Stacie Orrico

Stacie Orrico (gebore 3 Maart 1986) is 'n Amerikaanse sangeres, liedskrywer en aktrise.

Sy onderteken in 1998 op twaalfjarige ouderdom 'n platekontrak met ForeFront Records. Haar debuutalbum, Genuine, word in 2000 vrygestel en verkoop 13 000 eksemplare in die eerste week van vrystelling.

Stacie Orrico
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Stacie Joy Orrico
Geboorte 3 Maart 1986 (1986-03-03) (38 jaar oud)
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Aktrise
Aktiewe jare 1998–nou
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Na Genuine onderteken sy 'n platekontrak met Virgin Records. Haar album Stacie Orrico word in 2003 vrygestel. Hierdie album debuteer op die 59ste posisie op die Billboard 200-albumtrefferlys en word met meer as 500 000 verkope in die Verenigde State goud gesertifiseer. Totale wêreldwyse verkope van Genuine beloop 3,5 miljoen eksemplare. Die eerste enkelspeler vanaf hierdie album, "Stuk", bereik nr. 52 op die Billboard Hot 100-trefferlys, maar geniet groter internasionale sukses. Die tweede enkelspeler, "(There's Gotta Be) More to Life", bereik nr. 30 op die Billboard Hot 100-trefferlys.

Orrico maak haar debuut as aktrise in dieselfde jaar as die vrystelling van haar eponimiese album met haar verskyning in twee eposidoes van die televisiereeks American Dreams. Sy is ook bekend vir haar rol in die rolprent Robots (2005).

In 2005 kanselleer ForeFront Records haar platekontrak. Orrico se derde album, Beautiful Awakening, word in 2006 vrygestel. Die eerste enkelspeler vanaf hierdie album, "I'm Not Missing You", word in 2006 vrygestel. Die tweede enkelspeler, "So Simple", bereik geen trefferlyste in die VSA nie.

Diskografie

  • 2000: Genuine
  • 2003: Stacie Orrico
  • 2006: Beautiful Awakening

Filmografie

Rolprente

  • 2005: Robots

Televisiereekse

  • 2003: American Dreams

Video's

  • 2004: Stacie Orrico: Live in Tokyo

Eksterne skakels

Tags:

Stacie Orrico DiskografieStacie Orrico FilmografieStacie Orrico Eksterne skakelsStacie OrricoVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van veltoestandeBorsteTafelsoutGetalBywoordSpringbokkeHondWetenskaplike klassifikasieAppelMark (ekonomie)NierversakingKunsmatige algemene intelligensiePersentasieVormLieweheersbesieVarkLenteWapen van Suid-AfrikaGautengC. Louis LeipoldtBorsklierInstagramNeurenberg-verhoreSokkerKlimaatveranderingSwartbewussynsbewegingWinterSeksEkotoerismeKonsentrasiekampArmoedeverligtingRekenaarNic de JagerKappie (skryfteken)Seksuele opwekkingRooikatKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVolstruisSelfstandige naamwoordProteaZenobia KockHernubare energieTrekarbeidTienerBuck AngelAntoniemMetaalAanhalingstekensMiddelmisbruikNag van die lang messeLionel PetersonVerkragtingHipertensieIngrid JonkerMeerKATEkostelselPeter SnydersGeelslangMIVVryheidsdagNamakwalandIndustriële RevolusieSeevlakstygingKlaviersonate No. 18 in G majeur, D 894 (Schubert)Gianna MichaelsKompasToerismeBloedsomloopstelselWieg van die MensdomWaterpokkiesLys van nedersettings in Suid-AfrikaMobutu Sese SekoLidwoordPaddaSosiale media🡆 More