Spikkelbaars

Die Spikkelbaars (Micropterus punctulatus) is 'n varswatervis wat natuurlik in Noord-Amerika voorkom.

In Suid-Afrika word hulle in riviere van die Wes- en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Zimbabwe gevind. Die vis is in 1939 in Suid-Afrika losgelaat en in 1945 in Zimbabwe. In Engels staan die vis bekend as die Spotted bass.

Spikkelbaars
Spikkelbaars
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
M. punctulatus
Binomiale naam
Micropterus punctulatus
(Rafinesque, 1819)

Voorkoms

Die vis is donker olyfkleurig aan die bokant met gelerige sye. Daar is ook donker olyf, diamantvormige bane op die sye wat 'n band vorm. Die vis is ligter aan die onderkant met kolle en word tot 600 mm lank. Die sylyn is volledig. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 2,04 kg en die wêreldrekord is 4,19 kg.

Habitat

Die vis verkies effens troebel water in stadigvloeiende riviere en damme. Hulle is roofvisse en vreet insekte, krappe, paddas en ander visse. Die mannetjie maak 'n nes in vlak water en die vis broei in die vroeë somer. Die mannetjie pas die eiers en larwes op.

Hierdie spesie blyk die spesie te wees wat sukkel om in Suider-Afrika aan te pas.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Tags:

Spikkelbaars VoorkomsSpikkelbaars HabitatSpikkelbaars Sien ookSpikkelbaars BronSpikkelbaars Eksterne skakelSpikkelbaars

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MenseregteVlag van AfghanistanJapanHennie MaasBloutongsiekteCSSTweede WêreldoorlogNAVODoopDie Stem van Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSeksposisieVerenigde State van AmerikaBloemfonteinGordelroosBaltimoreSelfieLibiëLewerLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierAntjie KrogSendelingposisieTandbederfOrthopteraAustraliëErica BoyerBarionGeorgiëSpookvoëlJan BloukaasSemenCRugbyAasblomMarita NapierPtolemeusSuid-KoreaOoiIndustriële RevolusieKalenderNarsistiese persoonlikheidsteuringSean CombsDieregeluideGNU-lisensie vir vrye dokumentasieTurksvyBloedsomloopstelselRooiwaterMusiekKriekEkonomieRolprentJerusalemBorsbeenPG du PlessisHeupBernice WestDie BylDikdermInternetOpgestopte speelgoedSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Martin BesterGoeie VrydagOu Apostoliese KerkPolitieke partyIdioomGemengde ekonomieAnilingusHondsdolheid🡆 More