Herversekering

Herversekering is die versekering van versekeraars.

Versekeraars laat risiko wat hulle aanneem deur middel van herversekeringskontrakte aan herversekeraars oor. Dit is belangrik om tussen herversekering en koversekering te onderskei: eersgenoemde is die proses waarby 'n versekeraar, wat direkte polisse skryf, 'n gedeelte van sy risikolas aan 'n derdeparty oorlaat; laasgenoemde verwys na die gelyktydige versekering by twee versekeraars deur een party. Elke versekeraar in só 'n geval dra 'n ooreengekome deel van die risikolas. By herversekering is die versekerde in direkte kontak met die versekeraar alleen en het hy of sy geen saak met die herversekeraar nie. Indien die herversekeraar sy verpligting in geval van 'n eis nie kan nakom nie, moet die direkte versekeraar steeds aan die uitbetaling aan die eiser verantwoord. Met koversekering verseker die kliënt onafhanklik met elke koversekeraar en betaal hy of sy aparte premies aan elke versekeraar. 'n Eis word apart aan elke versekeraar gestel, sou so 'n geval voorkom. Indien een versekeraar nie sy verpligting in geval van 'n eis kan nakom nie, is die ander versekeraar(s) alleen vir hul proporsie van die versekering verantwoordelik.

Versekeraars maak gebruik van herversekering in geval waar bv. groot industriële of kommersiële eiendom se risiko só massief is dat die versekeringsfirma sy deure sal moet sluit in geval van 'n enkele groot eis van só 'n polishouer. 'n Manier om hierdie probleem te omseil is om herversekering uit te neem. Herversekering help ook om eiservarings oor tydperke uit te stryk, wat beleggersvertroue in versekeraars versterk. 'n Ander gebruik van herversekering is om te beskerm teen opeenhoping van risiko's, wat voorkom wanneer die versekeraar 'n ongebalanseerde portefeulje risiko's het. Dese wanbalans mag ontstaan danksy die aard van die besigheidsklasse wat geskryf word (bv. oorblootstelling aan motorversekeringseise), die geografiese areas wat gedek word of die tipe polishouers wat gelok word. Die risiko van opeengehoopte risiko's word verminder deur herversekeringsooreenkomste te onderteken sodat die versekeraar in geval van katastrofiese gebeurtenisse met eise kan byhou.

Vorme van versekeringskontrak

Herversekering kan op ieder 'n verhandelings- of fakultatiewe basis verrig word. Verhandelingsbesigheid is van toepassing op 'n gegewe klas of klasse van besigheid oor 'n gespesifiseerde tydperk, en verplig die direkte skrywer om 'n gespesifiseerde proporsie van sy risiko in daardie klas(se), onderhewig aan gespesifiseerde voorwaardes (premiekoerse, onderskrywingskriteria, esv.) aan die herversekeraar oor te laat, terwyl dit die herversekeraar verplig om hierdie risiko's met daardie voorwaardes te aanvaar. In ander woorde beteken dit dat die versekeraar 'n gedeelte van die risiko van 'n ganse portefeulje aan die herversekeraar oordra, en sodoende geen vryheid het om sogenoemde slegte risiko's oor te dra en die goeie risiko's te behou nie.

'n Fakultatiewe ooreenkoms beskryf die voorneme om ietwat risiko van indiwiduele polisse aan die herversekeraar oor te dra, maar dit plaas geen verpligting op enige party nie: die direkte skrywer kan besluit welke spesifieke risiko's dit wil behou en welkes dit aan die herversekeraar wil afstaan, en te gelykertyd kan die herversekeraar besluit welke oorgelate risiko's te aanvaar en, indien wel, onderhewig aan welke voorwaardes. Die direkte skrywer het die reg om ander herversekeraars te benader indien die herversekeraar nie bereid is om die voorgestelde risiko's en ooreenkombare voorwaardes te aanvaar nie.

Die grootste herversekeraars in 2007

  • 1. Munich Re – Duitsland (USD 30,29 miljard brutopremieïnkomste)
  • 2. Swiss Re – Switserland (USD 27,70 miljard)
  • 3. General Reinsurance (Berkshire Hathaway) – VSA (USD 17,39 miljard)
  • 4. Hannover Rück – Duitsland (USD 10,63 miljard)
  • 5. Lloyd's - VK (USD 8,36 miljard)
  • 6. SCOR – Frankryk (USD 7,87 miljard)
  • 7. Reinsurance Group of America - VSA (USD 4,90 miljard)
  • 8. Transatlantic Holdings - VSA (USD 3,95 miljard)
  • 9. Everest Re - Bermuda (USD 3,91 miljard)
  • 10. PartnerRe - Bermuda (USD 3,75 miljard)

Sien ook

Tags:

RisikoVersekering

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Spelerposisies in rugbyElandréWikisourceTuisbladDie Stem van Suid-AfrikaRynhesseGeorgiëHottentot (vis)Deon MeyerOlimpiese godeGeboorteSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989EkologieIndonesiëMuishondOnderhandelinge om apartheid te beëindigChristo WieseKlimaatOoiProstaatklierAntarktikaDuitsEuropese UnieWaarheid-en-versoeningskommissieE-posSmaakAfghanistanLys van Suid-Afrikaanse musikanteKarpaletonnelsindroomAfrikaanse naguilPalmsondagAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKoekie (rekenaarwetenskap)EStrandbeestVier temperamenteKatVolksrepubliek ChinaBiljoenKaapstadLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Erektiele disfunksieKlein vyf diereNuwe TestamentSuid-KoreaBosluisbytkoorsKrokus Stadsaal-aanvalSwangerskapMaagsweerNic de JagerGodsdiensOssewaDagroofvoëlsMeervoudRugbywêreldbeker 1987Anette EngelbrechtMusieksimboleMaagZack du PlessisMeksikoPG du PlessisCSSWes-KaapSterISBN (identifier)SuikersiekteAnglo-BoereoorlogMarga van RooyJohannes VermeerDemi Lee MooreProstaatkankerDonderstormGoeie Vrydag🡆 More