Narsistiese Persoonlikheidsteuring: Persoonlikheidsteuring

Narsistiese persoonlikheidsteuring (NPS) is ’n persoonlikheidsteuring waar ’n persoon ’n obsessie het oor hulle toereikendheid, mag, aansien en ydelheid, en nie in staat is om die vernietigende uitwerking daarvan op hulself en ander te sien nie.

Na raming ly sowat 1% van mense aan die geestesteuring. Die term is 1968 geskep; dit is voorheen megalomanie genoem.

Narsistiese persoonlikheidsteuring
Klassifikasie en eksterne bronne
Narsissus (1590's, Caravaggio, Galleria Nazionale d'Arte Antica, Rome).
'Narsissus (1590's, Caravaggio, Galleria Nazionale d'Arte Antica, Rome).
ICD-10 F60.8
ICD-9 301.81
MedlinePlus   000934
MeSH D010554
Narsistiese Persoonlikheidsteuring: Simptome, Verwysings, Sien ook Mediese waarskuwing

Simptome

Sommige mense wat met NPS gediagnoseer word, word gekenmerk deur oordrewe gevoelens van eiebelangrikheid. Hulle eien hulle dinge toe en toon ’n grootheidswaan in hul menings en gedrag. Hulle het ’n sterk behoefte aan bewondering, maar het ’n gebrek aan empatie.

Simptome wat in die DSM-IV genoem word, is:

  • Hulle verwag om as beter as ander en spesiaal beskou te word, sonder dat hulle gepaste eienskappe vir sulke beskouiings het.
  • Hulle verwag konstante aandag, bewondering en positiewe herbevestiging van ander.
  • Hulle beny ander en glo ander mense beny hulle.
  • Hulle is benepe met gedagtes en fantasieë van groot sukses, aantreklikheid, mag en intellek.
  • Hulle ontbreek die vermoë om empatie te hê met ander se gevoelens of begeertes.
  • Hulle houding en gedrag is arrogant.
  • Hulle het onrealistiese verwagtinge van spesiale behandeling.

Ander simptome wat nie in die DSM-IV genoem word nie, sluit in die misbruik van ander om te kry wat hulle wil hê, probleme om ’n gesonde verhouding met ander te hê, oordrywing van persoonlike prestasies, die stel van onrealistiese doele vir hulself, en hulle voel maklik seergemaak of verwerp en kom emosieloos voor.

Die simptome van die steuring kan ooreenstem met die karaktertrekke van iemand wat ’n hoë gevoel van eiewaarde en groot selfvertroue het; die verskil tree in wanneer die onderliggende psigologiese strukture van dié eienskappe as patologies beskou word. Narsiste het so ’n groot mate van selfwaarde dat hulle dink hulle is beter as ander mense, terwyl hulle eintlik ’n kwesbare selfbeeld het, nie kritiek kan hanteer nie en dikwels probeer opmaak vir hul innerlike kwesbaarheid deur ander te verkleineer en af te kraak. Kommentaar en kritiek op ander mense kan venynig wees in ’n poging om hul eiewaarde te bevestig.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie lys NPS in hul ICD-10 onder (F60.8) Ander spesifieke persoonlikheidsteurings.

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Narsistiese Persoonlikheidsteuring SimptomeNarsistiese Persoonlikheidsteuring VerwysingsNarsistiese Persoonlikheidsteuring Sien ookNarsistiese Persoonlikheidsteuring Eksterne skakelsNarsistiese PersoonlikheidsteuringGeestesteuringPersoonlikheidsteuring

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PuberteitOrgaanHondsdolheidEuropaJavaScriptPornografiese subgenresOnderhandelinge om apartheid te beëindigIdioomKoedoeUnited Democratic FrontSuid-Afrikaanse WeermagSpelerposisies in rugbyEnsiklopedieNarsistiese persoonlikheidsteuringVarkCSSOntkiemingAkkedisGeurmiddelMaagsweerHoërskool NoordheuwelInsekLys van elemente volgens simboolErica BoyerWayde van NiekerkAalwynOsoonlaagSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Helm (geboorte)SinoniemHartaanvalLys van Griekse mitologiese figureKlitorisAardeSally EsterhuizenPiet ByleveldVoortrekkermonumentWeer (meteorologie)ParysWynand du ToitFamilie (verwantskap)Koekie (rekenaarwetenskap)NierversakingSarah Rose KarrAndré SchwartzAfrikaanse Hoër SeunskoolWikipediaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureEikelKoue OorlogTuisbladPenisVerkleurmannetjieOrkaan GustavLuiperdErnst Otto FischerSonsverduisteringKewerMenseregteSwartbewussynsbewegingDonker materieLugbesoedelingTurksvyByeboerderyOoiGroot TrekKarpaletonnelsindroomRooikatKriekWiki Commons🡆 More