Stephen Gray

Stephen Gray (30 September 1941 in Kaapstad – 23 Oktober 2020) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en akademikus wat in Engels skryf en in die sewentigerjare verskeie literêre pryse gewen het.

Hy skryf ook dramas en romans en is die redakteur van verskeie publikasies.

Lewe

Nadat hy in 1959 aan die St. Andrewskollege op Grahamstad gematrikuleer het, het hy hom vir die graad B.Se. aan die Universiteit van Kaapstad ingeskryf. Hy het dit egter nie voltooi nie en is na Engeland, waar hy die graad BA-honneurs in 1964 in Cambridge behaal het. In 1969 het hy sy M.A.-graad aan dieselfde universiteit verwerf.

In dieselfde jaar het hy ook 'n M.A.-graad in die skone kunste aan die Universiteit van Iowa in Amerika behaal. Hy het dié jaar ook deelgeneem aan die Iowa Writers Workshop en onder Kurt Vonnegut gestudeer.

Gray was in 1965-66 in Frankryk, waar hy Engels aan die Universiteit van d'Aix-Marseilie gedoseer het. In 1968 was hy ook as lektor aan Amerikaanse universiteite verbonde.

In 1969 het hy lektor in Engels aan die Randse Afrikaanse Universiteit geword. In 1979 het Gray die graad D.Lit. et Phil. aan dié universiteit behaal. Sy verhandeling, Southern African literature: An introduction, is in 1979 gepubliseer. ln 1982 het hy hoof van die RAU se Engelse departement geword.

Gray se eerste bundel gedigte, It's about time, is in 1974 gepubliseer. In 1975 is die bundel The assassination of Shaka met houtsnee- illustrasies deur Cecil Skotnes gepubliseer. Hottentot Venus, Gray se derde poësiebundel, het in 1969 verskyn.

Hy het ook romans en dramas geskryf. Die roman Local colour is in 1975 gepubliseer, Visible People in 1977 en Caltrop's desire in 1980. Sy drama An evening at the Vernes het in 1975 verskyn en Peepshow in 1980.

Gray was ook redakteur van verskeie literêre publikasies, onder meer Writers' territory (1973), Southern African stories of the seventies (dit is hersien en het in 1980 as Modern South African stories verskyn), A world of their own: Southern African poets of the seventies (1976), Theatre One (1978), Theatre Two (1980) en talle ander.

Verskeie artikels deur Gray oor die Suid-Afrikaanse letterkunde het in plaaslike en oorsese literêre tydskrifte verskyn. Hy was ook een van die redakteurs van die literêre tydskrif Izwi.

In die jare sewentig het hy drie literêre toekennings ontvang: die Roy Campbell-prys vir poësie (1970), die Stephen Black-prys vir drama (1971) en die Pauline Smithprys vir romanliteratuur (1972).

Romans en kortverhale

Toneelstukke

Poësie

As redakteur

Ander

  • Southern African Literature: An Introduction. Barnes & Noble Imports, 1979. ISBN 0-06-492530-7.
  • John Ross: The True Story. 1987.
  • Human Interest and Other Pieces. Justified Press, 1993. ISBN 0-947451-23-4.
  • Accident of Birth: An Autobiography. COSAW Publishing, 1993. ISBN 1-874879-23-0.
  • Free-lancers and Literary Biography in South Africa. Editions Rodopi BV, 1999. ISBN 90-420-0656-0.
  • Life Sentence: A Biography of Herman Charles Bosman. Human & Rousseau, 2005. ISBN 0-7981-4484-X.

Bronnelys

Tags:

Stephen Gray LeweStephen Gray Romans en kortverhaleStephen Gray ToneelstukkeStephen Gray PoësieStephen Gray As redakteurStephen Gray AnderStephen Gray BronnelysStephen Gray1941202023 Oktober30 SeptemberKaapstad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KorrupsieNoord-KaapWikiquoteKweekhuisgasGriekwa-AfrikaansSuikersiekteResensieHoofkarakterStikstofWolfLangste woord1200BeurtkragMieliestronkPaasfeesWeeluisWhatsAppSpringbokkeVlinderJeuksiekteKFanie ViljoenLys van Afrikaanse skrywersLandbou in Suid-AfrikaWoordsoortBorskankerGrondwet van Suid-AfrikaPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaTatoeëermerkKinderregteDroogteConsolidated B-24 LiberatorKangogrotteMiskruierMuskietWebwerfVeeartsMeningsverskil oor aardverwarmingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Deelstate van die Verenigde State van AmerikaAtlantis, Wes-KaapLys van landeSarel Jacob PretoriusJeugdagGoogleLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsCleopatra VIINarsistiese persoonlikheidsteuringDie ontstaan van die dramaGlasSeksuele penetrasieDroomSwartbewussynsbewegingMIVThys die BosveldklongPad na jou hartMuskeljaatkatHeupTropiese sikloonGewone breukeDepressie (gemoedstoestand)Paulus van TarsusDiepaartromboseHeuningbyHaelReënvalbepalingYouTubeAborsie in Suid-AfrikaBeesUniegebouDermpoliepAfrikaanse WikipediaGeelsugGrondsoorteKondensasieSeksueel oordraagbare infeksie🡆 More