Voegwoord: Woordsoort wat twee woorde, sinne, frases of klousules verbind

'n Voegwoord, of konjunksie, is 'n woord wat gebruik word om sinne saam te voeg.

Voorbeeld

As voorbeeld, kyk na die volgende twee sinne:

    Tania is siek.
    Sy het skool toe gekom.

'n Voegwoord is nodig om die twee sinne as een sin te skryf. Byvoorbeeld:

    Tania is siek, maar sy het skool toe gekom.

Betekenis

Voegwoorde lyk gewoonlik kort en onbeduidend, maar het 'n groot invloed op die betekenis van die sin. Vergelyk byvoorbeeld die volgende drie sinne:

    Hy nog sy hou van Hans.
    Ek en hy hou van Hans.
    Ek of hy hou van Hans.

Afrikaanse voegwoorde

Die Afrikaanse voegwoorde is:

  • en
  • of
  • asof
  • maar, dag
  • nog
  • dus, derhalwe
  • daarom
  • (deur)dat
  • terwyl
  • omdat, aangesien, want, daar
  • sodat
  • sedert
  • nadat
  • voordat
  • totdat
  • toe
  • sodra
  • as, soos
  • as... dan
  • sonder dat
  • behalwe
  • hoewel, ofskoon
  • mits
  • tensy


Indeling volgens funksie

Voegwoorde kan volgens hulle funksie as volg ingedeel word:

  • Tydigheid (terwyl, nadat en voordat)
  • Redegewend (omdat, want).
  • Beperkend (behalwe)
  • Vergelykend (soos, asof)
  • Disjunktief (of)
  • Toegewend (hoewel, ofskoon)
  • Voorwaardelik (as, indien, mits, tensy)

Gebruik van die komma

'n Komma word meestal voor 'n voegwoord wat twee sinne verbind geplaas. Die uitsondering is 'dat' en 'en'. As die voegwoord 'of' in 'n neweskikkende hoedanigheid gebruik word, verval die komma in verreweg die meeste gevalle ook.

Kyk ook

Tags:

Voegwoord VoorbeeldVoegwoord BetekenisVoegwoord Afrikaanse voegwoordeVoegwoord Indeling volgens funksieVoegwoord Gebruik van die kommaVoegwoord Kyk ookVoegwoordWoord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Groot TrekWolkFiela se kind (rolprent)Jeanette FerreiraKlimaat1990GeelhoutBank (finansiële instelling)KriekBywoordMaroela MediaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaJuraSoutsuurInflasieSeksGipsMosambiekkanaalPoësieToringLuiperdKlankSoweto-opstandBeurtkragNierversakingVaginale kankerSonkragLieweheersbesieWillie JoubertGautengTandbederfOmgewingsbeheerMondProstaatkankerMetafoorKankerTrappe van vergelykingLionel PetersonKunsmatige algemene intelligensieMangelontstekingSamestellende afleidingHector PietersonVierkantswortelSebraSwaelHartDemokratiese AlliansieHartseerVarkHernubare energieVerstedelikingLys van Afrikaanse rolprenteRooibokOu Apostoliese KerkAustraliëInstagramRosa ParksNamibiëTatoeëermerkLys van veltoestandeRugbyRasionale getalGriepBurgerregteBeleggingDermpoliepMensGewasboerdery in Suid-AfrikaFabelRegeringLAntisemitismeAfrikaanse taalleerKlimaatsverandering in AfrikaMantisInvloed van vigs op die ekonomieGreen Porno🡆 More