Woordeboek

'n Woordeboek is 'n naslaanboek waarin die betekenis van die woorde van 'n sekere taal, of 'n sekere aspek van 'n taal, weergegee word.

Woordeboek
'n Latynse woordeboek.
Woordeboek
Fragment van 'n Nederlands-Poolse woordeboek.

Soorte woordeboeke

Daar kan tussen verskillende soorte woordeboeke onderskei word:

Tweetalige woordeboek

Die tweetalige woordeboek of vertalende woordeboek is die oudste soort woordeboek. Hierdie woordeboeke het ten doel om die betekenis van woorde van 'n vreemde taal in 'n taal weer te gee wat die raadpleger verstaan. Reeds in die middeleeue het daar al vele woordeboeke bestaan wat min of meer soos woordelyste opgestel is en ten doel gehad het om mense Latyn te leer. Sedert die einde van die middeleeue het daar ook woordeboeke vir moderne vreemde tale soos Frans en Hoogduits verskyn. Daar is gewoonlik twee dele in sulke woordeboeke: een deel vir die vertaling vanuit die vreemde taal en een deel vir vertaling in die vreemde taal. Gelykmatig

Verklarende woordeboek

Die verklarende woordeboek is tans ongetwyfeld die mees geraadpleegde woordeboeksoort. Hierin word 'n groot aantal woorde van die moedertaal van die samesteller aangetref, en die betekenis van elke woord word in dieselfde taal omskryf. Die bekendste Afrikaanse verklarende woordeboek is die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.

Veldgespesialiseerde woordeboek

Woordeboek 
Woordeboeke in die biblioteek van die Accademia della Crusca te Florence, een van die oudste taalkundige verenigings ter wêreld

Die veldgespesialiseerde woordeboek of vakwoordeboek gee nie die woordeskat van 'n taal weer nie, maar slegs die vaktaal van 'n bepaalde groep mense, gewoonlik mense wat dieselfde vak beoefen. Daar bestaan beide verklarende woordeboeke en vertalende woordeboeke in hierdie kategorie.

Etimologiese woordeboek

Die etimologiese woordeboek verduidelik die etimologie of herkoms van woorde.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Woordeboek Soorte woordeboekeWoordeboek Eksterne skakelsWoordeboekBoekTaalWoord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Desimale breukeBevolkingArmoedeverligtingThabo MbekiSpreeuBraaiLys van visseKommunismeMartin Luther King jr.McDonald'sWaarheid-en-versoeningskommissieLandbouDepressie (gemoedstoestand)PesachSkilpadVerlede tydRudi ClaaseNatuurrampDie ontstaan van die dramaVakbondEmosieSwangerskapVoortrekkersKrugerwildtuinAkuutVulkaanVolhoubare ontwikkelingBorskankerSirkusBruin menseHamburgerReg tot ‘n gesonde omgewingAppel (sanger)MusieksimboleKangogrotteWeer (meteorologie)PolisieNaaldekokerInentingTafelbergGeslagsgelykheidTuberkuloseMeningsverskil oor aardverwarmingStrykysterDeelwoordVolhoubaarheidUnited Democratic FrontDemi Lee MooreVerkleinwoordKewerMisdaadromanMagsverheffingMenslike skeletDeelteken en umlautElandréKorrupsieWolfLabia (geslagsdele)GeldInfeksieIslamitiese StaatIntensiewe vormVeeartsLien se lankstaanskoeneSuid-Afrikaanse GrensoorlogGrondsoorteJansenvilleLongontstekingAgtervoegselAfrikaanse woordelys en spelreëlsWeervoorspellingIndustriële RevolusiePriemgetalKoolhidraatSelfieRusland🡆 More