Hartaanval: Ontstaan as 'n bloedvat in die hart skielik geblokkeer word, wat die vloei van bloed belemmer

'n Hartaanval (ook akute hartinfarksie of miokardiale infarksie genoem) ontstaan as 'n bloedvat in die hart skielik geblokkeer word, wat die vloei van bloed belemmer.

As gevolg hiervan begin selle in 'n gedeelte van die hart weens ’n gebrek aan suurstof doodgaan. Bloedklonte is die mees algemene oorsaak van hartaanvalle.

Hartaanval
Klassifikasie en eksterne bronne
Hartaanval: Ontstaan as 'n bloedvat in die hart skielik geblokkeer word, wat die vloei van bloed belemmer
ICD-10 I21-I22
ICD-9 410
DiseasesDB 8664
MedlinePlus   000195
eMedicine med/1567emerg/327 ped/2520
MeSH D009203
Hartaanval: Ontstaan as 'n bloedvat in die hart skielik geblokkeer word, wat die vloei van bloed belemmer Mediese waarskuwing

Hartaanvalle word meestal deur koronêre hartsiekte veroorsaak. Koronêre hartsiekte lei tot die opbou van 'n wasagtige stof, genaamd plaak, aan die binnekant van die are in die hart. Dit word aarverkalking (aterosklerose) genoem. Plaak bestaan uit cholesterol en ander selle. Hierdie plaak veroorsaak dat die binnekant van die bloedvat oor tyd vernou. Die bloedvloei word ingeperk en bloedklonte word veroorsaak deur bloedplaatjies wat voor die plaak opbou. As die bloedklont losbreek en in die vernoude bloedvate vassteek, ontstaan 'n hartaanval.

'n Hartaanval is 'n mediese noodgeval. Die eerste paar minute na 'n hartaanval is baie belangrik vir die behoud van die persoon se lewe. Van die skade wat deur die hartaanval aangerig is, kan in die eerste uur herstel word. Die mees algemene simptoom is sterk pyne in die bors. Die pyn kan ook in die skouers, maag en kakebeen voorkom. 'n Hartaanval, in teenstelling met angina pectoris, veroorsaak altyd skade aan die hartspier (miokardium).

Waarskuwingstekens is angina (pyn in die bors met oefening), kortasemheid, sweterigheid, angstigheid en 'n beklemmende gevoel oor die bors. Persone met 'n familiegeskiedenis van hoë cholesterol, hoë bloedsuiker, hoë uriensuur of hoë bloeddruk behoort gereeld 'n elektrokardiogram (EKG) te laat uitvoer, en te sorg dat die siektetoestande onder beheer bly.

Sien ook

  • Angina pectoris, borskaspyn as gevolg van onvoldoende bloedtoevoer na die hart.

Eksterne skakels

Tags:

BloedBloedvatHartSelSuurstof

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KangogrottePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaToekoms van die AardeBosluisbytkoorsGeboorteStrykysterGordelroosFrederik Willem de KlerkHomofoonTweede Nuwe JaarMaagLys van Suid-Afrikaanse digtersJacques LootsGasStereotipeSwawelEnkelvoudige sinAppel (sanger)MIV/vigs in Suid-AfrikaDolfynDroogteVerenigde State van AmerikaKolonoskopieWikipediaWet op NaturellengrondGalileo GalileiLarry PageNierversakingDieremishandelingLys van nedersettings in Suid-AfrikaVerlede tydDesmond TutuGloeilampGawes van die Heilige GeesJavaScriptUnited Democratic FrontWoestynLetterkundeWolfMonopolyAntoniemBrandmondsindroomPaarl GimnasiumDirekte en Indirekte redeInsekTransatlantiese slawehandelGemeenskapsorganisasieOlimpiese SomerspeleRieldansAarverkalkingDramaHartversakingNaaldekokerDiatomiese molekuulPornhubKompasVersoeningsdagDistillasieCleopatra VIIPampoentjiesKeramiekJanie du PlessisMaroela MediaWerkwoordLys van Afrikaanse digtersVerdampingPeriodieke tabelPoesBernice WestKoos du PlessisIngenieursweseCheslin KolbeKommunikasieKolonisasieRobbeneilandLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaLRenaissanceGereformeerde Kerke in Suid-Afrika🡆 More