Veelrassige Pornografie

Veelrassige pornografie is ’n pornografiese genre wat seks uitbeeld tussen mense van verskillende rasse.

Dit kan enige etniese groepe insluit, soos wit mense, swart mense, Asiërs of Latyns-Amerikaners. Veelrassige seks word veral aangetref in Noord-Amerika, waar ’n wit en swart persoon gewoonlik betrek word. Rassestereotipes is meestal aan die orde van die dag.

Veelrassige Pornografie
Die pornosterre Jeskaya en Sebastian Barrio.

Behind the Green Door (1972) was een van die eerste pornografieprente wat tonele tussen ’n wit vrou (Marilyn Chambers) en swart man (Johnnie Keyes) ingesluit het. Veelrassige pornografie het intussen een van die gewildste genres in pornografie geword. Daar is deesdae verskeie webtuiste wat uitsluitlik op veelrassige seks konsentreer.

Dispuut in die VSA-pornobedryf

In Amerika is daar ’n algemene oortuiging dat wit aktrises in die verlede gewaarsku is om swart mans te vermy, beide op stel en in hul persoonlike lewe. ’n Moontlike rede kan wees dat daar geglo is ’n veelrassige toneel kan die loopbaan van ’n wit pornoster ruïneer, maar kenners meen daar is geen getuienis om dié mening te ondersteun nie.

Sommige kommentators wys ook daarop dat die gebrek aan rasseskeiding en "nonsens oor 'aantrekking' en 'voorkeur'" in die Europese pornobedryf daartoe gelei het dat baie Europese aktrises in veelrassige prente verskyn het. Die akteur Lexington Steele het in 2013 in ’n onderhoud met die tydskrif Root gesê wit aktrises wat in veelrassige pornografie verskyn, kan hul loopbaan wegsteek as gevolg van sosiale druk deur hul naastes terwyl hulle meen "Dis net ’n element van die Amerikaanse kultuur wat nog bestaan, en dit is die gevoel dat ’n wit vrou onteer, of dalk besmet, sal word as hulle ’n toneel met ’n swart man doen".

Aurora Snow het in 2013 in ’n artikel opgemerk die grootste rede wat wit aktrises keer om veelrassige tonele te doen, is "loopbaan-angs" wat deur agente veroorsaak word, eerder as hul eie rassevooroordeel. Die akteur Tee Reel, wat een van die min swart agente in die Amerikaanse pornobedryf is, het gesê: "Sommige vroue wat gesê het hulle doen nie veelrassige seks nie; ek het inderwaarheid met hulle seks gehad, weg van die kameras."

Kritiek van geleerdes

In hoofstuk 3 van haar boek Porn Studies ondersoek Linda Williams, ’n professor aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, die rolprent Crossing the Color Line met Sean Michaels, ’n swart akteur, en Christi Lake, ’n wit aktrise. In die onderhouddeel van die prent sê Michaels en Lake hoe "kleurblindheid" ’n positiewe benadering tot veelrassige porno is. Williams identifiseer ’n weerspreking tussen hierdie onderhoude en die daaropvolgende tonele, waarin albei akteurs verskeie kere verwys na die verskil in velkleur tussen hulle. Lake verwys byvoorbeeld na Michaels se geslagsorgaan as ’n "big black dick". Williams meen die uitwysing van rasseverskille word die hooffokus vir die kykers gemaak, en dit lê klem op die eksotiese sy van rasseverskille. Sy meen die seksuele spanning in veelrassige pornografie dateer terug in die Amerikaanse geskiedenis na slawerny.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Veelrassige Pornografie Dispuut in die VSA-pornobedryfVeelrassige Pornografie Kritiek van geleerdesVeelrassige Pornografie VerwysingsVeelrassige Pornografie Eksterne skakelsVeelrassige PornografieAsiëGenreLatyns-AmerikaNoord-AmerikaPornografieSeksSwart menseWit mense

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Slag van BloedrivierMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaGianna MichaelsFredi NestLongMakazole MapimpiAswoensdagGoogle MapsKinkhoesStaat PalestinaWhitey BassonN.P. van Wyk LouwBrasiliëAarde se atmosfeerBywoordEkonomieTrappe van vergelykingCobus RossouwXhosaHerpes simplexMarita NapierPenisverlengingRooikatHartISBNPlae van EgipteAardbewingLionel MessiLys van politieke partye in Suid-AfrikaGeurmiddelSuider-AfrikaAnale seksSwedeVerenigde State van AmerikaSarah Rose KarrRenteAkuutKewerLiewe HeksieKinderregteOssewaTrigeminale neuralgieWit-DonderdagNierversakingDulcie van den BerghVaginaJeuksiekteLys van Griekse mitologiese figureEikelSmaakBorsklierKasteroliePolitieke partyLys van Joodse feeste en herdenkingsAppel (sanger)Liturgiese jaarDonker materieArabiesSeksuele opwekkingLys van lande volgens bevolkingPapegaaieDemokrasieSelfieAgter Elke ManDerrickBosluisPieter Biewenga🡆 More