Stéphane Lissner

Stéphane Lissner (gebore op 23 Januarie 1953) is 'n Franse teaterdirekteur.

Hy is sedert Julie 2014 direkteur van die Paryse Opera.

Stéphane Lissner
Stéphane Lissner

Lewe

Lissner was in die 12de arrondissement van Parys gebore as die seun van 'n maatskappybestuurder. Lissner is 'n student van die Collège Stanislas de Paris en die lycée Henri-IV. Nadat hy van kollege gegradueer het, het hy in 1972 die "Théâtre mécanique" in 'n klein gebou in die 7de arrondissement van Parys gestig. Hy het tot 1975 aan die hoof daarvan gestaan. Hy het in 1977 sy loopbaan in die openbare teaterindustrie begin as Sekretaris-generaal van die Théâtre de la Commune van Aubervilliers, en daarna was hy vanaf 1978 tot 1983 mededirekteur van die Nouveau théâtre de Nice gewees.

Hy het daarna tussen 1984 en 1987 aan die hoof gestaan van die "Printemps du théâtre", en het in 1984 klasgegee by die Université Paris-Dauphine en was aangestel as Direkteur-generaal van die Théâtre du Châtelet in Parys in 1988, terwyl hy sedert 1983 'n lid is van die Raad van direkteure. Hy het tot 1997 in die posisie gebly terwyl hy van 1994 tot 1996 die algemene bestuur van die Orchestre de Paris oorgeneem het.

Die bestuur van die Aix-en-Provence-fees is in 1998 aan hom toevertrou. Hy het ook van 1998 tot Junie 2005 aan die hoof gestaan van die Théâtre des Bouffes du Nord met Peter Brook, en staan sedert 2002 saam met Frédéric Franck aan die hoof van die Théâtre de la Madeleine.Hy sou tot 2009 aan die hoof staan van die bestuur van die Aix-fees, maar moes dit in 2006 vaarwel roep ten einde op voltydse grondslag die posisies van Superintendent en Artistieke Direkteur van die Teatro alla Scala in Milaan op te neem waarnatoe hy in April 2005 aangestel was en heraangestel was in November 2009.

In Oktober 2012 was hy aangestel as Adjunk-direkteur van die Paris Opera. Hy was ook aangestel om die destydse direkteur, Nicolas Joel, aan die einde van sy termyn in die somer van 2015 op te volg. Nicolas Joël se termyneinde was egter vervroeg (1 Augustus 2014), en derhalwe was Lissner reeds op 9 Julie 2014 amptelik as die Direkteur van die Paris Opera aangestel.

Kontroversie

In Februarie 2015 was Lissner tydens 'n onderhoud op die program "Qui êtes-vous ?" van BFM Business aan 'n opera-vasvra deur 'n joernalis onderworpe gestel maar kon hy slegs 'n uittreksel van die vyf klassieke stukke wat gekies is (La Wally, La forza del destino, Carmen, Tosca (opera) en Madame Butterfly) herken, wat hom die bespotting van talle Internetgebruikers op die hals gehaal het.

In Mei 2018 het Lissner sy ondersteuning vir sy Direkteur van Dans, Aurélie Dupont uitgespreek, te midde van die bekendmaking deur die pers van 'n interne ondersoek wat gewys het op die wantroue van 'n meerderheid van dansers teenoor hul bestuur.

Pryse

Publikasies

Verwysings

Bibliografie

  • « Stéphane Lissner, directeur de la Scala : Entretien », Télérama, No 3151, 5 -11 Junie 2010, bl.20-24
Voorafgegaan deur
Jean-Albert Cartier
Direkteur van die Théâtre du Châtelet
1998-2006
Opgevolg deur
Jean-Pierre Brossmann
Voorafgegaan deur
Louis Erlo
Direkteur van die Aix-en-Provence-fees
1998-2006
Opgevolg deur
Bernard Foccroulle
Voorafgegaan deur
Nicolas Joel
Direkteur van die Paryse Opera
2014-2021
Opgevolg deur
'

Tags:

Stéphane Lissner LeweStéphane Lissner KontroversieStéphane Lissner PryseStéphane Lissner PublikasiesStéphane Lissner VerwysingsStéphane Lissner195323 JanuarieFrankryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DiepaartromboseVerenigde KoninkrykAfrikanerweerstandsbewegingLys van Afrikaanse rolprenteKarooVraag en aanbodJaco JacobsElon MuskJodeSaartjie BaartmanEuropaInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandOorstromingSeisoenLandbouHeks van HexrivierMonumentSeksuele opwekkingSeksPaasfeesVerantwoordelikheidEk is 'n Afrikaan (toespraak)VennootskapKaliumKoue OorlogMosambiekkanaalNeerslagLys van visseBruin menseBeeldspraakLangste woordAbsolute monargieMuishondReënspinnekopInstagramMiltVrystaatSwart nasionalismeOos-KaapPinksterInfeksieVlagterminologieGevolge van aardverwarming op oseaneTrappe van vergelykingPankreasKappie (skryfteken)MantisAsiëVakbondVaste stofKrygkorCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaPersoonlike voornaamwoordFiksieWet op NaturellengrondGautengVoëlVolhoubare ontwikkelingKolorektale kankerBank (finansiële instelling)Uitwerking van klimaatsveranderingNeurenberg-verhorePoesInternetIronieTaalPriemgetalLetterlike en figuurlike taalgebruikWerkloosheidJohannes MeintjesGroepsdrukGawes van die Heilige GeesLodewyk XVI van FrankrykOutismeMosambiekMarie AntoinetteEngeland🡆 More