Wolgograd

Wolgograd (Russies: Волгогра́д), tot in 1925 Tsaritsin (Царицын), is 'n stad in Rusland wat in 1555 gestig is en in 1780 stadstatus ontvang het.

Dit is die hoofstad van die Wolgograd-oblast en het in 2018 'n bevolking van 1 013 533 gehad.

Wolgograd
Волгоград
Wolgograd

Ligging van die Wolgograd-oblast Wapen
Wolgograd
Wolgograd
Vlag
Wolgograd
 Land Vlag van Rusland Rusland
 Oblast Wolgograd Wolgograd
 Koördinate 48°42′N 44°31′O / 48.700°N 44.517°O / 48.700; 44.517
 Stigting 1555
 Stadstatus 1780
 Oppervlakte:  
 - Totaal 859,35 vk km
 Hoogte bo seevlak 80 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2018) 1 013 533
 - Bevolkingsdigtheid 1 200/vk km
 Tydsone UTC +3 (MSK)
 Burgemeester Aleksander Tsjoenakof
 Amptelike webwerf volgadmin.ru

Die stad lê op die westelike oewer van die Wolga en beslaan 'n oppervlakte van 859,4 vierkante kilometer (331,8 vk. myl). Wolgograd is die vyftiende grootste stad in Rusland, die tweede grootste stad in die Suidelike Federale Distrik, en die vierde grootste stad aan die Wolga. Tussen 1925 en 1961 het Wolgograd as Stalingrad (Сталинград) bekendgestaan.

Die stad is in 1589 as die vesting van Tsaritsin gestig. Teen die negentiende eeu het Tsaritsin 'n belangrike rivierhawe en kommersiële sentrum geword, wat daartoe gelei het dat sy bevolking vinnig uitgebrei het.

Vroeg in die Russiese Burgeroorlog, in November 1917, het Tsaritsin onder Sowjetbeheer gekom. Dit is kortliks deur die Wit Leër teen middel-1919 verower, maar het spoedig teruggekeer na Sowjetbeheer in Januarie 1920.

Op 10 April 1925 is die stad hernoem na Stalingrad ter ere van Joseph Stalin. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog, het die spilmoondhede die stad aangeval, wat gelei het tot die Slag van Stalingrad, een van die grootste en bloedigste gevegte in krygsgeskiedenis. Op 10 November 1961 het Nikita Chroesjtsjof se administrasie die naam van die stad na Volgograd verander. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie het die stad die administratiewe sentrum van die Wolgograd-oblast geword.

Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018.

Susterstede

Eksterne skakels

Tags:

HoofstadRuslandRussiesWolgograd-oblast

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

CSSAngssteuringLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierSkilpadWikipediaBaltimoreVaginale kankerSuid-Afrikaanse WeermagHomofoonSuid-KoreaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Liturgiese jaarErica BoyerTikTokTurksvySwedeKleinkolmuskeljaatkatMenslike penisgrootteNazi-DuitslandSwangerskapSamestellende afleidingGordelroosWeer (meteorologie)MensPenisAardverwarmingParysTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinEmfiseemSeksuele stimulasieRugbywêreldbeker 1987OrthopteraBrongitisWikimaniaNatuurbewaringKrampHartGewone tarentaalWerwelkolomLuiperdDiepaartromboseMamelukChristo WieseOrgasmeMarsOrale seksKunsJagluiperdTaalRenier van RooyenAntarktikaPeniskankerMaagFamilie (verwantskap)AasblomTegnologieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaDemi Lee MooreSwitserlandTandbederfBosluisSlukdermRam (sterreteken)PG du PlessisAnrich HerbstBeroerteBorsbeenLys van politieke partye in Suid-AfrikaGalblaasKinkhoesKankerIdioom🡆 More