Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Vlug wat in 1987 in die Indiese Oseaan neergestort het

Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 was 'n kommersiële vlug wat 'n noodlottige brand aan boord die kajuit beleef het en op 28 November 1987 in die Indiese Oseaan, naby die eiland Mauritius, neergestort het.

Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer
Die Boeing 747 Helderberg van Vlug 295
Datum: 28 November 1987
Oorsaak: Brand in die kajuit
Plek van ramp: Indiese Oseaan, naby Mauritius
Sterftes: 159
Vliegtuigtipe: Boeing 747 Combi
Vliegtuig-stertnommer: ZS SAS
Oorsprong: Taoyuan Internasionale Lughawe, Taiwan
Halte 1: Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe, Mauritius
Bestemming: Jan Smuts Internasionale Lughawe
Passasiers: 140
Bemanning: 19
Oorlewendes: Geen

Vlug 295, 'n Suid-Afrikaanse Lugdiens-Boeing 747-makrostraler (B-747-244B Combi) met registrasienommer ZS-SAS en wat "Helderberg" geheet het, het opgestyg vanaf die Taoyuan Internasionale Lughawe in Taiwan op pad na Johannesburg via Mauritius. Daar was 140 passasiers en 19 bemanningslede aan boord: geen oorlewendes is gevind nie.

Die Margo-ondersoek

Die ondersoek is deur regter Cecil Margo gelei. Volgens die amptelike verslag, het 'n brand aan boord die kajuit (hoofbagasiedek) ontstaan terwyl die vliegtuig oor die Indiese Oseaan gevlieg het, wat eindelik tot die ongeluk gelei het. Die rede vir die ongeluk word nie gespesifiseer nie, maar twee moontlikhede word bespreek: eerstens kon die brand se rook daartoe lei dat die bemanning nie meer in staat was om die vliegtuig te beheer nie, en tweedens dat die brand die struktuur van die vliegtuig sodanig verswak het, dat die stertdeel afgebreek en die vliegtuig in die see neergestort het.

Die vliegtuigvervaardiger was gekant teen enige scenario-verduideliking waar die rede vir die ongeluk was dat die vliegtuig in twee gebreek het. Gevolglik het die finale verslag slegs die twee bogenoemde redes vir die ongeluk verskaf.

Die ondersoekspan het egter vasgestel dat die hoofoorsaak van die ramp weens onvoldoende brandopsporing- en -beheermeganismes was.

Die ongeluk het lugvaartowerhede wêreldwyd daarop bedag gemaak dat regulasies vir die klas-B bagasieruim verouder was en nie aangepas is vir die groter bagasieruim nie. Die oorsprong van die brand is nie vasgestel nie, maar voldoende bewyse is gevind wat daarop dui dat die brand 'n taamlike ruk geduur het en dat dit moontlik struktuurskade veroorsaak het.

Omstrede gevolg

Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer 
Die gedenksteen vir die oorledenes in die Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295-ongeluk naby die Taiwan Taoyuan Internasionale Lughawe.

Ten spyte van die amptelike verslag se bevindinge, is daar bespiegel dat hierdie ramp plaasgevind het omdat die vliegtuig 'n gevaarlike vrag vervoer het wat met die regering se wapenprogram verbind was. Niemand kon ooit enige bewyse hiervoor verskaf nie en daar word aanvaar dat dit slegs bespiegelinge is.

Daar is verdere gerugte dat daar 'n opname bestaan (klaarblyklik van die Helderberg) waar die kaptein die bemanning inlig dat die vliegtuig plofbare materiaal vervoer. Die kaptein het glo geweier om te vlieg, maar is met onmiddellike ontslag gedreig. Hierdie opname kon egter nooit in die hof te voorskyn gebring word nie en slegs 'n transkripsie bestaan hiervan wat deur deskundiges, wat betrokke by die ondersoek was, as onreëlmatig en vervals verklaar is.

Die Vrye Weekblad bevind hierdie "inligting" as 'n wolhaarstorie wat weens 'n foutiewe beriggewing van die Weekly Mail ontstaan het. Dit was nie die Helderberg-Boeing wat gevaarlike stowwe vervoer het nie, maar 'n gelyknamige vragskip wat vanuit Rotterdam na Durban op pad was.

Departement van vervoer

Die gevolg van die gerugte wat die rondte gedoen het, was dat die Suid-Afrikaanse Departement van Vervoer 'n hersiening van die ondersoek moes doen. In 2002 is bekend gemaak dat geen nuwe bewyse wat die heropening van die ondersoek regverdig, gevind kon word nie.

Gevolglik is die bevindinge soos in die ondersoek deur regter Margo, nl. dat 'n onbeheerde brand in die kajuit ontstaan het en dat dit nie betyds opgespoor of beheer kon word nie en gelei het tot die ongeluk, die amptelike standpunt.

Passasiers

Nasionaliteit Passasiers Bemanningslede Totaal
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Australië 2 0 2
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Denemarke 1 0 1
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Wes-Duitsland 1 0 1
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Hongkong 2 0 2
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Japan 47 0 47
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Suid-Korea 1 0 1
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Mauritius 2 0 2
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Nederland 1 0 1
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Suid-Afrika 52 19 71
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Republiek China 30 0 30
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295: Die Margo-ondersoek, Omstrede gevolg, Departement van vervoer  Verenigde Koninkryk 1 0 1
Totaal 140 19 159

Eksterne skakels

ConspiricyTheories

Sien ook

Verwysings

Bibliografie

  • Margo, Cecil: Reminiscences of a crowded life - final postponement. Johannesburg: Jonathan Ball-uitgewers,1998. ISBN 1-86842-071-X

Tags:

Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 Die Margo-ondersoekSuid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 Omstrede gevolgSuid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 Departement van vervoerSuid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 PassasiersSuid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 Eksterne skakelsSuid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 Sien ookSuid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 VerwysingsSuid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 BibliografieSuid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295198728 NovemberIndiese OseaanMauritius

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerkragtingBlourokkeWikiMagnesiumPsigopatieGalblaasMetafoorErosietipesSonsteekFisioterapieBloedsomloopstelselHemelBesemHeelgetalLewerInternetWerkersdagMosesAlice MunroChemiese verbindingKunstenaarGrondwet van Suid-AfrikaBTWTydGriepAfrikaanse Protestantse KerkKoekie (rekenaarwetenskap)GroepsgebiedewetIngrid JonkerTatoeëermerkFilosofieTweede VryheidsoorlogKoggelmanderLys van konings van IsraelGroot vyfLys van lande volgens bevolkingWindkragAntoniemSeksuele penetrasieAfrikaanse TaalmonumentNederlandsBrandmondsindroomProteïenTennisVulkaanRutenium(III)chloriedMiskruierGeestesteuringRefentse MorakeHamerkopWindSeksuele stimulasieWortelBestaansboerderyPols-oksimeterTasché BurgerCSSTsoenamiAngssteuringFiksieHoërskool OuteniquaPeach van PletzenOrkney Snork NieLourensrivierTelwoordWieg van die MensdomGetalBosluisbytkoorsDaggaAfrikaanse woordelys en spelreëlsAfrikanersWilna SnymanMusiekteaterSoogdierGautengWinter🡆 More