Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum: Wiki lysartikel

Onder volg 'n Lys van lande in chronologiese volgorde volgens onafhanklikheidsdatum.

Lande wat deur meer as een onafhanklikheidsgebeurtenis gegaan het of op verskillende tye verskillende vorms van onafhanklikheid verkry word meer as een keer gelys.

Voor 1200

Datum Nasie Gebeurtenis
221 v.C. China Herverenig deur die Qing-dinastie
c. 270 n.C. Japan Heerskappy van Keiser Ojin, die eerste historiese keiser. Die datum van sy heerskappy is egter onseker. Onafhanklikheid van Japan word egter op circa 660 v.C. geskat (volgens oorlewering Keiser Jimmu)
c. 1ste eeu v.C.- 3de eeu n.C. Ethiopië Die Axumite Koninkryk verskyn as 'n belangrike handelsnasie in die omgewing van vandag se Eritrea en noordelike Ethiopië. Ethiopië is die enigste land in Afrika wat sy onafhanklikheid behou het tydens die stormloop vir Afrika en wat onafhanklik gebly het behalwe vir 'n vyfjaar tydperk van Italiaanse besetting
3 September 301 San Marino Maak aanspraak daarop om die wêreld se oudste republiek te wees
681 Bulgarye Eerste Bulgaarse Ryk
843 Duitsland Na die Verdrag van Verdun was Oos-Francia die gebied onder die beheer van Ludwig die Duitser (Lodewyk die Duitser). Dit is 'n voorloper van moderne Duitsland, en die kern van die Heilige Romeinse Ryk wat kort daarna gestig sou word.
843 Skotland Verenig deur Kenneth I van Skotland.
843 Frankryk Na die Verdrag van Verdun was Wes-Francia die gebied onder beheer van Karel die Kale, wat spoedig die Frankiese Koninkryk geword het. Dit is vernoem na die Germaanse stam, die Franke, en is die voorganger van vandag se Frankryk.
872 Noorweë Verenig deur Harald I van Noorweë ná die Slag by Hafrsfjord
927 Engeland Algehele vereniging van die Heptargie onder Athelstan
966 Pole Kerstening en vereniging onder Mieszko I
10de eeu Denemarke georganiseer as 'n verenigde staat deur Harold Bluetooth in ongeveer 980
1001 Hongarye vereniging deur Koning Stephen I
1035 Kastilië Ferdinand I van Kastilië, die eerste Koning van Kastilië. Uit die Koninkryk van Leon.
23 Junie 1128 Portugal Afonso Henriques, later Koning Afonso I van Portugal, verslaan die magte van Teresa van Leon by die Slag van São Mamede en word dus die enigste heerser van die land. Hy het Dux van Portugal geword in 1128, Prins van Portugal in 1129, en Koning van Portugal in 1139. Onafhanklikheid is deur die Koning van Leon erken in 1143 en deur die Pous in 1179.
1156 Oostenryk Verhoog van 'n Beierse markgraafskap na 'n onafhanklike hertogdom onder die Babenbergs in die Privilegium Minus

1200–1799

Datum Nasie Gebeurtenis
1238 Thailand Vestiging van die Sukhothai koninkryk, tradisioneel beskou as die eerste Thai koninkryk
1253 Litaue Mindaugas het Litaue gekersten en is gekroon tot Koning van Litaue
1278 Andorra gevorm onder die gesamentlike soesereiniteit van die Franse graaf van Foix en die Spaanse biskop van Urgell
1291 Switserland datum van die Federale Akte
1419 Monaco begin van die heerskappy van die Huis van Grimaldi
1480 Rusland Einde van die Mongoolse juk. Begin van die Na-Mongoolse Russiese selfregering
2 Januarie 1492 Spanje Die Reconquista eindig met die val van Granada. Die gebeurtenis word tradisioneel beskou as die skep van die moderne Spanje
1512 Spanje Anneksasie van Navarra, die laaste onafhanklike koninkryk waarvan die grondgebied nou deel vorm van die Koninkryk van Spanje
1579 Nederland het onafhanklikheid van Spanje verklaar tydens die Tagtigjarige Oorlog
1650 Oman uitwerping van die Portugese
26 Maart 1707 Koninkryk van Groot Brittanje vereniging van Engeland en Skotland
23 Januarie, 1719 Imperiale Prinsdom van Liechtenstein
1768 Nepal verenig deur Prithvi Narayan Shah
4 Julie 1776 VSA het onafhanklikheid verklaar van Groot Brittanje

1800–1899

Datum Nasie Gebeurtenis
1 Januarie 1801 Verenigde Koninkryk vereniging van Groot Brittanje en Ierland
1 Januarie 1804 Haïti van Frankryk
12 Julie 1806 Liechtenstein van die Heilige Romeinse Ryk
20 Julie 1810 Colombia van Spanje
16 September 1810 Meksiko van Spanje
18 September 1810 Chili van Spanje
14 Mei 1811 Paraguay van Spanje
9 Julie 1816 Argentinië van Spanje
25 Maart 1821 Griekeland van die Ottomaanse Ryk
28 Julie 1821 Peru van Spanje
15 September 1821 Costa Rica van Spanje
15 September 1821 El Salvador van Spanje
15 September 1821 Guatemala van Spanje
15 September 1821 Honduras van Spanje
15 September 1821 Nicaragua van Spanje
7 September 1822 Brasilië van Portugal
6 Augustus 1825 Bolivia van Spanje
25 Augustus 1825 Uruguay van Brasilië
13 Januarie 1830 Venezuela van Groot-Colombia
13 Mei 1830 Ecuador van Groot-Colombia
4 Oktober 1830 België van Nederland
27 Februarie 1844 Dominikaanse Republiek van Haïti
26 Julie 1847 Liberië gestig deur gewese Amerikaanse swart slawe
17 Maart 1861 Italië laaste unifikasie van Italië
16 Augustus 1863 Dominikaanse Republiek van Spanje
11 Mei 1867 Luxemburg van Nederland
1 Julie 1867 Kanada dominium status gegun deur die Verenigde Koninkryk
9 Mei 1877 Prinsdom van Roemenië van die Ottomaanse Ryk
13 Julie 1878 Prinsdom van Serwië van die Ottomaanse Ryk
13 Julie 1878 Prinsdom van Montenegro van die Ottomaanse Ryk
12 Junie 1898 Filippyne van Spanje
10 Desember 1898 Kuba van Spanje

1900–1939

Datum Nasie Gebeurtenis
1 Januarie 1901 Australië Federasie van ses Britse kolonies
20 Mei 1902 Kuba van Spanje
3 November 1903 Panama van Colombia
7 Junie 1905 Noorweë unie met Swede ontbind
26 September 1907 Nieu-Seeland dominium status deur VK gegun
31 Mei 1910 Suid-Afrika Unie van Suid-Afrika gevorm as Britse Dominium
1 Januarie (12 Februarie O.S.) 1912 Republiek China van Qing-dinastie
28 November 1912 Albanië van die Ottomaanse Ryk
6 Desember 1917 Finland van Rusland
16 Februarie 1918 Litaue van Rusland en Duitsland
24 Februarie 1918 Estland van Rusland and Duitsland
28 Oktober 1918 Tsjeggo-Slowakye van Oostenryk-Hongarye
1 November 1918 Noord-Jemen van die Ottomaanse Ryk
11 November 1918 Pole onafhanklikheid van Russiese gebiede beste deur die Sentrale Magte
18 November 1918 Letland van Rusland and Duitsland
1 Desember 1918 Ysland het 'n soewereine staat onder die Deense Kroon geword
1 Desember 1918 Koninkryk van Joego-Slawië unie van Serwië, Montenegro en dele van die voormalige Oostenryk-Hongarye
19 Augustus 1919 Afganistan van VK beheer oor Afgaanse buitelandse sake
11 Julie 1921 Mongolië van China
6 Desember 1921 Ierse Vrystaat van VK volgens verdrag, die grootste deel van die eiland Ierland het 'n onafhanklike nasie geword wat as die Ierse Vrystaat bekend gestaan het, later die Republiek van Ierland; deel van die eiland, Noord-Ierland is steeds deel van die Verenigde Koninkryk.
30 Desember 1922 Sowjetunie unie van Rusland en ander Sowjetrepublieke
29 Oktober 1923 Turkye na ontbinding van die Ottomaanse Ryk
12 April 1927 Verenigde Koninkryk Suidelike en westelike deel van Ierland nou regeer deur die Ierse Vrystaat wat van die Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje en Ierland afgeskei het in 1922. Formele naamverandering na Verenigde Koninkryk van Groot Brittanje en Noord-Ierland om dit na te volg.
11 Februarie 1929 Vatikaanstad van Italië
3 Oktober 1932 Irak van Volkebondmandaat onder Britse administrasie

1940–1949

Datum Nasie Gebeurtenis
31 Januarie 1941 Ethiopië van Italië
10 April 1941 Onafhanklike Staat van Kroasië ontbinding van die Koninkryk van Joego-Slawië deur die As-magte
22 November 1943 Libanon van Volkebondmandaat onder Franse administrasie
14 Oktober 1943 Filippyne van Japan
17 Junie 1944 Ysland van Denemarke
15 Augustus 1945 Korea van Japan
17 Augustus 1945 Indonesië van Nederland
2 September 1945 Viëtnam van Frankryk
April 17 1946 Sirië van Volkebondmandaat onder Franse administrasie
25 Mei 1946 Jordanië van Volkebondmandaat onder Britse administrasie
4 Julie 1946 Filippyne van die VSA
14 Augustus 1947 Pakistan van VK
15 Augustus 1947 Indië van VK
4 Januarie 1948 Burma van VK
4 Februarie 1948 Sri Lanka van VK
14 Mei 1948 Israel van Volkebondmandaat onder Britse administrasie
15 Augustus 1948 Republiek van Korea stigting van die Republiek van Korea
9 September 1948 Demokratiese Volksrepubliek van Korea stigting van die Demokratiese Volksrepubliek van Korea
23 Mei 1949 Federale Republiek van Duitsland van die westelike deel van besette Duitsland
19 Julie 1949 Laos van Frankryk
8 Augustus 1949 Bhoetan van Indië
1 Oktober 1949 Volksrepubliek China van Republiek China
7 Oktober 1949 Duitse Demokratiese Republiek van die oostelike deel van besette Duitsland

1950–1959

Datum Nasie Gebeurtenis
24 Desember 1951 Libië van Italië
9 November 1953 Kambodja van Frankryk
1 Januarie 1956 Soedan van Egipte en VK
2 Maart 1956 Marokko van Frankryk en Spanje
20 Maart 1956 Tunisië van Frankryk
6 Maart 1957 Ghana van VK
31 Augustus 1957 Maleisië van VK
2 Oktober 1958 Guinee van Frankryk

1960–1969

Datum Nasie Gebertenis
1 Januarie 1960 Kameroen van Frans-geadministreerde VN trusteeskap
4 April 1960 Senegal van Frankryk
27 April 1960 Togo van Frans-geadministreerde VN trusteeskap
26 Junie 1960 Madagaskar van Frankryk
26 Junie 1960 Somalieland van VK
30 Junie 1960 Demokratiese Republiek van Kongo van België
1 Julie 1960 Somalië van die Italiaans-geadministreerde VN trusteeskap
1 Augustus 1960 Benin van Frankryk
3 Augustus 1960 Niger van Frankryk
5 Augustus 1960 Burkina Faso van Frankryk
7 Augustus 1960 Ivoorkus van Frankryk
11 Augustus 1960 Tsjad van Frankryk
13 Augustus 1960 Sentraal-Afrikaanse Republiek van Frankryk
15 Augustus 1960 Republiek van Kongo van Frankryk
16 Augustus 1960 Ciprus van VK
17 Augustus 1960 Gaboen van Frankryk
22 September 1960 Mali van Frankryk
1 Oktober 1960 Nigerië van VK
28 November 1960 Mauritanië van Frankryk
27 April 1961 Sierra Leone van VK
31 Mei 1961 Suid-Afrika van VK
19 Junie 1961 Kuweit van VK
9 Desember 1961 Tanzanië van VK-geadministreerde VN trusteeskap
1 Januarie 1962 Samoa van Nieu-Seeland-geadministreerde VN trusteeskap
1 Julie 1962 Burundi van Belgies-geadministreerde VN trusteeskap
1 Julie 1962 Rwanda van Belgies-geadministreerde VN trusteeskap
5 Julie 1962 Algerië van Frankryk
6 Augustus 1962 Jamaika van VK
31 Augustus 1962 Trinidad en Tobago van VK
9 Oktober 1962 Uganda van VK
12 Desember 1963 Kenia van VK
6 Julie 1964 Malawi van VK
21 September 1964 Malta van VK
24 Oktober 1964 Zambië van VK
18 Februarie 1965 Gambië van VK
26 Julie 1965 Maldiwe van VK
4 Augustus 1965 Cookeilande het 'n selfregerende parlementêre regering in vrye-assosiasie met Nieu-Seeland geword
9 Augustus 1965 Singapoer van die Maleisiese Federasie
26 Mei 1966 Guyana van VK
30 September 1966 Botswana van VK
4 Oktober 1966 Lesotho van VK
30 November 1966 Barbados van VK
30 November 1967 Suid-Jemen van VK
31 Januarie 1968 Nauru van die Australië-, NS-, en VK-geadministreerde VN trusteeskap
12 Maart 1968 Mauritius van VK
6 September 1968 eSwatini van VK
12 Oktober 1968 Ekwatoriaal-Guinee van Spanje

1970–1979

Datum Nasie Gebeurtenis
4 Junie 1970 Tonga van VK
10 Oktober 1970 Fiji van VK
15 Augustus 1971 Bahrein van VK
3 September 1971 Katar van VK
2 Desember 1971 Verenigde Arabiese Emirate van VK
16 Desember 1971 Bangladesj van Pakistan
10 Julie 1973 Die Bahamas van VK
24 September 1973 Guinee-Bissau van Portugal (verklaar)
7 Februarie 1974 Grenada van VK
19 Oktober 1974 Niue het 'n selfregerende parlementêre regering in vrye-assosiasie met Nieu-Seeland geword
25 Junie 1975 Mosambiek van Portugal
5 Julie 1975 Kaap Verdië van Portugal
6 Julie 1975 Comore van Frankryk
12 Julie 1975 São Tomé en Príncipe van Portugal
16 September 1975 Papoea-Nieu-Guinee van Australies-geadministreerde VN trusteeskap
11 November 1975 Angola van Portugal
25 November 1975 Suriname van Nederland
26 Februarie 1976 Wes-Sahara voorheen Spaans-Sahara, van Spanje. Voortdurende militêre konflik:
dele deur Marokko beset; res deur Sahrawi Arabiese Demokratiese Republiek geadministreer.
29 Junie 1976 Seychelle van VK
27 Junie 1977 Djiboeti van Frankryk
7 Julie 1978 Solomoneilande van VK
1 Oktober 1978 Tuvalu van VK
3 November 1978 Dominika van VK
22 Februarie 1979 Sint Lucia van VK
12 Julie 1979 Kiribati van VK
27 Oktober 1979 Sint Vincent en die Grenadine van VK

1980–1989

Datum Nasie Gebeurtenis
18 April 1980 Zimbabwe van VK
30 Julie 1980 Vanuatu van Frankryk en VK
21 September 1981 Belize van VK
1 November 1981 Antigua en Barbuda van VK
19 September 1983 Sint Kitts en Nevis van VK
1 Januarie 1984 Brunei van VK
1 Januarie 1986 Aruba van Nederlands-Antille
21 Oktober 1986 Marshalleilande van die VS-geadministreerde VN trusteeskap soos Kompak van Vrye Assosiasie in werking kom
3 November 1986 Gefedereerde State van Mikronesië van die VS- VS-geadministreerde VN trusteeskap soos Kompak van Vrye Assosiasie in werking kom

1990–1999

Datum Nasie Gebeurtenis
11 Maart 1990 Litaue van die Sowjetunie
21 Maart 1990 Namibië van Suid-Afrikaanse mandaat
22 Mei 1990 Jemen samesmelting van Noord-Jemen en Suid-Jemen
3 Oktober 1990 Duitsland unifiksie van Wes-Duitsland en Oos-Duitsland
9 April 1991 Georgië van die Sowjetunie
25 Junie 1991 Kroasië van Joegoslawië
25 Junie 1991 Slowenië van Joegoslawië
20 Augustus 1991 Estland van die Sowjetunie
21 Augustus 1991 Letland van die Sowjetunie
24 Augustus 1991 Rusland van die Sowjetunie, Rusland is die opvolgerstaat
24 Augustus 1991 Oekraïne van die Sowjetunie
25 Augustus 1991 Belarus van die Sowjetunie
27 Augustus 1991 Moldowië van die Sowjetunie
30 Augustus 1991 Azerbaidjan van die Sowjetunie
31 Augustus 1991 Kirgistan van die Sowjetunie
1 September 1991 Uzbekistan van die Sowjetunie
8 September 1991 Republiek van Masedonië van Joegoslawië
9 September 1991 Tadjikistan van die Sowjetunie
21 September 1991 Armenië van die Sowjetunie
27 Oktober 1991 Turkmenistan van die Sowjetunie
16 Desember 1991 Kazakhstan van die Sowjetunie
1 Maart 1992 Bosnië en Herzegowina van Joegoslawië
27 April 1992 Federale Republiek van Joegoslawië gevorm as selfverklaarde opvolger tot die Sosialistiese Federale Republiek van Joegoslawië
1 Januarie 1993 Tsjeggiese Republiek Tjeggoslowakye verdeel in die Tsjeggiese Republiek en Slowakye
1 Januarie 1993 Slowakye Tjeggoslowakye verdeel in die Tsjeggiese Republiek en Slowakye
24 Mei 1993 Eritrea van Ethiopië
27 April 1994 Suid-Afrika Tuislande heringesluit in Suid-Afrika en alle inwoners erken as burgers met gelyke regte
1 Oktober 1994 Palau van die VS-geadministreerde VN trusteeskap soos Kompak van Vrye Assosiasie in werking kom

Sedert 2000

Datum Nasie Gebeurtenis
20 Mei 2002 Oos-Timor van Portugal. Oos-Timor is tussen 1975 en 1999 deur Indonesië beset.
3 Junie 2006 Montenegro ontbinding van Serwië en Montenegro na 'n referendum ten gunste daarvan in Montenegro
5 Junie 2006 Serwië ontbinding van Serwië en Montenegro – Serwië is die opvolgerstaat
9 Julie 2011 Suid-Soedan van Soedan.

Tags:

Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum Voor 1200Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum 1200–1799Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum 1800–1899Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum 1900–1939Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum 1940–1949Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum 1950–1959Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum 1960–1969Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum 1970–1979Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum 1980–1989Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum 1990–1999Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum Sedert 2000Lys Van Lande Volgens Onafhanklikheidsdatum

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GasGipsSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureGeskiedenis van die BoererepubliekeIdioomAfrikaFisiese oefeningAngssteuringNiersteenErosietipesRobbeneilandDiatomiese molekuulPrimêre sektor van die ekonomieBruin menseBreinLys van myne in Suid-AfrikaYouTubeTrappe van vergelykingKappie (skryfteken)MiddeloorontstekingMaagsweerVrymesselaryApostoliese GeloofsbelydenisBurgerregteSonpaneelProstaatkankerKrampBoomslangOlifantBipolêre gemoedsteuringReg tot ‘n gesonde omgewingDokterSelakantVoorvoegselBosvarkMuishondKlankAborsie in Suid-AfrikaSonnestelselSkuinsstreepVingerseksOnderwysVolstruisKartografieSoogdierGeweldAfkortingKalenderRomanVerkleurmannetjieToerismeCholeraSeegolfMangelFamilie (verwantskap)MonumentPeriodieke tabelMigrasie van diereMarsSiya KolisiMorfeemAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidKaaps-Hollandse stylBeeldspraakVerbondsarkBosluisbytkoorsTuisbladNatuurlike hulpbronSprokieAlliterasieFiksieVoedingVarkToekoms van die AardeJan van Tonder🡆 More