Hierdie bladsy is vir voorstelle vir bladsy- en beeldverwydering en bespreking daarvan.
Artikels word vir 'n periode van twee weke hier gedebatteer. Die konsensus van die gemeenskap word op die 15de dag uitgevoer. Indien geen konsensus bereik is nie, word die artikels gehou. Sien asseblief die Afrikaanse verwyderingsbeleid of die Engelse riglyne vir probleme wat nie verwydering verg nie en hoe om hulle op te los.
|
Die proses van nominasie is nie 'n geval van "die meerderheid wen" nie. Dit is teoreties gesproke moontlik dat die meerderheid gebruikers stem om 'n artikel te behou, terwyl dit moontlik 'n voorbeeld van oorspronklike navorsing is. In so 'n geval geniet die beleid voorkeur bo die gebruikers.
Daar word egter altyd gepoog om konsensus te bereik deur die probleme van die betrokke artikel of beeld te bespreek. Dit is ook belangrik om te noem indien 'n artikel of beeld nie 'n spesifieke beleid in ag neem nie. Sodoende kan persone wat teen die nominasie gekant is die gemelde probleme hersien en poog om dit op te klaar, indien moontlik. Persone wat teen nominasies gekant is of die nominasies ondersteun, moet ook hulle teenkantings/ondersteunings met duidelik bewoorde redes voorsien.
Gebruikers is welkom om die volgende sjablone te gebruik:
Sperdatum: |
---|
xx xxxx 20xx |
En administrateurs by uitvoering:
Indien u nie saamstem met die verwydering van 'n artikel nie kan u die saak hier bespreek. Maak egter seker dat u vertroud is met die redes waarom die artikel verwyder is en dat u die teendeel kan bewys. Dit is raadsaam om dan ook 'n skakel te plaas van die oorspronklik debat by Wikipedia:Bladsyverwydering/Verwyder, sodat ander gebruikers die oorspronklike redes vir nominasie en enige gesprek daaromtrent kan hersien.
Artikels kwalifiseer vir spoedige verwyder onder enige van die volgende redes:
'n Artikel wat vir spoedige verwydering kwalifiseer, hoef nie hier vir verwydering genomineer te word nie. Plaas eenvoudig {{Skrap|rede}} bo-aan 'n betrokke artikel om dit vir spoedige verwydering te lys. 'n Gebruiker met skrapregte sal dit nagaan en indien hierdie gebruiker bepaal dat die artikel nie vir spoedige verwydering kwalifiseer nie, sal hy/sy die {{skrap}}-sjabloon van die bladsy verwyder en jou waarskynlik vra om dit hier vir verwydering te nomineer, sou jy steeds voel dat die artikel verwyder moet word. Jy kan ook in kennis gestel word van veranderinge tot enige bladsy deur dit by jou dophoulys te voeg: klik op die vyfpuntige ster tussen die knoppies "Wys geskiedenis" en "Meer" bo-aan die betrokke bladsy.
Administrateurs moet daarop let dat 'n bespreking oor die verwydering dalk ook op die betrokke artikel se besprekingsblad geplaas is.
Al die bronne is in 'n ander taal en feite kan nie geverifieer word nie. Ensiklopediese waarde is betwyfelbaar, bestaan nie in Engels nie en het duidelik sterk bemarking eienskappe. Voorgestel in Geselshoekie op 24 Januarie 2024. Dit lyk of LG7854 besig was... Thermofan (kontak) 11:46, 16 Februarie 2024 (UTC)
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Wiki:Bladsyverwydering, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.