moontlike toepassing nie. Dit maak dit belangrik om elke ontwerp se voor- en nadele deeglik te verstaan sodat die regte stoomval vir elke toepassing gekies kan word.
Stoomvalle kan verdeel word in drie hoofsoorte:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Stoomval, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.