Vanguard-Klas Duikboot: Britse klas duikbote

Die Vanguard-klas duikboot is 'n klas kernaangedrewe duikbote van die Britse Vloot wat interkontinentale ballistiese missiele dra.

Hierdie klas is ontwikkel ter ondersteuning van die Trident-kernmissielprojek.

Vanguard-Klas Duikboot: Britse klas duikbote
HMS Vanguard te Faslane, 2010

Veertien jaar na die aanvang van Trident is die eerste duikboot, die HMS Vanguard, in diens gestel. Nog drie duikbote het gevolg: HMS Victorius, HMS Vigilant en HMS Vengeance. Hulle dra die Trident D5-missiele aanboord.

Hierdie klas is tweemaal so groot soos die Resolution-klas wat hulle vervang het. Die 16-buismissielstelsel is gebaseer op die 24-buisstelsel van die Amerikaanse Ohio-klas Trident duikbote.

Die duikbote word in hul geheel in Groot-Brittanje vervaardig. 'n Spesiale fasiliteit is gebou by die Devonshire Dock Hall waarin die duikbote vervaardig word. Skepe in dié klas benodig slegs 'n bemanning van 132 teenoor die 149 van 'n Polaris-duikboot. Dit is die gevolg van outomatisering in die nuwe duikbote. Die kernaandrywingstelsel sowel as die wapenstelsel is ook verbeter.

Tegniese besonderhede

Vanguard-Klas Duikboot: Britse klas duikbote 
HMS Victorious in die Clyde-strandmeer, 2003
Besonderhede van die Vanguard-klas duikboot:
Item Statistiek
Verplasing (oppervlak) 15 130 metrieke ton
Verplasing (onderwater) 16 000 metrieke ton
Lengte 149,9 m
Breedte 12,8 m
Aandrywing Rolls-Royce, PWR-2, 20 507 kW reaktor
Spoed (oppervlak) 20 knope
Spoed (onderwater) 25 knope
Bemanning 132 persone
Wapens 4 x 533 mm torpedobuise

18 Spearhead torpedos
Trident D5-Wapenstelsel

Duikbote in die klas

Naam Duikboot Wimpelnommer Skeepsbouer Kiel gelê Te water gelaat In diens gestel Status
HMS Vanguard 1 S28 Vickers Shipbuilding and Engineering,
Barrow-in-Furness.
3 September 1986 4 Maart 1992 14 Augustus 1993 In diens
HMS Victorious 2 S29 3 Desember 1987 29 September 1993 7 Januarie 1995 In diens
HMS Vigilant 3 S30 16 Februarie 1991 14 Oktober 1995 2 November 1996 In diens
HMS Vengeance 4 S31 1 Februarie 1993 19 September 1998 27 November 1999 In diens

Bron

  • The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2

Tags:

Britse VlootDuikboteMissiele

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Morfologie (taalkunde)Wapen van Suid-AfrikaHorlosieBlaarWeerfrontNederlandsImmunologieVrystaatAfro-AmerikanersOopbroninhoudSeksismeKartografieRassismePankreasMosambiekkanaalReg tot ‘n gesonde omgewingHemelvaartsdagHartseerPriemfaktorAlliterasieKankerLionel MessiKimberleyFranse RewolusieLuiperdNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyDoelwitSinoniemFinale OplossingSpreeuPuberteitDomkragAanpassingskapasiteitAfvalbestuurGriepNoord-KaapSteenkoolAfrikanerweerstandsbewegingTydHartaanvalGrondEnkelvoudige sinVergelykings (taalkunde)HondMeervoudKlinkerMadison IvyKommunismeDubbelpuntPerdebyeWithaaiDemografie van Suid-AfrikaOogproblemeBosvarkAbstraksie (rekenaarwetenskap)Racheltjie de BeerLys van Nederlandse skildersLys van Griekse mitologiese figureSelfoonJan van RiebeeckDuitse maselsGautengJodePornografiese subgenresNederlandMenslike skeletBeaufortskaalEugenetikaBank (finansiële instelling)LewerKoorsVars waterSlawernyPizzaKlimaatverandering🡆 More