Herfs is een van die vier seisoene waarin die jaar opgedeel word.
Herfs volg na die somer en kom voor die winter. Gedurende die herfs word die dae korter en die nagte langer (dit word vroeër donker).
Meteorologies gesproke val die maande Maart, April en Mei in die herfs (Suidelike Halfrond). Terwyl dit herfs in die Suidelike Halfrond is, is dit lente in die Noordelike Halfrond.
Astronomies gesproke begin die herfs egter met die herfsnagewening. In die Suidelike Halfrond vind die herfsnagewening gewoonlik op 20 Maart plaas. In die Noordelike Halfrond vind dit gewoonlik op 21 September plaas.
In die herfs begin bladwisselende plante se blare verkleur en word dit afgegooi. Diere wat in die winter hiberneer begin al hoe meer voedsel inneem om hul liggame met die oorwinteringsproses te help. Voëls begin meer en meer in groepe byeenkom en migreer in groot swerms na warmer dele van die wêreld.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Herfs, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.