Pakistan

Pakistan (Oerdoe: پاكستان, Pākistān), amptelik die Islamitiese Republiek Pakistan (Engels: Islamic Republic of Pakistan; Oerdoe: اِسلامی جمہوریہ پاکِستان‬, Islāmī Jumhūriyah Pākistān), is 'n staat in Suid-Asië.

Dit word in die weste begrens deur Iran en Afghanistan, in die noorde deur die Volksrepubliek China en in die ooste deur Indië. In die suide grens die land aan die Arabiese See van die Indiese Oseaan. In die noordooste word Pakistan deur die Himalaja met bergpieke soos Broad Peak, Gasherbrum I, Gasherbrum II, K2 en Nanga Parbat begrens. Pakistan se geografie word gekenmerk deur die Indusvallei.

Islamitiese Republiek Pakistan
Islamic Republic of Pakistan (Engels)
اسلامی جمہوریۂ پاكستان
Islāmī Jumhūriyah Pākistān (Oerdoe)
Vlag van Pakistan Embleem van Pakistan
Vlag Embleem
Nasionale leuse: ایمان، اتحاد، نظم
Īmān, Ittiḥād, Naẓm
(Oerdoe vir: "Geloof, Eenheid, Dissipline")
Volkslied: قومی ترانہ Qaumī Tarānah
(Oerdoe vir: "Volkslied")
Ligging van Pakistan
Hoofstad Islamabad

33°40′N 73°10′O / 33.667°N 73.167°O / 33.667; 73.167

Grootste stad Karatsji

24°51′N 67°01′O / 24.850°N 67.017°O / 24.850; 67.017

Amptelike tale Engels en Oerdoe
Regering Federale parlementêre
grondwetlike republiek
Asif Ali Zardari
Shehbaz Sharif
Onafhanklikheid
Vorming
• Opvatting van Pakistan
• Pakistan-verklaring
• Pakistan-resolusie
• Onafhanklikheid
en Dominium
• Islamitiese Republiek
• Ontbinding van Oos-
en Wes-Pakistan
• Huidige grondwet


29 Desember 1930
28 Januarie 1933
23 Maart 1940

14 Augustus 1947
23 Maart 1956

16 Desember 1971
14 Augustus 1973
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
881 913 km2  (33ste)
340 509 myl2
2,86
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2023-sensus
 - Digtheid
 
226 992 332 (5de)
241 499 431
273,8 / km2 (56ste)
709,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$1,568 miljard (24ste)
$6 774 (138ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$340 636 miljard (46ste)
$1 471 (161ste)

MOI (2021) Pakistan 0,544 (161ste)  –  medium
Gini (2018) 29,6 –  medium
Geldeenheid Roepee (Rs) (PKR)
Tydsone
 - Somertyd
PK (UTC+05:00)
net soms toegepas (UTC+06:00)
Internet-TLD .pk
Skakelkode +92
Pakistan
Nasa-Satellietbeeld van Pakistan
Pakistan
Kaart van Pakistan

Pakistan beslaan 'n oppervlakte van 881 913 km² en het 'n bevolking van 241 499 431 in 2023 gehad. Die hoofstad is sedert 1960 Islamabad en die grootste stad is Karatsji. Ander groot stede sluit in Faisalabad, Gujranwala, Hyderabad, Lahore, Multan, Pesjawar, Quetta en Rawalpindi. Die amptelike tale is Engels en Oerdoe (ook nasionale taal), terwyl ander tale soos Beloetsji, Kasjmiri, Pandjabi, Pasjtoe, Persies en Sindhi net plaaslike erkenning geniet. Belangrike etniese groepe sluit in Beloetsje, Bengale, Muhajirs, Punjabi's, Pasjtoene, Saraiki's en Sindhi's.

Pakistan het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits-Indië en met die Verdeling van Indië het dit saam met Bangladesj van sy buurland Indië geskei. In 1971 het die destydse Oos-Pakistan met Indiese ondersteuning die Bengaalse Onafhanklikheidsoorlog teen Pakistan begin en op 26 Maart 1971 sy onafhanklikheid van Pakistan verklaar. Met die grondwet van 14 Augustus 1973 het dié land 'n federale parlementêre grondwetlike republiek geword. Pakistan is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof. Sedert die Verdeling van Indië veg Pakistan teen Indië en die Volksrepubliek China oor beheer van die voormalige prinsstaat Kasjmir, wat tot dusver tot vyf oorloë oor die verdeelde gebied gelei het.

Die naam Pakistan beteken "Land van die suiwer" in Persies en Oerdoe. Dit is ook afgelei van die gebiede in die voormalige Brits-Indië: Punjab, North-West Frontier Province (Afghania Province), Kasjmir, Sindh en Baluchistan. Die letter i is toegevoeg om die spelling te verbeter en die korrekte naam in Persies en Oerdoe te kry. Die agtervoegsel ـستان (-stān) is 'n Persiese woord en beteken "die plek van" en herinner ook aan die sinoniem (en verwante) Sanskrit-woord sthāna स्थान. Pakistan beteken dus "land van die Pakistane".

Sport

Pakistan 
Die Pakistanse aanvangskolwer Yasir Hameed speel teen Australië op Lord’s in Engeland

Die meeste en gewildste sportsoorte wat in Pakistan beoefen word, het hul oorsprong in die Verenigde Koninkryk en tydens die bestaan van Brits-Indië op die Indiese subkontinent gevestig.

Veldhokkie word as Pakistan se nasionale sport beskou en die Pakistanse nasionale hokkiespan kon tot dusver drie goue medaljes op Olimpiese Somerspele wen: in 1960, 1968 en 1984. Daarbenewens het Pakistan die veldhokkiewêreldbeker tot dusver vier keer gewen (in 1971, 1978, 1982 en 1994), meer as enige ander land.

Krieket is Pakistan se gewildste sport. Die Pakistanse nasionale krieketspan het die Asiatiese Beker twee keer (in 2000 en 2012), die Asiatiese Toetskampioenskap 1999, die Austral-Asiatiese kampioenskap drie keer (in 1986, 1990 en 1994) en die Krieketwêreldbeker 1992 gewen, asook tydens die Krieketwêreldbeker 1999 as naaswenner geëindig. Pakistan het ook twee keer as naaswenner van die T20I-wêreldbeker geëindig (in 2007 in Suid-Afrika en in 2022 in Australië) en kon die T20I-wêreldbeker 2009 in Engeland wen. In 2017 het Pakistan vir die eerste keer die Kampioenetrofee ingepalm. In Maart 2009 het militante die Sri Lankaanse nasionale krieketspan tydens hul toer deur Pakistan aangeval met die gevolg dat tot Mei 2015 geen internasionale krieketwedstryde in Pakistan gespeel is nie. Eweneens is Pakistan van sy rol as medegasheer vir die Krieketwêreldbeker 2011 ontneem.

Pakistan was gasheer of medegasheer van verskeie internasionale sportgeleenthede: die Suid-Asiatiese Spele in 1989 en 2004; die muurbalwêreldbekertoernooie in 1984, 1993, 1996 en 2003; die krieketwêreldbekertoernooie in 1987 en 1996, asook die veldhokkiewêreldbeker in 1990. Die Kampioenetrofee 2025 sal ook in Pakistan aangebied word.

Verwysings

Bronnelys

    Algemeen

Eksterne skakels

Tags:

Pakistan SportPakistan VerwysingsPakistan BronnelysPakistan Eksterne skakelsPakistanAfghanistanArabiese SeeBroad PeakEngelsGasherbrum IGasherbrum IIHimalajaIndiese OseaanIndiëIndusIranK2Nanga ParbatOerdoeSuid-AsiëVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AkademiaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Vars waterVierkantswortelWet op NaturellengrondJeanette FerreiraGemeenskapsorganisasieFinansiële staatMetafoorBeurtkragDemografie van Suid-AfrikaVerstedelikingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereOnomatopeePoësieWaterpokkiesRosa ParksOlimpiese SomerspelePersoonlike voornaamwoordWêreldwye webSonkragSkoenlapperSirkelYouTubeMediese diagnoseEreksieSwartkwasmuishondPretoriaKaapstadUKhahlamba-DrakensbergparkStilleweLionel MessiItaliëAbstraksie (rekenaarwetenskap)GrondbesoedelingBlaarYsterHolocaustTaalMIVChemiese elementVerantwoordelikheidSeekoeiDepressie (gemoedstoestand)KoedoeLongontstekingWhatsAppOligopolieBybelIngenieursweseMadison IvyResensieMuishondBurgerregteHoenderKalenderGroot TrekIronieSwart nasionalismeErosieKinderregteGewone breukeSeegolfWêreld- Ekonomiese ForumAlliterasieCleopatra VIIGawes van die Heilige GeesSwaweldioksiedHartaanvalKimberleyLenteFacebookE-posMaagsweerVryheidsmanifes🡆 More