Universiteit Van Die Vrystaat

Universiteit van die Vrystaat (UV) is 'n universiteit wat in Bloemfontein, die hoofstad van die Vrystaat, Suid-Afrika, geleë is.

Studente verwys na hulself as "kovsies".

Universiteit van die Vrystaat

Motto:In Veritate Sapientiae Lux
Motto in Afrikaans:In waarheid is die lig van wysheid
Gestig:1904
Tipe:Openbare universiteit
Kanselier:Prof Bonang Mohale
Rektor:Francis Petersen
Studente:27 600
Ligging:Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika
29°06′16″S 26°10′31″O / 29.10444°S 26.17528°O / -29.10444; 26.17528 26°10′31″O / 29.10444°S 26.17528°O / -29.10444; 26.17528
Voormalige name:Grey-universiteitskollege
Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat
Universiteit van die Oranje-Vrystaat
Kleure:          Rooi en blou
Bynaam:Kovsies
Webtuiste:http://www.ufs.ac.za/
Universiteit Van Die Vrystaat
Hoofgebou van die Universiteit van die Vrystaat met standbeeld van pres. M.T. Steyn voor die ingang

Die Universiteit se kampus word soms as 'n akademiese dorp beskryf, omrede alle lesingsale, laboratoria, kantore, koshuise, sport- en studentefasiliteite, en 'n opleidingshospitaal binne loopafstand in 'n veilige kampus geleë is. Die kampus is op sy beurt naby Bloemfontein se stadskern geleë.

Die universiteit is in 2010 deur Webometrics as die 9de beste universiteit in Suid-Afrika, en as die 2095ste beste ter wêreld aangewys.

Die Johannes Stegman Kunsgalery is op die kampus geleë.

Geskiedenis

Universiteit Van Die Vrystaat 
Oprah Winfrey het die Universiteit op 24 Junie 2011 besoek

Die universiteit het oor die jare verskeie name gehad:

  • 1904 Grey-kollege, aanvaar vir die eerste keer matrikulante vir 'n B.A.-kursus in 1904.
  • 1906 Grey-universiteitskollege, in 1906 van die Grey-kollege afgeskei.
  • 1940's Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat.
  • 1950 Universiteit van die Oranje-Vrystaat.
  • 2001 Universiteit van die Vrystaat.

Fakulteite

Die instansie bied studierigtings in die volgende akademiese afdelings aan:

  • Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
  • Geesteswetenskappe
  • Gesondheidswetenskappe
  • Natuur- en Landbouwetenskappe
  • Opvoedkunde
  • Regsgeleerdheid
  • Teologie

Omstredenheid

Die Reitz-vier

In 2007 het vier studente (RC Malherbe, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en Danie Grobler) swart werkers van die universiteit "verneder" deur hulle aan 'n ontgroeningseremonie by die Reitz-koshuis te laat deelneem. 'n Video is van die gebeure geskiet en is later oor die internet versprei. Die video het opslae in Suid-Afrika en internasionaal gemaak. Hulle is later op 'n klag van crimen injuria skuldig bevind en is elk 'n boete van R20 000 opgelê.

Nadat appèl aangeteken is, is hulle vonnisse drasties verminder. Die regter het erken dat die landdros by die eerste vonnisoplegging wesentlike mistastings rakende die aard en die erns van die misdaad gemaak het.

Verwydering van 'God' uit leuse

Die senaat en universiteitsraad het laat 2010/begin 2011 besluit om die universiteit se leuse In Deo Sapientiae Lux (In God is die lig van wysheid) na In Veritate Sapientiae Lux (In waarheid is die lig van wysheid) te verander. Die verwydering van die woord 'God' is sterk gekritiseer.

Verbonde

As hoogleraar

  • Dirk du Toit (1943–2009), politikus

As student

Eredoktoraat

  • Hendrik Pieter Nicolaas Muller (1859–1941), koopman, wêreldreisiger, etnograaf, publisis, diplomaat en filantroop
  • Karel Schoeman (1939–), skrywer
  • Oprah Winfrey (1954–), geselsprogram aanbieder

Noemenswaardige alumni

Enkele van die noemenswaardige alumni wat die instansie opgelewer het:

Sportlui

Rugby

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Universiteit Van Die Vrystaat GeskiedenisUniversiteit Van Die Vrystaat FakulteiteUniversiteit Van Die Vrystaat OmstredenheidUniversiteit Van Die Vrystaat VerbondeUniversiteit Van Die Vrystaat Noemenswaardige alumniUniversiteit Van Die Vrystaat Sien ookUniversiteit Van Die Vrystaat VerwysingsUniversiteit Van Die Vrystaat Eksterne skakelsUniversiteit Van Die VrystaatBloemfonteinSuid-AfrikaVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoortrekkersHaasCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKlimaatVersamelnaamCorioliskragTandbederfLys van Kaapstad se voorstedeHolocaustChemiese verbindingBiologieSuid-Afrikaanse randAkuutGesonde dieetSeekoeiAarde se atmosfeerGeelsugCristiano RonaldoGrondbewerkingParkinson se siekteNaaldekokerKasterolie23 AprilSwangerskapKwame NkrumahStaatstoelaeSuiwelprodukHoofpynGroepsgebiedewetGrondwet van Suid-AfrikaVaginaKunsmisItaliëAfkorting7de LaanIndustriële RevolusiePersentasieArmoedeSirkelVerkleurmannetjieRob HersovSonnestelselSimon PetrusWaarheid-en-versoeningskommissieBeurtkragAkademiaSuid-AfrikaGlasOrgasmeTrekarbeidMadison IvySpysverteringstelselKwaZulu-NatalEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaBoomPoesViëtnamCovid-19-pandemieTsoenamiOmgewingsbeheerKultuurNG gemeente JansenvilleRuslandTweede Nuwe JaarRassisme in AfrikaVoornaamwoordOlimpiese SpeleMaselsGenitale vratIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieGriekwa-AfrikaansKlimaatsverandering in Suid-AfrikaNiemetaalOssewaLys van myne in Suid-Afrika🡆 More