Polinesië

Polinesië (afgelei van Grieks: πολύς polys vir baie en νῆσος nêsos vir eiland, letterlik: baie eilande) is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê tussen die Amerikas in die ooste, Asië in die noordweste en Australië in die suidweste.

Polinesië beslaan 'n oppervlakte van 50 miljoen km² en het 'n bevolking van sowat tien miljoen. Polinesië lê in die Polinesiese Driehoek met die drie hoekpunte Hawaii in die noorde, Paaseiland in die ooste en Nieu-Seeland in die weste. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië.

Polinesië
Polinesië se geografiese omvang
Polinesië
Ligging van Polinesië
Polinesië
Kaart van Polinesië
Polinesië
Die Polinesiese Driehoek met Hawaii, Rapa Nui (Paaseiland) en Nieu-Seeland as hoekpunte
Polinesië
Migrasie van die Polinesiese volke vanaf Taiwan tot die Polinesiese Driehoek
Polinesië
Lande en gebiede van Polinesië:

   Onafhanklike lande

   Afhanklike gebiede

Die streek bevat vier onafhanklike eilandnasies: Nieu-Seeland, Samoa, Tonga en Tuvalu. Nieu-Seeland is volgens beide oppervlakte en bevolking die grootste land in Polinesië en beslaan sowat 90% van Polinesië se landoppervlakte. Die grootste eilande van Polinesië is Nieu-Seeland se twee hoofeilande Noordeiland en Suideiland, asook Hawaii, die hoofeiland van die gelyknamige Amerikaanse deelstaat.

Die term Polinesië (in Frans: Polynésie) is in 1832 vir die eerste keer deur Jules Dumont d'Urville gebruik om in etniese en geografiese opsig na 'n eilandgroep te verwys wie se inwoners, volgens hom, van dié van Melanesië en Mikronesië verskil. Die onderskeiding is later as foutief bewys, aangesien al drie gebiede deur inheemse Austronesiese volke bewoon word wat Austronesiese tale besig. Die subgroep wat in Polinesië gepraat word, word Polinesiese tale genoem.

Ligging Vlag Land Hoofstad Oppervlakte (km²) Bevolking
Polinesië Polinesië Amerikaans-Samoa
(Verenigde State)
Pago Pago 199 65 628
Polinesië Baker-eiland
(Verenigde State)
1,64
Polinesië Polinesië Cookeilande
(Nieu-Seeland)
Avarua 240 19 569
Polinesië Polinesië Frans-Polinesië
(Frankryk)
Papeete 4 167 259 706
Polinesië Polinesië Hawaii
(Verenigde State)
Honolulu 16 649 1 360 301
Polinesië Howland-eiland
(Verenigde State)
1,84
Polinesië Jarvis-eiland
(Verenigde State)
4,5
Polinesië Johnston-atol
(Verenigde State)
2,67
Polinesië Kingman-rif
(Verenigde State)
60
Polinesië Polinesië Midway-atol
(Verenigde State)
6,23
Polinesië Polinesië Nieu-Seeland Wellington 268 680 4 383 000
Polinesië Polinesië Niue
(Nieu-Seeland)
Alofi 260 1 398
Polinesië Polinesië Paaseiland
(Chili)
Hanga Roa 163,6 4 888
Polinesië Polinesië Palmyra-atol
(Verenigde State)
3,9
Polinesië Polinesië Pitcairneilande
(Verenigde Koninkryk)
Adamstown 47 50
Polinesië Polinesië Samoa Apia 2 831 179 000
Polinesië Polinesië Tokelau
(Nieu-Seeland)
10 1 416
Polinesië Polinesië Tonga Nukuʻalofa 748 104 000
Polinesië Polinesië Tuvalu Funafuti 26 12 373
Polinesië Polinesië Wallis en Futuna
(Frankryk)
Matāʻutu 274 13 445

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Kirch, Patrick Vinton (2001). On the Road of the Winds: An Archaeological History of the Pacific Islands Before European Contact. University of California Press. ISBN 978-0-520-92896-1.
  • (en) Lal, Brij V.; Fortune, Kate (2000). The Pacific Islands: An Encyclopedia. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-2265-1.

Eksterne skakels

Gebiede van die Wêreld

Polinesië 

Afrika

Noord (Midde-Ooste)  · Suid van die Sahara (Sentraal · Suider · Wes · Oos)

Polinesië 

Amerikas

Noord · Sentraal · Karibiese Gebied) · Suid · Latyns

Polinesië 

Asië

Sentraal · Oos · Noord-Asië (Verre-Ooste) · Suid (Indiese subkontinent) · Suidoos · Suidwes (Midde-Ooste)  · Wes

Polinesië 

Europa

Sentraal · Noord · Suid · Wes · Oos

Polinesië 

Oseanië

Australasië (Australië · Seeland) · Melanesië · Mikronesië · Polinesië

Polinesië 

Poolgebiede

Noordpoolgebied · Antarktika

Polinesië 

Oseane

Arktiese · Atlantiese · Indiese · Stille · Suidelike

Polinesië 

Seë

Oorsig van Seë

Sien ook Kontinente van die wêreld

Tags:

Polinesië Sien ookPolinesië VerwysingsPolinesië Verdere leesstofPolinesië Eksterne skakelsPolinesiëAmerikasArgipelAsiëAustralië (kontinent)GrieksHawaiiMelanesiëMikronesiëNieu-SeelandOseaniëPaaseilandPolinesiese DriehoekStille Oseaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SkildklierMartin BesterKanadese nasionale krieketspanSelfstandige naamwoordAppelblaarJudaïsmeSteve BikoMarkus JoosteApostoliese GeloofsendingAmalia UysAfrikaansBateKlein vyf diereVoorsetselSamestellingOrale seksAsiëE-regeringAngkor WatWaterpokkiesNederlandKruisigingMenseregteNoord-KaapDoziKunsMarsVleesbaaiAfghanistanVoedingSolidariteitBorsteKalenderDuitse perdebyFilosofieSkoonma-se-tongRenteSkoenlapperApartheidEuropese RugbykampioenskapLys van politieke partye in Suid-AfrikaMielieWikiquoteAnale seksNasiebouChristenePersWikiPsigopatieAasblomVergelykings (taalkunde)Verenigde KoninkrykRykie van ReenenMenslike penisgrootteKlem-in-die-kaakWynsteenRina HugoOlifantTurksvyBoomVerenigde State van AmerikaSelfieBloeddrukChristendomCOnderwys in Suid-AfrikaRugbySuid-Afrikaanse WeermagVoornaamwoordSemen🡆 More