Stellenbosch Universiteitskoor

Stellenbosch Universiteitskoor (Engels: Stellenbosch University Choir) is 'n koor van die Universiteit Stellenbosch.

Gestig in 1936, is dit die oudste koor in Suid-Afrika. Die huidige koorleier, André van der Merwe, is aan die begin van 2003 aangestel.

Stellenbosch Universiteitskoor
Ook bekend asStellenbosch University Choir
OorsprongStellenbosch, Suid-Afrika
Jare aktief1936 - hede
Webwerfsun.ac.za

Die Stellenbosch Universiteitskoor het al menigte buitelandse toere onderneem en die optredes is krities bekroon. Die koor word ook as 'n leidende Suid-Afrikaanse koorsang-groep gesien.

'n Hoogtepunt was die aanwys van die koor as algehele wenner van die kategorie vir Jeugkore by die Wêreld Koorspele in Bremen, Duitsland in Julie 2004. Tydens die 2008 Wêreld Koorspele was die koor eerste geplaas in die kategorie Musica Sacra.

Nog 'n 2004 hoogtepunt vir die koor was die deelname saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes in Sinfonia Africana deur die Kaapse komponis Hendrik Hofmeyr. Hierdie baanbreker simfonie (met Afrikaanse teks) is geskryf vir sopraan, koor en orkes.

Binne die Suid-Afrikaanse konteks raak dit meer belangrik om uit te reik na kore in minder bevoorregde gemeenskappe. Sedert die begin van 2005 tree die koor op as gasheer van 'n weeskinderkoor van Khayamandi - nie net om musikale onderrig aan die koor te verskaf nie maar ook om die Universiteitskoor van die waarde van gemeenskapsdiens bewus te maak.

Die koor se nuutste CD, Laudate, is November 2008 vrygestel en bevat, onder andere snitte van die repertoire vir die 2008 Wêreld Koorspele.

Lys van Koorleiers

  • William Morris (1936-1939)
  • Gawie Cillié (1940-1954)
  • Philip McLachlan (1955-1976)
  • Johan de Villiers (1977-1984)
  • Acáma Fick (1985-1992)
  • Sonja van der Walt (1993-2002)
  • André van der Merwe (2003-)

Onlangse Noemenswaardige Prestasies

2004

In Julie 2004, wen die Koor die kategorie "Mixed Youth Choirs" (Gemengde Jeugkore) by die Wêreld Koorspele in Bremen, Duitsland met 92.13 punte.

2008

In Julie 2008 het die Koor aan die Wêreldkoorspele in Graz (Oostenryk) deelgeneem, waar hulle drie goue medaljes in die drie kategorieë waarin hulle deelgeneem het, verower. Die koor was onder 22 ander kore van Suid-Afrika wat gekies is om deel te neem aan hierdie kompetisie van meer as 400 kore. Hulle wen die kategorie Musica Sacra: Open Category met 92.7 en is tweede geplaas in die kategorie Gospel & Spiritual met 92.13 punte. In die kategorie Mixed Youth Choirs, is die Koor 4de geplaas met 88 punte.

Teen August 2008 is die Koor gerang as die beste koor in die kategorie Musica Sacra (Geweide Musiek) en die vierde beste koor, algeheel, in die wêreld!

2010

Gedurende Julie 2010 toer die Koor na Sjina vir die 6de Wêreld Koorspele in Shaoxing. Hier behaal hulle twee goue medaljes en word aangewys as wêreldkampioene vir hul twee kategorieë. In die kategorie vir gemengde kore (Mixed Choirs) behaal hulle 95.75 punte, die hoogste deur enige koor in die hele kompetisie! Hulle behaal ook 'n punt van 90.88 vir die kategorie vir kontemporêre musiek (Musica Contemporanea).

Repertoire

2008

  • Aandlied (Tradisioneel Afrikaans) - verw. André van der Merwe (opgedra aan wyle prof. Elize Botha)
  • Dies Irae - Alberto Balzanelli (geb. 1941, Argentinië)
  • Anima Christi - Ryan Cayabyab (geb. 1954, Filippyne)
  • The Birth of Orc - Hendrik Hofmeyr (geb. 1957, Suid-Afrika) (in opdrag van die Wêreld Koorspele)
  • Laudate Dominum - Giedrius Svilainis (geb. 1972, Litaue)
  • Lauda Sion - György Orbán (geb. 1947, Hongarye)
  • Pie Jesu - Hendrik Hofmeyr (geb. 1957, Suid-Afrika) (In memoriam Laura Searle)
  • Lord, Lord God - Giedrius Svilainis (geb. 1972, Litaue)
  • Gloria - Hyo-Won Woo (geb. 1974, Korea)
  • I can tell the World - verw. Moses Hogan (1957 - 2003, VSA)
  • Amazing Grace - verw. Eriks Esenvalds (geb. 1977, Letland)
  • Who built the Ark? - verw. Moses Hogan (1957 - 2003, VSA)
  • John the Revelator - verw. Paul Caldwell/Sean Ivory (VSA)
  • Joy to the world - verw. André van der Merwe
  • Christmas Bells - Antoni Schonken (geb. 1987, Suid-Afrika)

2009

  • Qui Sedes - James Fritschel (geb.1929, VSA)
  • Pater Noster - John Pamintuan (geb.1972, Filippyne)
  • Crucifixus - John Pamintuan (geb.1972, Filippyne)
  • Singet dem Hernn ein Neues Lied - Heinrich Schütz (1585 - 1672, Duitsland)
  • Ave Maria - Pawel Lukaszewski (geb.1968, Pole)
  • Ave Maria - Urmas Sisask (geb.1960, Estonia)
  • The Word was God - Rosephanye Powell (geb.1941, VSA)
  • Psalm 47 (O Clap Your Hands) - Douglas Coombes (geb.1944, Engeland)
  • By Jonasdrif se Sekelgat - Hendrik Hofmeyr (geb.1957, Suid-Afrika)
  • Two South African Folk Songs - verw. Henk Temmingh (geb.1939, Suid-Afrika)

Opnames

Illumina (2006)

  1. Cover me with the night (2' 50") - Peter Klatzow (geb.1945, Suid-Afrika)
  2. Os justi (4' 50") - Anton Bruckner (1824-1896, Oostenryk)
  3. Justorum animae (2' 25") - William Byrd (1543-1623, Engeland)
  4. Come, sweet death (6' 05") - J.S. Bach (1685-1750, Duitsland) verw. André van der Merwe (Soprane: Ilse le Roux, Diane Mostert, Nicole van der Molen)
  5. Lux aeterna (6' 23") - Pēteris Vasks (geb.1946, Letland)
  6. Psalm 8 (5' 15") - Roelof Temmingh (geb.1946, Suid-Afrika, oorl. 6 Mei 2012)
  7. Ruth (4' 15") - Paul Ayres (geb.1970, Engeland)
  8. Wana Baraka (2' 55") - verw. Shawn Kirchner (geb.1970, VSA)
  9. Kyrie (3' 25") - Steve Dobrogosz (geb.1956, Swede) (Klavier: Karin Fourie)
  10. Water Night (4' 40") - Eric Whitacre (geb.1970, VSA)
  11. A boy and a girl (3' 50") - Eric Whitacre (geb.1970, VSA)
  12. Twee Afrikaanse Volksliedjies (5' 05") - verw. André van der Merwe (Sopraan: Nicole van der Molen)
  13. Bin-nam-ma (6' 10") - Alberto Grau (geb.1937, Venezuela)
  14. Dans van die Reën (4' 25") - Hendrik Hofmeyr (geb.1957, Suid-Afrika)
  15. Click Song (Tradisionele Xhosa lied) (2' 00") - verw. Hendrik Hofmeyr (geb.1957, Suid-Afrika) (Soprano: Nicole van der

Molen)

  1. Ngoni Burial Song (3' 30") - Douglas Reid (geb.1937, Suid-Afrika) aangepas deur André van der Merwe (Soprano: Nicole van der Molen)
  2. Thola (Tradisionele Sesotho Wiegelied) (2' 35") - verw. André van der Merwe
  3. Hosanna (Tradisionele Zoeloe lied) (2' 10") - verw. André van der Merwe
  4. Vela! Asambeni siyekhaya (Tradisionele Afrika lied) (2' 55") - verw. André van der Merwe
  • Die album is in 2006 vrygestel en bevat werke wat deur die koor opgeneem is in die Endlersaal by die Kunservatorium aan die Universiteit van Stellenbosch.

Laudate (2008)

  1. Svete Tihiy (Dankbare Lig) (2'50") - Alexander Kastalsky (1856 – 1926, Rusland)
  2. Svete Tihiy (Dankbare Lig) (3'10") - Pavel Chesnokov (1877 – 1944, Rusland)
  3. Alleluia (1'40") - Jacobus Gallus (1550 – 1591, Slovenië)
  4. Haec Dies (2'30") - William Byrd (1543 – 1623, Engeland)
  5. Oggendgesang (2'58") - verw. André van der Merwe (Violin: Madri Gerber)
  6. Aandlied (3'40") - verw. André van der Merwe
  7. Pie Jesu (2'45") - Hendrik Hofmeyr (geb. 1957, Suid-Afrika)
  8. Anima Christi (4'35") - Ryan Cayabyab (geb. 1954, Filippyne)
  9. Lauda Sion (2'35") - György Orbán (geb. 1947, Hongarye)
  10. Laudate Dominum (4'28") - Giedrius Svilainis (geb. 1972, Litaue)
  11. Gloria (4'04") - Hyo-Won Woo (geb. 1974, Korea)
  12. Dies Irae (4'50") - Alberto Balzanelli (geb. 1941, Argentinië)
  13. The Birth of Orc (4'32") - Hendrik Hofmeyr (geb. 1957, Suid-Afrika)
  14. Ziles Zina (Boodskap van 'n Voël) (9'48") - Pēteris Vasks (geb. 1946, Letland)
  15. Amazing Grace (4'35") - verw. Eriks Esenvalds (geb. 1977, Letland) (Sopraan: Zanike Botha)
  16. Go, Tell It on The Mountain (2'30") - verw. Roland Carter (Soliste: Albert Willems, Geran Steyn, Andrea Winckler)
  17. I Can Tell the World (2'36") - verw. Moses Hogan (1957 - 2003, VSA)
  18. Witness (2'38") - verw. Jack Halloran (1916 - 1977, VSA)
  19. John the Revelator (3'46") - verw. Paul Caldwell & Sean Ivory (Klavier: Elzeth Germishuys)
  20. Come Again Sweet Days (1'40") - John Dowland (1563 – 1626, Engeland)
  • Die album is in November 2008 vrygestel en bevat werke opgeneem deur die koor in die Endlersaal by die Konservatorium van die Universiteit van Stellenbosch, gedurende 2007 en 2008. Die werke sluit bekroonde repertoire vir die 2008 Wêreld Koorspele in Graz, Oostenryk in.
  • Snit 14, Ziles Zina, is direk opgeneem tydens 'n optrede in die Endlersaal tydens 2007.

Verwysings

Tags:

Stellenbosch Universiteitskoor Lys van KoorleiersStellenbosch Universiteitskoor Onlangse Noemenswaardige PrestasiesStellenbosch Universiteitskoor RepertoireStellenbosch Universiteitskoor OpnamesStellenbosch Universiteitskoor VerwysingsStellenbosch UniversiteitskoorEngelsSuid-AfrikaUniversiteit Stellenbosch

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tropiese reënwoudWaterSeekoeiLika BerningKweekhuiseffek640StressorEwenaarLovedale, Oos-KaapKasteel die Goeie HoopTswanasVakwerkboogbrugMosambiekDiskriminasie op grond van velkleurOntkiemingDie BylEllipstekenNatuurbewaringBeroerteOrale seksAgtervoegselRehoboth-bastersLiggaamlike OpvoedingPriemfaktorVir die voëlsDaggaOnafhanklikheidGroot vyfTshwane-Universiteit vir TegnologieProvinsies van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSamelewingGemengde ekonomieRiviersonderendAngina pectorisAfrikaansMiltGemeenskapGereedskapMing-dinastieBoontjieKolonialismeSamaritaneToerismePriemgetalWekkerVrouSuid-Afrikaanse ReserwebankAnorexia nervosaKompasLood(IV)oksiedKatSpider-ManSosialismeKoolstofdioksiedKlankEuropaPoesLetterkundeAbstraksie (rekenaarwetenskap)WurmNamibiëSeksuele penetrasieHartseerAfkortingDeelteken en umlautTaalNG gemeente BloemfonteinEngelandSuid-Afrikaanse randPuberteitStres in hoërskoolKonflik (proses)ValentynsdagLys van bekende Suid-Afrikaners🡆 More