Die Suid-Afrikaanse Lugmag is die lugkomponent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en van sy voorganger die Suid-Afrikaanse Weermag.
Die lugmag staan amptelik bekend as die South African Airforce (SAAF) met sy hoofkwartier in Pretoria. Die Suid-Afrikaanse Lugmag is op 1 Februarie 1920 gestig.
Suid-Afrikaanse Lugmag | |
---|---|
Kenteken van die Suid-Afrikaanse Lugmag met die Latynse leuse Per aspera ad astra | |
Gestig | 1 Februarie 1920 |
Land | Suid-Afrika |
Onderdeel van | Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag |
Tipe | Lugmag |
Spesialisasie | Lugoppergesag, Lugverdediging |
Aantal lede | 10 815 aktiewe personeel 831 reserwe personeel |
Uitrusting | 229 vliegtuie |
Veldslae | Tweede Wêreldoorlog Korea-oorlog Suid-Afrikaanse Grensoorlog Namibiese Onafhanklikheidsoorlog |
Die lugmag het in die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse oorlog diens gedoen. Vanaf 1966 was die lugmag betrokke by die verskaffing van infanterie-ondersteuning in 'n oorlog met 'n lae intensiteit ("die Grensoorlog") in Angola, Suidwes-Afrika (Namibië) en Rhodesië. Namate die oorlog gevorder het, het die intensiteit van lugoperasies toegeneem totdat die lugmag in die laat tagtigerjare verplig was om vegvliegtuie teen Angolese vliegtuie in te span om taktiese meerderwaardigheid in die lug te handhaaf. Na afloop van die Grensoorlog in 1990 is die getalle van die vliegtuie drasties verminder as gevolg van finansiële druk en die staking van vyandelikhede met buurstate.
Die SALM het deesdae 'n beperkte luggevegsvermoë en is gestruktureer vir vredesbewaring, ramphulp en maritieme patrollie. Gedurende die apartheidsera was dit bekend onder die Afrikaanse naam Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM), 'n afkorting wat nie meer algemeen gebruik word nie. Die Suid-Afrikaanse Lugmag se Latynse leuse is Per aspera ad astra ("deur ontberings na die sterre").
Lugvaart | Oorsprong | Rol | Aantal gebruik | Notas |
---|---|---|---|---|
Saab Gripen C en D | Multirolvegter | 26 | ||
British Aerospace Hawk Mk.120 | / | Opleiding / Ligte aanval | 24 | |
Pilatus PC-7 Mk.II | Opleiding | 60 | ||
Atlas Oryx MK.I & MK.II | Vervoerhelikopter | 38 | ||
Denel Rooivalk Mk.I | Aanvalshelikopter | 11 | ||
MBB/Kawasaki BK 117 | / | Nutshelikopter | 3-6 | |
Agusta A109 LUH | Nutshelikopter | 29 | ||
Westland Super Lynx Mk.300 | Maritieme helikopter | 4 | ||
Lockheed C-130BZ Hercules | Vervoer | 9 | ||
Douglas C-47TP Dakota | Maritieme patrollie / vervoer / vroeë waarskuwing | 10 | ||
Cessna 208B | Nuts / waarneming | 11 | ||
Beechcraft Super King Air 200/300 | Vervoer | 4 | ||
Pilatus PC-12 | Vervoer | 1 | ||
CASA C-212-200 & 300 Aviocar | Vervoer | 3 | ||
Boeing 737 | Presidensiële vervoer | 1 | ||
Dassault Falcon 900 | BBP-vervoer | 1 | ||
Dassault Falcon 50 | BBP-vervoer | 2 | ||
Cessna 550 Citation | BBP-vervoer | 2 |
Wiki Commons bevat media in verband met Suid-Afrikaanse Lugmag. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Suid-Afrikaanse Lugmag, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.