Steenkampsberge: Berg in Mpumalanga, Suid-Afrika

Die Steenkampsberge is 'n bergreeks in die Dullstroom – Belfast distrik van Mpumalanga wat 'n plato vorm.

Die plato bestaan van 1 700 tot 2 274 meter hoogte uit grasveld, wat onderbreek word deur prominente rotse. Die hoogste bergpiek (2 331 meter) is Die Berg, wat die hoogste punt in Mpumalanga is.

Steenkampsberge
Uitsig vanaf die Steenkampsbergpas Uitsig vanaf die Steenkampsbergpas
Ligging Dullstroom tot Belfast, Mpumalanga
Hoogte 2331 meter bo seevlak
Koördinate 25°12′34″S 30°9′55″O / 25.20944°S 30.16528°O / -25.20944; 30.16528 30°9′55″O / 25.20944°S 30.16528°O / -25.20944; 30.16528
Bergtipe Bosveldstollingskompleks en sandsteen
Rotsouderdom Neoargeaans tot vroeg-Paleoproterosoïes
Ligging van Steenkampsberge op 'n kaart (Suid-Afrika)
Steenkampsberge
Steenkampsberge

Die berge vorm die oorsprong van die Krokodilrivier.

Ekologie

Steenkampsberge: Ekologie, Landbeheer, Sien ook 
Gedenkteken van die opening van die bergpas
Steenkampsberge: Ekologie, Landbeheer, Sien ook 
Meyer de Kock, inwoner van Belfast, word in 1901 in die Steenkampsberge terreggestel toe hy die Boere wil oorreed om die wapen neer te lê.

Die plato bestaan vir groot dele uit ongerepte natuur. Daar kom meer as 150 voëlsoorte voor, waarvan 'n redelike aantal endemies tot hierdie areas is. Behalwe voëls, huisves die plato ook 'n groot verskeidenheid soogdiere en plante.

Plante

Die grasveldboomvaring kom voor langs stroompies, terwyl grasbedekte berghellings en geërodeerde klowe gedomineer word deur ouhout.

Voëls

Die vleilande van die area huisves al drie bedreigde Suid-Afrikaanse kraanvoëlsoorte, naamlik die bloukraanvoël, mahem en lelkraanvoël. Die Lakenvlei (8 km noordoos van Belfast) en Verloren Valei (9 km noord van Dullstroom) is van groot belang vir die oorlewing van hierdie soorte.

Soogdiere

Verskillende boksoorte kom voor in die area. Dit sluit in die oorbietjie, gewone duiker, rooiribbok, vaalribbok en steenbok.

Daarbenewens is hier ook tierboskatte, siwetkatte, vaalboskatte, rooikatte, rooijakkalse, bruin hiënas, aardwolwe, ystervarke, bosvarke en erdvarke.

Sowel die groototter as die kleinotter kan dwarsoor die plato gevind word. Hulle dieet sluit die reënboogforel in, wat maak dat hulle met reëlmaat vergiftig, gevang of gejag word deur vlieghengeloorde en kwekerye wat voel dat die otters hulle inkomste bedreig.

Landbeheer

Die area is onderverdeel in sowat 150 privaatplase.

Sien ook

Tags:

Steenkampsberge EkologieSteenkampsberge LandbeheerSteenkampsberge Sien ookSteenkampsbergeBelfast, MpumalangaDie BergDullstroomGrasveldMpumalanga

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerstedelikingNapoleon BonaparteLeonardo da VinciDiskriminasieNierSportBevolkingRuslandMenseregteAfrikaanse WikipediaGeskiedenis van AfrikaansNasiebouNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaBybelSonkragHector PietersonLeeudoringstad-spoorwegrampSuid-Afrika-WetNatuurlike hulpbronTradisionele literatuurWillie JoubertBlaarChristendomSkuinsstreepUnited Democratic FrontDoelwitDeelwoordMarie AntoinetteGriekwa-AfrikaansWeerfrontKaapstadse waterkrisis 2015-2018Periodieke tabelWoordeboekBosvarkSelfoonBeurtkragSekondêre sektor van die ekonomieInkomsteBestuiwingNazi-DuitslandWaterbesoedelingRugbyHoofstadGrondTweede WêreldoorlogKunsmatige algemene intelligensieItaliëOopbroninhoudVrouErektiele disfunksieVryheidsmanifesEskomDomkragKewerEienaamDramaPerdebyeMIVGenitale vratFinansiële staatJaarSenuweestelselVierkantswortelKindersiektesJak de PriesterEllipstekenOlimpiese SpeleGeelsugSuid-Afrikaanse randWisselkoersPoesMiljardProstaatkankerCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaMonoloogSaartjie Baartman🡆 More