Die groep bestaan uit Moskou du Toit (tromme, perkussie en sang), Chris von Wielligh (kitaar, klavier), Albert van der Merwe (baskitaar, sang, rymklets) en Danie du Toit (sang, kitaar, klavier). Van hulle treffers is Loerie, Lenie Blou, Bittermaan en Somerset-Wes. Spoegwolf het geskiedenis gemaak deur die eerste Afrikaanse musiekgroep te wees om die nommer een plek op die Apple Music treffersparade in Suid-Afrika te beklee.
Spoegwolf | |
---|---|
Oorsprong | Paarl, Suid-Afrika |
Genres | Rock |
Jare aktief | 2012 tot hede |
Webwerf | spoegwolf |
Lede | Moskou du Toit Chris von Wielligh Albert van der Merwe Danie du Toit |
Op hoërskool het Chris by hulle aangesluit op klawerbord, en in 2008 het hulle Die Burger se Jip Rockspaaider-kompetisie gewen.
Die eersteprys het 'n professionele opname in 'n ateljee behels deur Paris Recording Studios - hul eerste musiekvideo, en gigs moes sorg vir daaglikse uitgawes. In hulle tweede jaar het hy en Albert besluit om dié spelery meer professioneel aan te pak. Die musiekgroep het as Ysterkoei bekend gestaan tot en met 2012, toe Spoegwolf ontstaan het en die groep 'n sterker visie en beeld wou koppel aan die groep en die musiek wat hulle maak.
Hulle visie – en met Danie se nuutgevonde insigte te danke aan sy taal- en kultuurvakke verkry in die rekenaarlokaal waar hy saans na ete gaan werk het – was om ’n musiekgroep te skep vir mense wat lief is vir literatuur.
“Ons wou ’n Afrikaanse band wees wat dink.” Hy noem dan ook sy literêre en musiekinspirasie as onderskeidelik Ernest Hemingway, J.D. Salinger en Bruce Springsteen."
Buiten Spoegwolf het Danie en Chris studeer by die Universiteit Stellenbosch. Albert werk as 'n kopie-skrywer in Kaapstad en Moskou is 'n bekende sjef. Danie skryf die liedjies en die lirieke, Chris is meestal betrokke met die vervaardiging en opnames en die hele groep doen saam die musikale verwerkings.
Ten spyte van 'n druk program sedert die stigting van Spoegwolf, kon Danie en Moskou dit steeds regkry om hul restaurant, Drum, in Stellenbosch te bestuur. Die restaurant kon sy deure oopmaak danksy finansiële steun deur 'n familiemaatskappy. Moskou het in 2016 sy opleiding aan die Institute of Culinary Arts voltooi en Danie vul die bestuursrol van die besigheid.
Die groep besit 'n opname-ateljee waar hulle baie produksiewerk doen. 'n Groot deel van die opnames word by Sunset Recording Studios buite Stellenbosch, op 'n plaas genaamd Wechmarshof, gedoen. Hul eerste album, Swaartekrag en die ander opeenvolgende vier albums is almal by die ateljee op Wechmarshof opgeneem.
Die album is 'n ses-en-dertig minute lank van dertien afsonderlike snitte. Die album begin en eindig siklies met Danie wat in die natuur stap en in gedagte sing. Spesiale melding moet egter van die teerheid van Somerset-Wes gemaak word. Hulle eerste enkelsnit heet Lenie Blou en is 'n eerlike liefdesverklaring. Die liedjie Toerie Toerie Dai, bestaand bloot uit instrumente en 'n geneurie. Alhoewel Kort Donner redelik dramaties op die oog af klink, is die lirieke en ondertoon op ’n manier komies. Sambreeltjie en Kogelbaai het beide mondfluitjie en klavierbegeleiding.
Vir die album Somer, het Huisgenoot die groep gevra om 'n liedjie te skryf, op pad na die afspraak om te gesels oor die moontlike lirieke van die liedjie, het Danie du Toit begin om dit in sy kop te verwoord. Die liedjie, Glenda, is gebasseer op Glenda Kemp wat in die 1970’s bekendheid verwerf het toe sy naak met haar luislang, Oupa, gedans het.
Spoegwolf stel in Februarie 2019 hul vierde vollengte ateljeealbum onder die naam Koma vry. Koma word die eerste Afrikaanstalige musiekalbum om die 1ste posisie op die Apple Music-albumtrefferlys te bekleë. Dit is 'n konsep album wat handel oor trauma en hoe om dit te verwerk. Omdat daar meer tyd aan repitisies afgestaan is vir hierdie album, het Koma 'n sterker rock element wat na vore kom.
This article uses material from the Wiki Afrikaans article Spoegwolf, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
#Wikipedia® is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.