Golflengte

Die golflengte van ’n sinusvormige golf is in fisika die ruimteperiode van die golf, met ander woorde die afstand tussen ooreenstemmende herhalings in die vorm daarvan, byvoorbeeld hoogte- of laagtepunte.

Dit is dus die omgekeerde van die frekwensie, wat die aantal periodes per sekonde is. Dit word gewoonlik bepaal deur die afstand tussen ooreenstemmende punte van opeenvolgende golwe te meet en is ’n eienskap van alle soorte golwe. Golflengtes word gewoonlik deur die Griekse letter lambda (λ) aangedui.

Golflengte
Die golflengte word gemeet tussen enige ooreenstemmende punte van twee opeenvolgende golwe.

As ’n mens aanneem ’n golf beweeg teen ’n vaste snelheid, is die golflengte omgekeerd eweredig aan die frekwensie van die golf: golwe met ’n hoër frekwensie het ’n korter golflengte, en omgekeerd. Golflengtes hang af van die medium waardeur die golf beweeg (byvoorbeeld lug, water of ’n vakuum). Voorbeelde van golfverskynsels is klank-, lig- en watergolwe. Klankgolwe is wisselings in lugdruk, terwyl watergolwe wisselings in die hoogte van ’n waterliggaam is.

Die reeks golflengtes of frekwensies van golfverskynsels word die spektrum genoem. Die term het ontstaan met die sigbare spektrum, maar word nou toegepas op die hele elektromagnetiese spektrum, sowel as die klank- en vibrasiespektrum.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

FisikaFrekwensieGriekse alfabet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DiepaartromboseHipoteseMasturbasieWiskundige terminologieCarles PuigdemontLys van bekende Suid-AfrikanersRudi ClaaseWerkwoordDiarreeMenslike seksuele gedragRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Enkelvoudige sinHolocaustConsolidated B-24 LiberatorLenteSuid-AfrikaHarry PotterFrederik Willem de KlerkMadison IvyGeprosesseerde kosDokterAfrikaanse taalleerLandbou in Suid-AfrikaOnderwerp (taalkunde)BreinvliesontstekingGautengSeksuele opwekkingCalviniaVryheid van spraakLys van Afrikaanse televisiereekseBesoedelingWaterbesparing in Suid-AfrikaOlimpiese Somerspele 2024Google MapsMynbedryf van Suid-AfrikaBruto binnelandse produkGasKappie (skryfteken)ProteïenStellenboschSkaakZoeloesKrugerwildtuinMaagsweerKankerAntisemitismeKweekhuisgasKunsmisPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSomerOnse VaderOos-KaapSosiale ordeSuid-EuropaJakkalsYslandWaterbesoedelingWes-KaapHernubare energieVoedingMantisIdioomCleopatra VIISikloonGewone breukeLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameEugenetikaRumatiekGroot TrekMisdaadAsemhalingJohannes Meintjes🡆 More