Olga Tokarczuk: Poolse sielkundige en skryfster

Olga Nawoja Tokarczuk (* 29 Januarie 1962 in Sulechów naby Zielona Góra, Pole) is 'n Poolse sielkundige en skryfster.

Olga Tokarczuk
Olga Tokarczuk: Poolse sielkundige en skryfster
Olga Tokarczuk in 2018
Gebore
Olga Nawoja Tokarczuk

29 Januarie 1962
NasionaliteitVlag van Pole Pole
BeroepRomanskrywer, sielkundige
Bekend virPrawiek i inne czasy,
Dom dzienny, dom nocny,
Gra na wielu bębenkach,
Bieguni,
Księgi Jakubowe
Handtekening
Olga Tokarczuk: Poolse sielkundige en skryfster

Olga Tokarczuk is een van die meesgelese moderne skrywers van die Poolse literatuur beskou. Haar werk het aanklank gevind by sowel kritici asook die leserspubliek en is in die meeste wêreldtale vertaal. Haar romandebuut Podróż ludzi Księgi («Die Reis van die Boekmense»), wat in 1993 verskyn het, is deur die Vereniging van Poolse Uitgewerye as die beste prosadebuut van 1992/93 aangewys. In 2019 is die Nobelprys vir Letterkunde van 2018 aan haar toegeken.

Naas romans het ook kortverhale, essays, reisverhale en liriek uit haar pen gekom. In haar werke, wat nie maklik volgens enige spesifieke genre gekategoriseer kan word nie, verbind Tokarczuk dikwels fantastiese met historiese elemente.

Politieke aktivisme

Naas haar skryfwerk het Olga Tokarczuk besluit dat haar rol ook in politieke aktivisme moet wees. Sy neem aktief aan die politieke diskoers in haar geboorteland deel en is 'n kampvegter vir die regte van vroue en seksuele minderhede.

Verfilmings

Olga Tokarczuk se roman Prowadź swój pług przez kości umarłych («Trek jou ploeg deur die gebeentes van die dooies»), wat in 2009 gepubliseer is, is deur die Poolse regisseur Agnieszka Holland onder die titel Pokot («Die spoor») verfilm. Die misdaadrolprent, wat oor omgewingsbewaring, dierebeskerming en feminisme handel en dit met 'n mistiese en geheimsinnige handeling verbind, is tydens die Berlynse filmfees Berlinale in Februarie 2017 vertoon en met die Alfred-Bauer-prys bekroon. Die film is daarnaas in dieselfde jaar genomineer vir die Academy Award (Oscar) vir die Beste Buitelandse Rolprent.

Eksterne skakels

    Biografieë

    Persartikels

    Onderhoude

Tags:

196229 JanuariePole

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Onderwerp (taalkunde)The CranberriesKinderregteLionel MessiGewone breukeOrgasmeSeevlakstygingBysteekMuskietLys van veltoestandeWoordeboek van die Afrikaanse TaalSharpeville-slagtingAardeUKhahlamba-DrakensbergparkGevolge van aardverwarming op oseane7de LaanSimboolMuskeljaatkatBrandmondsindroomAardverwarmingHeuningbyApokriewe boekeWes-KaapFiksieMassaHerpes simplexMikro-ekonomieSwartkwasmuishondNapoleon BonaparteTierGemeenskapsorganisasieKasterolieFilistyneEk is 'n Afrikaan (toespraak)IngenieursweseMeeueMIVProvinsies van Suid-AfrikaDurbanD.J. OppermanRepubliek die KongoSwawelVrymesselaryMosambiekkanaalRymHefboomLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMusieksimboleSwaweldioksiedIdioomAdolf HitlerDrakensbergeEreksieUitwerking van klimaatsveranderingLidwoordFotosinteseAsemhalingGreen PornoGeboorteWetenskaplike klassifikasieRenaissanceWillie JoubertKaliumMetafoorJakkalsVrouMusiekAssonansieNatuurrampMasturbasieJan van TonderArmoedeSublimasieHartSwangerskapSkildklier🡆 More