Spinasie

Spinasie, soos gebruik in Afrikaans, kan na verskillende blaargewasse verwys.

  • "Gewone" of "egte" spinasie, oftewel spinacia oleracea, is die gewas wat in verskeie dele van die wêreld as "spinasie" bekend staan. Die blare is dun en kleiner as byvoorbeeld dié van spinasiebeet (sien hieronder).
  • Snybeet, ook genoem spinasiebeet of blaarbeet (beta vulgaris subsp. vulgaris var. vulgaris of cicla) is baie nou verwant aan beet en het herkenbare dik, geribde blare aan stele wat uit die grond groei. Ook die blare van gewone beet kan soos snybeet voorberei word. Dit is veral in Suid-Afrika, maar ook in Australië, dat "spinasie" ook na hierdie plant verwys.
  • Tropiese spinasie (verskeie variëteite in die genus Amaranthus ). 'n Volksnaam vir een van die Amaranthus-variëteite is hanekam, wat, saam met 'n ander variëteit, ook as "morogo" bekend is ("morogo" is die Sotho-/Tswanawoord vir "groente" en verwys eintlik na verskillende donkergroen blaargewasse). Sommige tale verwys ook na morogo as "Afrika-spinasie". Die Afrikaanse naam "hanekam" word egter ook gebruik vir 'n verskeidenheid sierplante wat nie noodwendig eetbaar is nie.
Spinasie
Spinasie
Spinasie plant met blomme
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Caryophyllales
Familie: Amaranthaceae
Genus: Spinacia
Spesie:
S. oleracea
Binomiale naam
Spinacia oleracea

Spinasiebeet

Spinasiebeet (Beta vulgaris subsp. vulgaris var. vulgaris, soms ook Beta vulgaris subsp. vulgaris var. cicla), is 'n blaarryke groen groente wat in verskeie kulture se kookkuns gebruik word. Die blare kan groen of rooierig gekleur wees; spinasiebeet se stingels wissel ook in kleur. Spinasie word gekweek om hoogs voedsame blare te hê en word beskou as een van die gesondste groentes beskikbaar, dit maak dit 'n gewilde toevoeging tot 'n gesonde dieet (soos ander groen blaargroentes). Spinasie bestaan al vir eeue lank, maar as gevolg van sy ooreenkoms met beet is dit moeilik om die presiese ontwikkeling van die verskillende variëteite van spinasie en beet te bepaal.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

16 AprilSeringboomNasionalismeBobby van JaarsveldSpringbokkeAuschwitz-konsentrasiekampHondSaartjie BaartmanPlastiekKontrasGoogleVoorvoegselMonumentRamsar-vleilande in Suid-AfrikaOrganiese landbouEskomMantisNamibiëEugenetikaLodewyk XVI van FrankrykDiskriminasieHernubare energieDeelteken en umlautOnderwysJapanneesDolfynMuskietVeeNatriumLiewe HeksieViëtnamoorlogJapanBevolkingsafnameGeslagsgelykheidPersoonlikheidEjakulasieLimfvatstelselRob HersovReënspinnekopAlkoholismeKompasKoorsblaarSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024VerantwoordelikheidSteve BikoSinoniemSeeStam (taalkunde)SwangerskapBosluisBlourokkeChristendomFaktuurMaagKameelperdHindoeïsmeVoëlToerismeBlaarMorfologie (taalkunde)Midde-OosteSlangLeenwoordPaarl GimnasiumSeekatHartaanvalWeefselKongo-krisisPornografiese subgenresVaginaTemperatuurAfrikaanse WikipediaAluminiumBelastingAkroniem🡆 More