Stamselterapie

Stamselterapie is die gebruik van stamselle om 'n siekte te behandel of om 'n toestand te voorkom.

Beenmurgoorplanting is die mees algemene Stamselterapie wat gebruik word, maar terapie wat afkomstig is van naelstring-bloed word ook gebruik. Navorsing is onderweg om verskeie bronne vir stamselle te ontwikkel en om stamsel behandelings aan te wend vir neuro-degeneratiewe siektes en toestande soos diabetes, hartsiektes en ander toestande.

Stamselterapie het omstrede geword weens sekere ontwikkelings soos die vermoë van wetenskaplikes om embrionale stamselle te isoleer en te kweek; om stamselle te skep deur die gebruik van somatiese selkern oordrag en die gebruik van tegnieke om pluripotente stamselle te skep. Hierdie omstredenheid hou dikwels verband met aborsie politiekery en menslike kloning. Die pogings om behandelings te bemark wat gebaseer is op die oorplanting van gestoorde naelstring-bloed is ook omstrede.

Stamselterapie
Stamselle kan uit naelstring-bloed onttrek word.

Mediese aanwendinge

Vir meer as 30 jaar word beenmurg gebruik om kanker te behandel in pasiënte met toestande soos leukemie en limfoom; dit is die enigste vorm van die stamselterapie wat algemeen beoefen word. Dit word beoog om met stamsel oorplantings die newe-effekte van konvensionele chemoterapie strategieë teen te werk. 'n Skenker se gesonde beenmurg veroorsaak die herinvoer van funksionele stamselle om die selle te vervang wat verlore gegaan het in die gasheer se liggaam tydens chemoterapie behandeling. Die oorgeplante selle genereer 'n immuun reaksie wat help om kankerselle dood te maak; hierdie proses kan egter te ver gaan en aanleiding gee tot transplantaat-versus-gasheer-siekte (TVGS), die mees ernstige newe-effek van hierdie behandeling.

Die FDA het vyf hematopoietische stamsel produkte goedgekeur, wat afkomstig is van naelstring-bloed, vir die behandeling van bloed- en immunologiese siektes.

In 2014 het die Europese Medisyne Agentskap goedkeuring verleen om Holoclar Stamselterapie in die Europese Unie te gebruik. Holoclar word gebruik vir mense met ernstige limbal stamsel tekort weens brandwonde in die oë.

Stamselterapie 
Siektes en toestande waar stamsel-behandeling ontluikend en belowend is.

Stamselle word vir 'n aantal redes bestudeer. Die molekules en eksosome wat stamselle vrystel word ook bestudeer in 'n poging om medikasie te vervaardig.

Neuro-degenerasie

Navorsing is gedoen oor die uitwerking van stamselle op dierlike modelle van brein degenerasie soos in Parkinson se siekte, Amiotrofiese laterale sklerose en Alzheimer se siekte. Daar is voorlopige studies wat verband hou met veelvuldige sklerose.

Farmakologiese aktivering van endogene neurale stamselle word gerapporteer om neurobeskerming en herstel van gedrag te weeg te brin in volwasse rot modelle van neurologiese versteuring.

Brein en rugmurg beserings

Beroerte en traumatiese breinbeserings lei daartoe dat selle afsterf – dit word gekenmerk deur 'n verlies van neurone en oligodendrosiete in die brein. Tydens 'n klein kliniese proefneming in Skotland in 2013 is stamselle in beroerte pasiënte se breine ingespuit.

Kliniese en diere-studies is gedoen op die gebruik van stamselle in gevalle van rugmurgbeserings.

Hart

Stamselterapie vir die behandeling van miokardiale infarksie maak gewoonlik gebruik van outologiese beenmurg stamselle, alhoewel ander vorme van volwasse stamselle kan gebruik word, soos stamselle wat afkomstig is uit vertweefsel. Volwassene stamsel-terapie vir die behandeling van hartsiektes was teen 2007 kommersieel beskikbaar in minstens vyf kontinente.[verwysing benodig]

In 2013 het die baanbrekerswerk verslae van kragtige positiewe effekte van lichaamseigen beenmurg stamselle op ventrikulêre funksie was gevind om te bevat "honderde" van die teenstrydighede. Kritici verslag wat van 48 verslae daar blyk te wees net vyf onderliggende proewe, en dat in baie gevalle of hulle is ewekansige of bloot waarneming accepter-versus-rejecter, was tussen teenstrydige verslae van die dieselfde verhoor. 'n paar van die verslae van identiese basislyn eienskappe en finale resultate, aangebied in twee publikasies as, onderskeidelik, 'n 578 pasiënt ewekansige verhoor en as 'n 391 pasiënt eksperimentele studie. Ander verslae nodig is (onmoontlik) negatiewe standaard afwykings in die deelversamelings van die pasiënte, of vervat fraksionele pasiënte, negatiewe NYHA klasse. Algehele daar is baie meer pasiënte gepubliseer as met die ontvangs van stamselle in die proewe, as die getal van die stamselle verwerk in die hospitaal se laboratorium gedurende daardie tyd. 'n universiteit ondersoek, gesluit in 2012 sonder verslagdoening, is heropen in Julie 2013.

Een van die mees belowende voordele van stamsel-terapie is die potensiaal wat die regenerasie van hartweefsel het om weefselverlies om te keer, wat onderliggend is aan die ontwikkeling van hartversaking na die hartbesering.

Vorming van bloedselle

Volwasse menslike rooibloedselle kan ex vivo gegenereer word deur die hematopoietische stamselle wat die voorlopers is van rooibloed selle. In hierdie proses word hematopoietische stamselle saam met stromale selle gegroei, met die gevolg dat 'n omgewing geskep wat beenmurg naboots, die natuurlike terrein waar rooibloed selle groei. Verdere navorsing oor hierdie tegniek hou potensiële voordele in vir geenterapie, bloedoortapping en topikale medisyne.

Ontbrekende tande

Wetenskaplikes aan die Londonse King's College het in 2004 'n manier gevind om 'n volledige tand in 'n muis te kweek en was in staat om tande (losstaande) in die laboratorium te groei danksy bio-tegnologie. Navorsers is vol vertroue dat tandregenerasie tegnologie gebruik kan word om lewendige tande in menslike pasiënte te groei.

Teoreties kan stamselle uit die pasiënt geneem word en in die laboratorium aangehelp word tot 'n tandknoppie wat binne drie weke 'n nuwe tand sal word nadat dit in die tandvleis ingeplant is.

Kogleêre haar sel hergroei

Heller het sukses aangemeld met die hergroei van kogleêre haar selle met die gebruik van embrionale stamselle.

Blindheid en verswakte gesigskerpte

The Lancet het in Januarie 2012 'n studie gepubliseer deur Steven Schwartz van UCLA se Jules Stein Ooginstituut, waarin verslag gedoen word oor twee vroue wat blind geword het van makulêre degenerasie en die dramatiese verbeterings in hul visie na retinale inspuitings menslike embrioniese stamselle aan hulle toegedien is.

In Junie 2015 het die Stem Cell Ophthalmology Treatment Study (SCOTS), die grootste volwasse stamsel studie in oftalmologie (www.clinicaltrials.gov NCT # 01920867) hul aanvanklike resultate gepubliseer oor 'n pasiënt met optiese senuwee siekte wat verbeter het van 20/2000 tot 20/40 nadat behandeling toegepas is met beenmurg afkomstig van stamselle.

Pankreatiese beta-selle

Diabetiese pasiënte verloor die funksie van insulien-produserende beta-selle in die pankreas. In onlangse eksperimente kon wetenskaplikes embrioniese stamselle in die laboratorium laat verander na beta-selle. Dit is dus in teorie moontlik dat indien die beta-selle suksesvol oorgeplant word, dat dit die abnormale selle in 'n diabetiese pasient kan vervang.

Oorplanting

Menslike embrionale stamselle kan gekweek word in sel- kultuur en gestimuleer word om insulien-produserende selle te vorm wat oorgeplant kan word in die pasiënt.

Wondgenesing

Stamselle kan ook gebruik word om die groei van menslike weefsel te stimuleer. In volwassenes word beseerde weefsel dikwels vervang deur litteken weefsel, wat gekenmerk word in die vel deur ongewone kollageen struktuur, verlies van haarfollikels en onreëlmatige vaskulêre struktuur. 'n Moontlike metode om weefselregenerasie in volwassenes te veroorsaak, is deur volwasse stamsel "saad" binne-in 'n weefselbed in 'n wond te plaas sodat die stamselle differensiasie in die weefselbed selle kan stimuleer. Hierdie metode ontlok 'n regeneratiewe reaksie wat meer ooreenstem met fetale wondgenesing as met volwasse litteken vorming.

Onvrugbaarheid

Menslike embrioniese stamselle word gestimuleer om Spermatosoon-agtige selle te vorm, maar dit is nog steeds effens beskadig of misvormd. Die potensiaal is daar dat dit asoöspermie kan behandel.

Teoreties kan stamselle uit die pasiënt geneem word en in die laboratorium aangehelp word tot 'n tandknoppie wat binne drie weke 'n nuwe tand sal word nadat dit in die tandvleis ingeplant is.

Embrioniese stamsel omstredenheid

Daar is wydverspreide omstredenheid oor die gebruik van menslike embrioniese stamselle. Hierdie omstredenheid fokus hoofsaaklik op die tegnieke wat gebruik word om nuwe embrioniese stamsel lyne af te lei, wat dikwels vereis dat die blastosist vernietig word. Teenkanting ten opsigte van gebruik van menslike embrioniese stamselle in navorsing is dikwels gebaseer op filosofiese, morele of godsdienstige besware. Daar is ander stamsel navorsing wat nie die vernietiging van 'n menslike embrio behels nie; sodanige navorsing behels volwasse stamselle, amniotiese stamselle en geïnduseerde pluripotente stamselle.

Verwysings

Tags:

Stamselterapie Mediese aanwendingeStamselterapie NavorsingStamselterapie Embrioniese stamsel omstredenheidStamselterapie VerwysingsStamselterapieSiekteStamsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KultuurNoord-KaapBlack SashShakaGriekwa-AfrikaansAkroniemStadTrigeminale neuralgieVersoeningsdagFamilie (verwantskap)IronieWikimedia-stigtingLewerLenteLondenApartheidBesoedelingLionel MessiOnderwysNederlandLongAppel (sanger)Tweede VryheidsoorlogBorsteElon MuskKinderregteMahatma GandhiAfrikaanse woordelys en spelreëlsBestaansboerderyLionel PetersonLeierskapVarkgriepWapen van NamibiëKernkragGroepsdrukJagluiperdKrokodilNierversakingAnale seksTopsy SmithRobert SobukweLys van Suid-Afrikaanse skrywersSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Waterbesparing in Suid-AfrikaSeekoeiKatVoorvoegselCarles PuigdemontRussiese inval in Oekraïne sedert 2022KunselementeHeuningbyIndustriële RevolusieKoos BekkerGoeie VrydagTekstielChatGPTMaagsweerIndiëJSEVolhoubaarheidViëtnamSweedsMenseregtePropagandaGroot TrekSuid-Afrikaanse GrensoorlogWeervoorspellingKolitisIoonSeisoenMieliestronkAngolese BurgeroorlogSpysverteringstelselAnneli van RooyenHidroëlektrisiteitDoelwit🡆 More