Islamitiese Kalender

Die Islamitiese kalender (Arabies: التقويم الهجري‎, at-taqwīm al-hidjrī) is 'n jaartelling vanaf die jaar waarin die hidjra (die emigrasie van die profeet Mohammed van Mekka na Medina) plaasgevind het, en kom ooreen met 15 Julie of 16 Julie 622 in die Gregoriaanse kalender.

Die kalender in Islam word gebruik om fees- en vasdae te bepaal, maar ook as algemene kalender in Saoedi-Arabië en enkele omliggende lande. In die alledaagse lewe van die Islamitiese lande word egter die Gregoriaanse kalender gebruik. Huurgeld, salarisse, ens. word volgens die Gregoriaanse kalender betaal, wat ook vir landbou ingespan word indien geen tradisionele sonkalender soos die Berberkalender of die Koptiese kalender gebruik word nie, want 'n maankalender is nie geskik vir landbouwerk nie.

Islamitiese Kalender
Islamitiese kalenderstempel uitgereik by King Khalid-lughawe (10 Radjab 1428/24 Julie 2007)
Islamitiese Kalender
Islamitiese kalender, Linden-Museum, Stuttgart, Duitsland
Islamitiese Kalender
Tunisiese kalenderbladsy van 14 Januarie 1999/26 Ramadan 1419 in Arabies en Frans
Islamitiese Kalender
Islamitiese kalender tydens die vasmaand Ramadan
Islamitiese Kalender
Burgerlike en hidjra-vestigingsdatums van 'n biblioteek in Jerusalem se historiese binnestad

Jare word volgens die Islamitiese kalender aangedui met AH (Anno Hegirae) wat 'n Latynisiering van hidjra is. Die Islamitiese jaar tel 12 maanmaande met altesaam 354 of 355 dae en is daarom ongeveer 11 dae korter as die sonjaar. Die gevolg is dat Asjoera, Ramadan, Suikerfees, Offerfees en al die ander herdenkings elke jaar een en 'n halwe week vroeër is volgens die Gregoriaanse kalender.

Maande

Die Islamitiese maande het die volgende name:

  1. Muharram ul Haram (of korter Muharram) محرّم
  2. Safar صفر
  3. Rabi'-oel-Awwal (Rabi' I) ربيع الأول
  4. Rabi'-oel-Akhir (of Rabi' al-Thaany) (Rabi' II) ربيع الآخر أو ربيع الثاني
  5. Djoemaada-oel-Awwal (Djoemaada I) جمادى الأول
  6. Djoemaada-oel-Akhir (of Doemaada al-THaany) (Jumaada II) جمادى الآخر أو جمادى الثاني
  7. Radjab رجب
  8. Sja‘bān شعبان
  9. Ramadan رمضان
  10. Sjawwal شوّال
  11. Dhu'l Qa'dah (of Thw al-Qi'dah) ذو القعدة
  12. Dhu'l Hidjdja (of Thw al-Hidjdja) ذو الحجة

Name van die weeksdae

Die Islamitiese weeksdae:

  1. Jaum al-ahad (يوم الأحد, letterlik: "eerste dag", Sondag)
  2. Jaum al-ithnajna (يوم الإثنين, letterlik: "tweede dag", Maandag)
  3. Jaum ath-thalatha' (يوم الثُّلَاثاء, letterlik: "derde dag", Dinsdag)
  4. Jaum al-arba'a' (يوم الأَرْبعاء, letterlik: "vierde dag", Woensdag)
  5. Jaum al-khamis (يوم خَمِيس, letterlik: "vyfde dag", Donderdag)
  6. Jaum al-djoem'a (يوم الجُمْعَة, letterlik: "versameldag", Vrydag)
  7. Jaum as-sabt (يوم السَّبْت, letterlik: ""sabbatdag", Saterdag)

Feesdae

Die Islamitiese feesdae:

  1. 1 Muharram: Nuwejaar
  2. 10 Muharram: Asjoera
  3. 12 (Soenniete) of 17 (Sjiiete) Rabi'-oel-Awwal: Mawlid an-Nabi
  4. 27 Rajab: Lailat al-'Miraadj
  5. 15 Sja‘bān: Lailat al-'Baraat
  6. 1 – 29 of 30 Ramadan: Vasmaand
  7. 21 (Soenniete) of 27 (Sjiiete) Ramadan: Lailat al-'Kadr
  8. 1 Sjawwal : Eid-oel-Fiter (Suikerfees)
  9. 10 Dhu'l Hidjdja: Eid-oel-Adha (Offerfees)

Slegs Eid-oel-Fiter en Eid-oel-Adha word algemeen as Islamitiese feeste beskou; die ander is kultureel of gebaseer op 'n bepaalde geloofsoortuiging.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Islamitiese Kalender MaandeIslamitiese Kalender Name van die weeksdaeIslamitiese Kalender FeesdaeIslamitiese Kalender VerwysingsIslamitiese Kalender Eksterne skakelsIslamitiese Kalender15 Julie16 Julie622ArabiesGregoriaanse kalenderHidjraIslamLandbouMedinaMekkaMohammedSaoedi-Arabië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RenosterTydsoneJuraVrouE-posBTWKrugerwildtuinWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaZack du PlessisAssonansieKindersiektesSteenkool in Suid-AfrikaErfenisdag (Suid-Afrika)ViëtnamoorlogSuid-Afrika-WetMeningsverskil oor aardverwarmingKatOnderwysNatuurbewaringLys van Nederlandse skildersDriedimensioneelMaanOrtopedieGetalMenslike seksuele gedragVratMenseregtedagGlobaliseringLangste woordVloeistofNicole StraussInstagramInsekMangelLys van elemente volgens simboolSeevlakDurbanJaco JacobsPaddaVoedingSpinnekopSkuinsstreepKaaps-Hollandse stylRooibokSoogdierOlifantDubbelpuntBateSelfmoordLys van chemiese elemente volgens atoomgetalDirekte en Indirekte redeLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierDie Laaste Avondmaal (Leonardo)HoofpynKolorektale kankerPrivaat maatskappyLeeudoringstad-spoorwegrampMigrasie van voëlsSpringbokkeLeestekenRefentse MorakeAustraliëAluminiumSinoniemDepressie (gemoedstoestand)ToringDeelwoordNierversakingDoelwitFeminismeVroueregteKlimaatveranderingDesmond TutuGeloftedagVolstruisDonkieDesimale breuke🡆 More