Sakurajima

Sakurajima (Japannees: 桜島, letterlik Kersiebloeiseleiland) is 'n aktiewe stratovulkaan, voorheen 'n eiland en nou 'n skiereiland, in Kagoshima-prefektuur in Kyushu, Japan.

Die lawastrome van die uitbarsting in 1914 het dit met die Osumi-skiereiland verbind. Dit is die aktiefste vulkaan in Japan.

Sakurajima
Die uitsig op Sakurajima van die vasteland in Kagoshima, 2009. Die uitsig op Sakurajima van die vasteland in Kagoshima, 2009.
Ligging Kagoshima-prefektuur, Japan
Hoogte 1 117 meter bo seevlak
Koördinate 31°34′50″N 130°39′29″O / 31.58056°N 130.65806°O / 31.58056; 130.65806 130°39′29″O / 31.58056°N 130.65806°O / 31.58056; 130.65806
Bergtipe Somma-stratovulkaan
Laaste uitbarsting 1955 tot 2021 (tans)
Ligging van Sakurajima op 'n kaart (Japan)
Sakurajima
Sakurajima
Ligging in Japan.

In April 2021 het die vulkaan steeds uitgebars en as op die omgewing laat neerstort. Vroeëre uitbarsings het die witsandhooglande in die streek geskep. Op 13 September 2016 het 'n span kenners van die Universiteit van Bristol en die Sakurajima-vulkaannavorsingsentrum in Japan gesê die vulkaan kan binne 30 jaar 'n groot uitbarsting hê; twee uitbarstings het sedertdien voorgekom.

Sakurajima is 'n stratovulkaan. Dit het drie pieke: Kita-dake (noord), Naka-dake (sentraal) en Minami-dake (suid), wat nou aktief is.

Kita-dake is Sakurajima se hoogste piek; dit styg tot 1 117 m bo die seevlak. Die voormalige eiland is deel van die stad Kagoshima. Die oppervlakte van die huidige skiereiland is sowat 77 km2.

Uitbarstings

Voor 1955

Die uitbarsting van 1914 het op 11 Januarie begin nadat die vulkaan langer as 'n eeu rustend was. Dit was die kragtigste in die 20ste-eeuse Japan.

Feitlik al die bewoners het die eiland in die vorige dae verlaat nadat verskeie groot aardbewings 'n vulkaanuitbarsting voorspel het. Dit was aanvanklik baie ontploffend en het groot rookkolomme en piroklastiese strome veroorsaak, maar op 13 Januarie het die lawa begin vloei, wat baie seldsaam in Japan is.

Sakurajima 
'n Foto wat op 10 Januarie 2013 uit die Internasionale Ruimtestasie geneem is van Sakurajima en sy omgewing. Regs onder in die middel is die landengte wat die voormalige eiland met die vasteland verbind.

Die lawa het maande lank bly vloei. Die eiland het groter geword, van die eilande om hom oorstroom en die nou seestraat tussen die eiland en die vasteland gevul. Eindelik is die eiland met 'n nou landengte aan die vasteland verbind.

Van 1955 tot nou

In 1955 het Sakurajima se aktiwiteit weer prominent geword en die vulkaan bars sedertdien feitlik onophoudelik uit. Elke jaar is daar 'n paar duisend klein uitbarstings wat as tot 'n paar kilometer bo die berg opskiet.

Die vulkaan is in 'n dig bewoonde gebied geleë, met die stad Kagoshima met sy 680 000 inwoners net 'n paar kilometer van die vulkaan af. As gevolg daarvan is Sakurajima as 'n Dekadevulkaan aangewys. Ontruimingsoefeninge word gereeld gehou.

In 2011 en 2012 was daar verskeie aansienlike uitbarstings; vulkaniese aktiwiteite het tot in 2013 aangehou.

Op 18 Augustus 2013 het die Showa-kater uitgebars en sy hoogste aspluim sedert 2006 geskep, tot 5 000 m hoog. Dit het duisternis en aansienlike asstortings op die sentrale deel van die stad Kagoshima veroorsaak. Dit was die 500ste uitbarsting van die jaar.

Ná waarskuwings dat 'n groot uitbarsting ophande is, het dit eindelik op 5 Februarie 2016 gebeur. Op 4 April 2016 het dit gestop en het die Showa-krater weer uitgebars, agt tot nege dae voor groot aardbewings naby Kumamoto, Japan. Drie maande later, op 26 Julie, het dit vulkaanas tot 5 000 m die lug ingeskiet.

Op 3 Oktober 2020 het die vulkaan weer uitgebars, dié keer van die Aira-kaldera. Die askolom het tot 3 000 m die lug in gestrek en het 'n moontlike gevaar vir lugverkeer ingehou.

Verwysings

Skakels

  • Sakurajima  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Sakurajima UitbarstingsSakurajima VerwysingsSakurajima SkakelsSakurajimaJapanJapanneesKagoshima-prefektuurKyushuLawaStratovulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Uitwerking van klimaatsveranderingStikstofNaaldekokerGrootste rampe in Suid-AfrikaTranspirasieJan de WetNazi-DuitslandTweede Nuwe JaarRieldansKondensasieKoggelmanderNederduitsch Hervormde KerkInflasieSiya KolisiTuisbladLys van konings van IsraelLewerHennie MaasWinterGoogle TranslateGawes van die Heilige GeesInfeksieTelwoordJames AlexanderReënWêreld- Ekonomiese ForumSpringbokkeDroogteSkoenlapperMisdaadromanCarles PuigdemontJoseph LynchApartheidMikro-ekonomieLys van Afrikaanse televisiereekseMelaatsheidPornografiese subgenresGeskiedenis van AfrikaansGlasCorioliskragSelfoonEnsiklopedieLikkewaanDeelstate van die Verenigde State van AmerikaBloedsomloopstelselJan van HunksGNU/FDL-lisensieMaroela MediaNag van die lang messeReg tot ‘n gesonde omgewingNedersettingJode in Suid-AfrikaRuan PienaarKomplementêre kleure7de LaanErfenisLys van bekende Suid-AfrikanersGoudRekenaarDirekte en Indirekte redeBeenbreuke en ontwrigtingsFranklin D. RooseveltHamerkopVars waterMierleeuGlobaliseringVaginale kankerNamakwalandVolstruisKlereKoperBalletNasionale VrouedagJagluiperdKankerSwitserland🡆 More